Menu terloops
In Onderhoude [18 Okt 2024]

‘Boer soek ’n Vrou’: Boer Quintus verras met onthulling


Toe nie eensklaps verlief nie… maar hy praat nog elke dag met Ria, verklap boer Quintus uit Amerika.

Stroom aanlyn

‘Boer soek ’n Vrou’: Boer Quintus verras met onthulling

Tydens die afgelope reünie-episode van Boer soek ’n Vrou het verskeie van die boere en hul metgeselle gedink die liefdesvuur brand hoog tussen boer Quintus (39) van Winburg en Ria, ’n onderwyseres van Viljoenskroon. 

Hulle was veral beïndruk met hoe mooi die twee met mekaar praat. Quintus het toe selfs erken daar kan dalk iewers verder gegaan word om haar te vra om sy meisie te word.

Intussen het daar nuwe verwikkelinge gekom. En die pad wat vir ’n tydjie tussen Viljoenskroon en Winburg stofgery is, het nou plek gemaak vir diep vragmotorspore in Amerika. Dis waar Quintus hom nou bevind – agter die stuur van ’n groot vragmotor vir ongeveer drie maande waar hy suikerbeet van die land na die silo’s vervoer.

Hy was 20 jaar gelede ook daar en het gevoel dis weer tyd vir ’n avontuur, een waar hy kan geld maak sonder om ’n duur oeslening aan te gaan om uit te help met die swaarkry op sy eie plaas. En hy geniet elke oomblik daarvan – solank hy net kan boer!

Boer soek 'n vrou
Quintus en Ria. Foto: Skermgreep

“Vriende”

Maar met die liefde het hy nie so voorspoedig geboer nie. Ja, dis waar – hy en Ria is nou net vriende.

“Ek wou net gewag het voordat ek en sy ernstig begin raak het. Tot die stof bietjie gaan lê het met die media en als wat gebeur het. Ons het nie dadelik verlief geraak soos daai ander paartjies nie (Daandré en Marisca, JW en Danelle). Ek beny dit. En ek is bly vir hulle part.

“Maar met my het dit nou ongelukkig bietjie anderster gewerk. Vir my vat dit ’n bietjie langer – en ek is nie bang vir langer nie. 

“Dis hoekom ek sê sodra ek weer terug is in Suid-Afrika, sal ek kyk waartoe vat die pad vir my en Ria. Ek en sy is nog gereeld in kontak en ons praat byna elke dag,” vertel hy vanuit Amerika. En voeg by dat hy daarvan sal hou om haar weer te sien. 

Lesse geleer

Quintus sê die heel belangrikste lewensles wat hy tydens Boer soek ’n vrou geleer het, is om net jouself te wees, ongeag wat ook al mag gebeur.

“Ek is kwaad vir myself omdat ek meer as een keer gaan ander klere koop het, en snaakse klere koop het, en op die program gedra het, waarin ek nie noodwendig gemaklik gevoel het nie. 

“Ek het my plaasklere gemis, my eie klere, maar ek het gevoel dis nie goed genoeg nie. Dis een van die goed waaroor ek spyt is. Ek was nie heeltemal myself wat dit aanbetref het nie en dit het my ongemaklik laat voel.

“Wees net jouself. Dit wat jy is, dit wat jy aantrek, dit wat jy doen, die manier hoe jy praat, hoe jy goed sê – wees net jouself.”

Hy sê hy het ook geleer om ander mense se gevoelens in ag te neem, maar ook selfsugtig te wees met die besluite wat jy neem. Alhoewel dit baie selfsugtig mag oorkom, is dit aan die einde van die dag hy wat met die besluit wat hy gemaak het, moet saamleef.

“Oor ’n jaar het die deelnemers en die kykers vergeet van my, maar ek moet nog saamleef met die besluite wat ek geneem het.”

Nog ’n waardevolle les wat hy geleer het, is die mag van woorde. 

“Dink mooi voor jy iets sê, veral op TV. Jy kan dit nooit terugvat nie. As jy dit gesê het, het jy dit gesê.”

Huiswaarts

Hy mik om vroeg-November terug te keer na Suid-Afrika want die stroopseisoen in Amerika gaan vinniger as wat aanvanklik gereken is.

Quintus sê hy sien baie daarna uit om weer sy hond, vir Ria, familie en vriende te sien.


Die toptienboere vir die 17de seisoen van Boer soek ’n Vrou sal op 27 Oktober tydens ’n spesiale uitsending op kykNET (DStv-kanaal 144) aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf. S16 is nog vir ’n rukkie op DStv Catch Up beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies