Menu terloops
In Gons [5 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Evert het ‘baie liefde om te gee’


Plaas, familie, geloof, vriende, mense wat die pad saam met jou stap. Dís wat vir ‘Boer soek ’n vrou’ se boer Evert van Limpopo belangrik is. Hy vertel meer van wat hy in ’n pasmaat soek.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Evert het ‘baie liefde om te gee’

Evert (38) is ’n makadamia-, sitrus- en wildboer van Tshipise, Limpopo is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy wil graag ’n vroulike pasmaat ontmoet.

Plaas, familie, geloof, vriende, mense wat die pad saam met jou stap. Dís wat vir Evert belangrik is. Hy is, as hy dit reg het, die vyfde generasie op die plaas.

Sy voorouers het in 1916 hier aangekom met hul ossewa, en sy oupa is op ’n sementblad in ’n tweevertrekhuisie op die plaas gebore – en tog het hulle ’n sukses van die boerdery gemaak. Hy is baie trots op wat hulle tot stand gebring het, en hoop dat sy voorouers ook trots op sy suksesse sal wees.

Hy vertel dat hy logistiek, oftewel toevoerkettingbestuur, aan die universiteit studeer het. Tydens sy eerste onderhoud daarna, wou die persoon weet hoekom juis toevoerkettingbestuur.

It’s the sexiest thing in the world,” was sy antwoord, want dit verbind iets wat iewers nutteloos is met ’n plek waar iemand dit wil hê. En hulle is die ketting wat daardie rol speel. 

Nou soek hy na iemand om saam met hom verder te bou. Maar dit gaan iemand verg met geduld, want die pad vorentoe is nie altyd maklik nie. “Jy moet kan vasbyt wanneer dinge skeefloop.”

Hy sê hy het baie liefde om te gee, en hy geniet sy lewe geweldig. Nou soek hy net iemand om dit saam met hom te geniet.

Oop en eerlike kommunikasie, in goeie en slegte tye, is vir hom belangrik. Maar die grootste faktor wat in ag geneem sal word, is of hulle dieselfde geloof deel.

“Liefde kan pret wees as jy dit pret maak,” laat hy later hoor.

Só beskryf hy homself:

Aktief, avontuurlustig, ’n goeie sin vir humor.

Belangstellings:

Natuurbewaring, fiksheid, lees, reis, klassieke vuurwapens en snacks.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies