Menu terloops
In Gons [5 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Evert het ‘baie liefde om te gee’


Plaas, familie, geloof, vriende, mense wat die pad saam met jou stap. Dís wat vir ‘Boer soek ’n vrou’ se boer Evert van Limpopo belangrik is. Hy vertel meer van wat hy in ’n pasmaat soek.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Evert het ‘baie liefde om te gee’

Evert (38) is ’n makadamia-, sitrus- en wildboer van Tshipise, Limpopo is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy wil graag ’n vroulike pasmaat ontmoet.

Plaas, familie, geloof, vriende, mense wat die pad saam met jou stap. Dís wat vir Evert belangrik is. Hy is, as hy dit reg het, die vyfde generasie op die plaas.

Sy voorouers het in 1916 hier aangekom met hul ossewa, en sy oupa is op ’n sementblad in ’n tweevertrekhuisie op die plaas gebore – en tog het hulle ’n sukses van die boerdery gemaak. Hy is baie trots op wat hulle tot stand gebring het, en hoop dat sy voorouers ook trots op sy suksesse sal wees.

Hy vertel dat hy logistiek, oftewel toevoerkettingbestuur, aan die universiteit studeer het. Tydens sy eerste onderhoud daarna, wou die persoon weet hoekom juis toevoerkettingbestuur.

It’s the sexiest thing in the world,” was sy antwoord, want dit verbind iets wat iewers nutteloos is met ’n plek waar iemand dit wil hê. En hulle is die ketting wat daardie rol speel. 

Nou soek hy na iemand om saam met hom verder te bou. Maar dit gaan iemand verg met geduld, want die pad vorentoe is nie altyd maklik nie. “Jy moet kan vasbyt wanneer dinge skeefloop.”

Hy sê hy het baie liefde om te gee, en hy geniet sy lewe geweldig. Nou soek hy net iemand om dit saam met hom te geniet.

Oop en eerlike kommunikasie, in goeie en slegte tye, is vir hom belangrik. Maar die grootste faktor wat in ag geneem sal word, is of hulle dieselfde geloof deel.

“Liefde kan pret wees as jy dit pret maak,” laat hy later hoor.

Só beskryf hy homself:

Aktief, avontuurlustig, ’n goeie sin vir humor.

Belangstellings:

Natuurbewaring, fiksheid, lees, reis, klassieke vuurwapens en snacks.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies