Menu terloops
In Gons [8 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Ruan weet wat hy wil hê


“Ek glo in liefde, want waar daar liefde is, is daar hoop,” vertel ‘Boer soek ’n vrou’ se boer Ruan.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Ruan weet wat hy wil hê

Ruan (30) is ’n skaap-, bees- en saaiboer van Tweespruit, Vrystaat, en is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy hoop om ’n vroulike pasmaat te ontmoet.

Ruan is ’n eerstegenerasie-boer wat saam met sy pa boer. Ruan sou agt jaar gelede nooit kon dink dat hy eendag sou boer nie, alhoewel hy nog altyd ’n liefde vir die grond gehad het en gewens het hy kon boer. 

Toe koop hulle hierdie vervalle plaas waar alles van meet af aan oorgedoen moes word om die plaas weer produktief te kry. Vandag is dit wel die geval.

Dié stadsjapie het sy lus vir die blink liggies verloor en kan nie gou genoeg terugkeer plaas toe na ’n besoek aan die stad nie. Hy erken die stadslewe kan hom nogal grumpy maak, maar ten spyte daarvan dat hy hardkoppig ook is, glo hy wel hy is ’n maklike mens om oor die weg mee te kom.

“Ja, ek is baie picky. Ek is al baie gesê ek is vol nonsens, maar ek weet wat ek wil hê. Ek wil nie jou tyd mors nie, en ek wil nie my tyd mors nie.”

Hy besef ook dat liefde nie net sal gebeur nie. Dis iets waarmee jy moeite moet doen en aan moet werk.

“Ek glo in liefde, want waar daar liefde is, is daar hoop,” en hy hoop ook om sy kinders op hierdie plaas te sien grootword.

Só beskryf hy homself:

Lojaal, geduldig (op die plaas), spontaan, netjies en avontuurlustig.

Belangstellings:

Dié boer kan fyn mik met sy pyl en boog, maar is ook gek oor bootry, oefen, sport en soos dit enige boer wat sy sout werd is, betaam – braai.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies