Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Sep 2021]

Egoli: Plek van Goud


Oor 18 seisoene en 4,686 episodes, het Franz Marx se karakters amper soos huisgaste geword in die sepie Egoli.

Kyk nou

Egoli: Plek van Goud
Kyk lokprent

In 1992 het Suid-Afrika se eerste tweetalige (Engels/Afrikaans) sepie sy debuut op M-Net gemaak. Skepper Franz Marx se Bold and the Beautiful-esque karakters het later amperse huisgaste geword soos daar oor 18 jaar stories van kullery, etlike affairs, troues en egskeidings en nog troues, kultusse en ’n boef by name van Spider (Wilson Dunster), vertel is.

Ook in die rolverdeling was onder andere David Vlok as slinkse Tim, Tiffany Kelly se moenie-met-my-mors-nie-Sonet en Shaleen Surtie-Richards as Marlboro Mansions se woelige opsigter.

Kyk dit op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies