Menu terloops

Kokkedoor

Leer ken ‘Kokkedoor: Klassiek’ se Jess van Dyk

Vir Jess van Dyk is haar beoordelaarsdebuut op 'Kokkedoor: Klassiek' ’n kinderdroom wat waar word. Ons gesels met haar oor dié nuwe hoofstuk.

Meer

Waterblommetjies bring vreugde en teleurstelling in ‘Kokkedoor: Klassiek’

In die tweede episode van 'Kokkedoor: Klassiek' moes tien spanne waterblommetjiebredie herontdek. Marion Holm het saam beoordeel terwyl familietradisies, nuwe geure en die dreigende eerste uitskakeling die spanning laat styg.

Meer

‘Kook en Geniet’ kry ’n kinkel in ‘Kokkedoor: Klassiek’ se eerste uitdaging

In die eerste episode van Kokkedoor: Klassiek het Stephanie Grobbelaar en Ruan Swanepoel die eerste uitdaging met hul souttert-bitterballen gewen. Dit was ’n fees van bekende geure, vars idees en kosherinneringe wat reguit uit die hart kom.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Wie’s wie in die ‘Kokkedoor: Klassiek’-kombuis: Ontmoet die tien kinkelkokke

Ontmoet 'Kokkedoor: Klassiek' se tien kinkelkokke: innoverende kosmense wat hul professionele vernuf en persoonlike herinneringe saam kombuis toe bring om hul eie stempel op erfeniskos af te druk. Hier kry tradisie ’n vars skeut durf en bekende geure nuwe moontlikhede.

Meer

Wat om te kyk op kykNET in November

kykNET sorg dié November vir kosbare kosherinneringe en onverwagse kinkels. In 'Kokkedoor: Klassiek' kook twintig deelnemers vir R1 miljoen, terwyl twee mans se ontmoeting by ’n rougroep in 'Elke donker wolk' tot ’n vriendskap met ’n geheime agenda lei.

Meer

Twintig kokke vier Suid-Afrika se koserfenis in ‘Kokkedoor: Klassiek’

Die geure van gister kry ’n vars kinkel wanneer 'Kokkedoor: Klassiek' op 5 November op kykNET begin. Met Herman Lensing en Jess van Dyk aan die stuur wag 13 episodes vol kookvernuf, met R1 miljoen en die gesogte Goue Haan-trofee op die spel.

Meer

Van koesisters tot hanepoot: Hoe ons sepies Suid-Afrikaanse erfenis met kos vier

Suid-Afrikaanse sepies is vol drama, geheime en skandale. Maar agter al die leuens en kinkels lê iets baie meer vertroostend... kos! Kos is al vir dekades ’n stil karakter op ons skerms, verweef in die storielyne en ’n herinnering aan ons wortels.

Meer

‘Kokkedoor: Klassiek’: 5 dinge wat jy moet weet om in te skryf

Staan nader, onthoukokke en kinkelkokke. ‘Kokkedoor’ is terug met ’n klassieke kinkel en kykNET soek weer opnuut na Suid-Afrikaners en Namibiërs wat met hart, herinnering en vernuf kan kook – maar inskrywings sluit binnekort.

Meer

‘Kokkedoor’: Als wat jy van die nuwe seisoen se beoordelaars moet weet

Die beoordelaars van die volgende aflewering van kykNET se gewilde 'Kokkedoor'-koswerklikheidsreeks is die kosskrywer Herman Lensing en Jess van Dyk, ’n Stellenbosse sjef en restauranteienaar.

Meer

Dis weer tyd om in te skryf vir ‘Kokkedoor’!

Staan nader, huiskokke en onthoukokke – die verkwiklike 'Kokkedoor' – een van Suid-Afrika se gewildste koswerklikheidsreekse – is op pad terug na die kassie.

Meer

‘Kokkedoor: Vuur & vlam’ vir prestigeryke toekenning benoem

Die gewilde kykNET-koswerklikheidsreeks 'Kokkedoor: Vuur & vlam' is as ’n finalis in die die Suid-Afrikaanse-restauranttoekennings se Beste Kosprogram-kategorie benoem en die publiek kan vir die wenner stem.

Meer

Herman deel kos-inspirasie vir Paasfees

Herman Lensing vier Paasfees met 'n spesiale TV-program waar hy nie net resepte deel nie, maar ook stories van familie, tradisie en resepte wat die gees van Paasfees perfek vasvang.

Meer

Dit kook op TV! 10+ plaaslike kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie plaaslike kosprogramme waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Dié pa en dogter het storm vol herinneringe los gekook!

'Kokkedoor: Son & see' se topprys was nou nie Andrew en Leoné beskore nie, maar vir dié pa-en-dogter-span was die ervaring self goud werd.

Meer

Die beste kookwenke uit die ‘Kokkedoor: Son & see’-kombuis

Nes 'Kokkedoor: Son & see' se deelnemers, kon kykers ook baie kombuis-wysheid inneem soos die seisoen uitgespeel het. Ons het nagenoeg 30 van die beste wenke saamgevat.

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Die span van Aberdeen wen groot – als wat jy ná die laaste episode moet weet

Ongelukkig het die uurglas nou leeggeloop vir die eerste seisoen van 'Kokkedoor: Son & see' se lieflike kosreis.

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: En hier is die wenners! 

In die finale episode van ‘Kokkedoor: Son & see’ was albei spanne se nerwe behoorlik aan flenters, maar aan moed en geesdrif het daar niks geskort nie – ook nie toe hulle besef elke span moet vir 25 gaste bederfkos voorsit nie. Maar daar kon net een wenspan wees: Hanna van der Westhuizen en haar seun, Dirk!

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Volstoom vorentoe na die wenstreep vir die laaste twee spanne

Week ná week het ‘Kokkedoor: Son & see’-kykers saam met die spanne die sweet afgevee ná elke fenomenale uitdaging. En natuurlik saam ook ’n traan of twee gestort wanneer daardie gesogte voorskote finaal opgehang moes word. Ons kyk terug voordat die laaste episode vandeesweek uitgesaai word. 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Dié twee spanne kook in die finaal – als wat jy oor episode 7 moet weet

’n Uitmergelende uitdaging het die oorblywende drie spanne op die proef gestel in vandeesweek se episode van ‘Kokkedoor: Son & see’. 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Dié ma en dogter maak saam ‘magic’ in die kombuis

Die einde is in sig, maar eers moes die oorblywende drie spanne een van die uitmergelendste uitdagings nog afhandel. En dit was Caroline Linde en haar dogter, Anél van Niekerk, wat ongelukkig nie die mas kon opkom nie. Dié ma-en-dogter-span vertel oor hul tyd saam agter die kospotte op ‘Kokkedoor: Son & see’. 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: Souttert, slaai en koebaai meraai! Als wat jy oor episode 6 moet weet

Soutterte en ’n sewelaag-slaai was op vandeesweek se spyskaart vir die oorblywende vier spanne in ‘Kokkedoor: Son & see’. 

Meer

‘Kokkedoor: Son & see’: ‘Om saam met my ma te kook, is een van die grootste voorregte in my lewe’

Daar is altyd ’n span wat moet groet en dit raak al moeiliker soos die tyd aanstap en die ‘Kokkedoor’-kameraderie al sterker word. Dié week was dit Shireen Kadalie en haar seun, RJ, wat moes groet. Dié ma-en-seun-span vertel meer oor hul ervaring op 'Kokkedoor: Son & see'.

Meer

Hannes van Wyk sorg vir ’n kinkel in die ‘Kokkedoor: Son & see’-kabel

Hy's ’n man van vele talente, maar vir sy kookvernuf is hy nou nie juis bekend nie –en presies daarom het Hannes van Wyk se 'Kokkedoor: Son & see'-besoek die spanne onkant gevang...

Meer
Laai meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies