Menu terloops
In Gons [19 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Laaste kans om vir boere te skryf


Vat ’n kans op liefde! Briewe aan die 17de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’ se tien boere moet voor middernag op 20 November ingedien word.

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Laaste kans om vir boere te skryf

Wie nie waag nie, wen nie. En jou tyd loop uit om op dié boere te waag… Inskrywings vir die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou se hubare boere moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Vir wie kan jy skryf?

Nicolaas (37), ’n skaap- en saaiboer van Bredasdorp, Wes-Kaap

Dié boer van digby Protem hou daarvan om mense gelukkig te maak. Koffie en beskuit is sy brandstof om die oggend mee aan die gang te kry. Sy oupa-hulle het op die plaas kom boer en toe volg sy pa. Dié het drie seuns, en nou’s dit ’n familieboerdery. Nicolaas droom daarvan om sy eie kinders hier te sien grootword. Lees meer.

Rudi H (56), ’n boerbokboer van Windsorton, Noord-Kaap

“Ek is lief vir jou” is nie vir hom goedkoop woorde nie. En dis woorde wat hy baie min in sy lewe al gebruik het. Wanneer hy dit vir iemand sê, sal dit wees omdat hy dit uit sy hart uit bedoel. Lees meer.

Lourie (26), ’n beesboer van Vryburg, Noordwes 

Hy het ingeskryf vir Boer soek ’n vrou omdat hy ’n leemte en ’n tekort in homself voel wat net deur liefde gevul kan word. En hy is slaggereed om homself vir ’n slag eerste te stel en ook oop te stel om weer te kan lief raak vir iemand. Lees meer.

Rudi (47), ’n toerisme- en wildboer van Beestekraal, Noordwes

“Ek sal weet ek het liefde gevind, want dis ’n gevoel wat ek kry – van my kleintoontjie af dwarsdeur my menswees en tot in my hart na my brein toe,” vertel Rudi, en hy sê hy weet daai gevoel is moontlik. Lees meer.

Evert (38), ’n makadamia-, sitrus- en wildboer van Tshipise, Limpopo

Hy sê hy het baie liefde om te gee, en hy geniet sy lewe geweldig. Nou soek hy net iemand om dit saam met hom te geniet. Oop en eerlike kommunikasie, in goeie en slegte tye, is vir hom belangrik. Maar die grootste faktor wat in ag geneem sal word, is of hulle dieselfde geloof deel. Lees meer.

Willie (26), ’n makadamia- en wildboer van Badplaas, Mpumalanga

“Ek is lief vir die lewe, en ek hou van goeters doen,” sê hy. En sy ideale meisie? Sy moet iemand wees wat haarself kan versorg omdat hy uit só ’n gesin kom; iemand wat dieselfde Christelike waardes as hy koester. Lees meer.

Reinier (29), ’n saai-, bees- en skaapboer van Frankfort, Vrystaat

Hy erken dat hy baie lief daarvoor is om te gee, en die liefde is al so opgebottel in hom dat dit nou tyd raak om oopgedraai te word. “Ek soek nie ’n spark of ’n vlam nie – ek soek ’n veldbrand,” sê Reinier. Is dit dalk jy? Lees meer.

Ruan (30), ’n skaap-, bees- en saaiboer van Tweespruit, Vrystaat

Hy besef dat liefde nie net sal gebeur nie. Dis iets waarmee jy moeite moet doen en aan moet werk. “Ek glo in liefde, want waar daar liefde is, is daar hoop,” en hy hoop ook om sy kinders op hierdie plaas te sien grootword. Lees meer.

Christof (38),’n turksvy- en soutboer van Petrusburg, Vrystaat

Vir hom is liefde, ná daardie aanvanklike elektrisiteit wat van sy arms besit neem, diepe lojaliteit en mense wat mekaar regtig verstaan. En hy soek na daai liefde vir kleur, dimensie en om sy lewe voller te maak. Lees meer.

Pieter (29) ’n skaapboer van Richmond, Noord-Kaap

Hy erken hy het ’n baie sagte hart vir mense wat swaarkry, maar min mense wat hom ken, is bewus van hierdie kant van die boer wat as ’n grapjas bekend staan. Naas sy geloof is sy familie vir hom die belangrikste ding wat daar is. Lees meer.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan, en dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies