Menu terloops
In TV [15 Apr 2026]

‘Kokkedoor: Vuur & vlam’ vir prestigeryke toekenning benoem


Die gewilde kykNET-koswerklikheidsreeks ‘Kokkedoor: Vuur & vlam’ is as ’n finalis in die die Suid-Afrikaanse-restauranttoekennings se Beste Kosprogram-kategorie benoem en die publiek kan vir die wenner stem.

Deur Redaksie
‘Kokkedoor: Vuur & vlam’ vir prestigeryke toekenning benoem

Die gewilde kykNET-koswerklikheidsreeks Kokkedoor: Vuur & vlam is as ‘n finalis in die die Suid-Afrikaanse-restauranttoekennings se Beste Kosprogram-kategorie benoem.

Dit is vanjaar die derde agtereenvolgende jaar dat hierdie toekennings, wat in 25 verskillende kategorieë ingedeel is, plaasvind en dit speel ’n sleutelrol in Suid-Afrika se gasvryheidsbedryf.

Kokkedoor: Vuur & vlam, wat deur Homebrew Films vervaardig is, se tweede seisoen is in 2025 uitgesaai.

Die reeks is een van vyf weergawes van die Kokkedoor-familie, waarvan die oorspronklike reeks in 2012 vir die eerste keer voorgesit en aan die einde van 2025 het kykNET kykers met Kokkedoor: Son & see en bederf.

Nie net het die verskeie tegnieke, wat van gaarmaak oor vlamme tot binne-in die as ingesluit het, nuwe insigte gebring nie, maar daar was ook ’n goeie skeutjie geskiedenis en fassinerende internasionale tegnieke waaraan talle van die deelnemers én kykers vir die eerste keer blootgestel is.

“Ons is bevoorreg om die uitsonderlike talent wat Suid-Afrika se kulinêre industrie dryf, te erken,” het Sara Kensington, vennootskapsdirekteur van die toekennings gesê.

“Deur ons platform mik ons daarna om die kollig op individue en instellings wat die toekoms van die gasvryheidsbedryf vorm, te skyn terwyl Suid-Afrika as die toonaangewende bestemming vir kulinêre uitstekendheid geposisioneer word.”

Hierdie toekennings strek aansienlik wyer as net Suid-Afrika. Dit word gerugsteun deur die World Restaurant Awards Group wat in 1999 tot stand gebring en in die Verenigde Koninkryk gevestig is.

Die groep, wat in 15 lande operasioneel is, se portefeulje sluit die British Restaurant Awards, World Restaurant Awards, World Hotel & Restaurant Awards, Mauritius Restaurant Awards en die West Africa Restaurant Awards in.

Publieke deelname is integraal deel van die proses en alle kategorieë is oopgestel vir die verbruiker om vir hul gunsteling/e te stem. Dit beteken dat die verbruiker – hetsy lede van die publiek, gasvryheidsgeesdriftiges en diegene wat professioneel by die industrie betrokke is – op hierdie manier hul stem kan laat hoor.

Boonop kan lede van die publiek ook die verrigtinge bywoon.

Om te stem besoek https://southafricarestaurantawards.com.

Die toekennings vind op Maandag 25 Mei in Johannesburg plaas.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers maak haar merk 

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies