Menu terloops
In Gons [8 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Ruan weet wat hy wil hê


“Ek glo in liefde, want waar daar liefde is, is daar hoop,” vertel ‘Boer soek ’n vrou’ se boer Ruan.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Ruan weet wat hy wil hê

Ruan (30) is ’n skaap-, bees- en saaiboer van Tweespruit, Vrystaat, en is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy hoop om ’n vroulike pasmaat te ontmoet.

Ruan is ’n eerstegenerasie-boer wat saam met sy pa boer. Ruan sou agt jaar gelede nooit kon dink dat hy eendag sou boer nie, alhoewel hy nog altyd ’n liefde vir die grond gehad het en gewens het hy kon boer. 

Toe koop hulle hierdie vervalle plaas waar alles van meet af aan oorgedoen moes word om die plaas weer produktief te kry. Vandag is dit wel die geval.

Dié stadsjapie het sy lus vir die blink liggies verloor en kan nie gou genoeg terugkeer plaas toe na ’n besoek aan die stad nie. Hy erken die stadslewe kan hom nogal grumpy maak, maar ten spyte daarvan dat hy hardkoppig ook is, glo hy wel hy is ’n maklike mens om oor die weg mee te kom.

“Ja, ek is baie picky. Ek is al baie gesê ek is vol nonsens, maar ek weet wat ek wil hê. Ek wil nie jou tyd mors nie, en ek wil nie my tyd mors nie.”

Hy besef ook dat liefde nie net sal gebeur nie. Dis iets waarmee jy moeite moet doen en aan moet werk.

“Ek glo in liefde, want waar daar liefde is, is daar hoop,” en hy hoop ook om sy kinders op hierdie plaas te sien grootword.

Só beskryf hy homself:

Lojaal, geduldig (op die plaas), spontaan, netjies en avontuurlustig.

Belangstellings:

Dié boer kan fyn mik met sy pyl en boog, maar is ook gek oor bootry, oefen, sport en soos dit enige boer wat sy sout werd is, betaam – braai.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies