Menu terloops
In Gons [10 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Hy’s ’n grapjas, maar het ook ’n baie sagte hart, erken boer Pieter


“Dit maak nie saak wat jy doen nie, maar om saam gelukkig in ’n verhouding te wees, te glimlag en te doen wat ook al jy wil doen,” vertel ‘Boer soek ’n vrou’ se boer Pieter.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Hy’s ’n grapjas, maar het ook ’n baie sagte hart, erken boer Pieter

Pieter (29), ’n skaapboer van Richmond, Noord-Kaap, is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind en soek ’n vroulike pasmaat. 

Hy geniet dit om mense se siele uit te trek en kan ’n regte grapjas wees op die regte tyd, regte plek. Wat die boerdery vir hom spesiaal maak, is dat hy die vyfde generasie op die plaas is. Hy hoop hy kan dit laat aanbeweeg na die sesde geslag toe.

Vir Pieter lê geluk daarin dat hy homself en sy lewensmaat saam gelukkig kan sien. 

“Dit maak nie saak wat jy doen nie, maar om saam gelukkig in ’n verhouding te wees, te glimlag en te doen wat ook al jy wil doen.”

Hy erken hy het ’n baie sagte hart vir mense wat swaarkry, maar min mense wat hom ken, is bewus van hierdie kant van die boer wat as ’n grapjas bekend staan.

Naas sy geloof is sy familie vir hom die belangrikste ding wat daar is.

Hy loop die enkelpaadjie die afgelope twee of drie jaar, maar dink dis nou weer tyd vir ’n spesiale mens in sy lewe – iemand om goeters mee te deel en te geniet en dinge saam te doen.

“Liefde is om mekaar te ondersteun, deur goeie en slegte tye,” is hoe hy die liefde sien na aanleiding van die verhouding tussen sy ouers en ook dié van sy grootouers.

Só beskryf hy homself:

Grapjas, positief, natuurmens, eerlik, spontaan.

Belangstellings:

Sport, jag, motorfietse en die natuur.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies