Menu terloops
In Gons [10 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Hy’s ’n grapjas, maar het ook ’n baie sagte hart, erken boer Pieter


“Dit maak nie saak wat jy doen nie, maar om saam gelukkig in ’n verhouding te wees, te glimlag en te doen wat ook al jy wil doen,” vertel ‘Boer soek ’n vrou’ se boer Pieter.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Hy’s ’n grapjas, maar het ook ’n baie sagte hart, erken boer Pieter

Pieter (29), ’n skaapboer van Richmond, Noord-Kaap, is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind en soek ’n vroulike pasmaat. 

Hy geniet dit om mense se siele uit te trek en kan ’n regte grapjas wees op die regte tyd, regte plek. Wat die boerdery vir hom spesiaal maak, is dat hy die vyfde generasie op die plaas is. Hy hoop hy kan dit laat aanbeweeg na die sesde geslag toe.

Vir Pieter lê geluk daarin dat hy homself en sy lewensmaat saam gelukkig kan sien. 

“Dit maak nie saak wat jy doen nie, maar om saam gelukkig in ’n verhouding te wees, te glimlag en te doen wat ook al jy wil doen.”

Hy erken hy het ’n baie sagte hart vir mense wat swaarkry, maar min mense wat hom ken, is bewus van hierdie kant van die boer wat as ’n grapjas bekend staan.

Naas sy geloof is sy familie vir hom die belangrikste ding wat daar is.

Hy loop die enkelpaadjie die afgelope twee of drie jaar, maar dink dis nou weer tyd vir ’n spesiale mens in sy lewe – iemand om goeters mee te deel en te geniet en dinge saam te doen.

“Liefde is om mekaar te ondersteun, deur goeie en slegte tye,” is hoe hy die liefde sien na aanleiding van die verhouding tussen sy ouers en ook dié van sy grootouers.

Só beskryf hy homself:

Grapjas, positief, natuurmens, eerlik, spontaan.

Belangstellings:

Sport, jag, motorfietse en die natuur.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies