Menu terloops
In TV [30 Mar 2026]

Herman deel kos-inspirasie vir Paasfees


Herman Lensing vier Paasfees met ‘n spesiale TV-program waar hy nie net resepte deel nie, maar ook stories van familie, tradisie en resepte wat die gees van Paasfees perfek vasvang.

Deur Redaksie
Herman deel kos-inspirasie vir Paasfees
Kyk lokprent

Die bekende TV-sjef en bekroonde kosskrywer Herman Lensing vier vanjaar Paasfees met ’n spesiale episode van ’n buitelug-eetervaring op die idilliese Wes-Kaapse dorp Koringberg.

In Herman se Paastafel, wat op Woensdag 1 April om 20:00 op VIA (kanaal 147 op DStv) uitsaai, deel Herman idees en inspirasie vir Paasfees

Herman wys kykers om vyf uitsonderlike tradisionele én moderne Paasgeregte voor te berei, elkeen met ’n persoonlike verhaal en verbintenis met sy eie familietradisies.

Herman se Paasfees-spyskaart sluit in:

  • Rooibos-knäckebröd met kaas en ingelegde vis
  • Herman se ouma se pampoentert
  • Koue feta-gevulde lamsboud met rooibosmosterd
  • Sjokolademousse-koek versier met Paaseiers
  • Gemmerkoeldrank met ‘n skop (Moscow Mule-style)

“Hierdie tafel is ’n viering van ons plaaslike smake en tradisies,” sê Herman.

“Elke gereg vertel ’n storie – van my ouma se pampoentert tot die plaaslike rooibos wat ons op verskillende maniere gebruik. Dit gaan oor familie, herinneringe en die vreugde van saam eet.”

Herman se Paastafel se regisseur, Hein Scholtz, sê Koringberg was die ideale plek om die Paasprogram te verfilm, en om met die kameras vir Herman te volg soos hy deur die geploegde koringlande stap en ’n feestafel opstel, was ’n spesiale ervaring.

“Dit het daardie plattelandse Paasgevoel uitgestraal, en die inwoners van Koringberg was die oulikste gaste om by so ’n verfilmingsgeleentheid te hê.”

Skakel op Woensdag 1 April om 20:00 in vir Herman se Paastafel op VIA (DStv-kanaal 147). Dit is ook beskikbaar op DStv Stream.

Heruitsendings op VIA:

  • Donderdag 2 April 21:00
  • Vrydag 3 April 18:00
  • Saterdag 4 April 19:00
  • Sondag 5 April 16:00
  • Maandag 6 April 22:00

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies