Menu terloops
In Gons [4 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Rudi ken van seerkry, maar glo steeds in liefde


“Ek sal weet ek het liefde gevind, want dis ’n gevoel wat ek kry – van my kleintoontjie af dwarsdeur my menswees en tot in my hart na my brein toe,” vertel ‘Boer soek ’n vrou’ se boer Rudi.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Rudi ken van seerkry, maar glo steeds in liefde

Rudi (47), ’n toerisme- en wildboer van Beestekraal, Noordwes is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy hoop om ’n manlike pasmaat te vind. 

Jy sal vir Rudi tussen Brits en Thabazimbi aantref. Hy erken prontuit dat hy in 2014 baie gesukkel het om aan te pas in die gemeenskap omdat hy ’n gay boer is. Tog het die gemeenskap hom deur die jare leer ken en nou voel hy baie beslis deel van die gemeenskap.

Daardie oggende se opstaan, die skuifdeur oopmaak en uitkyk oor die natuur is dinge wat vir Rudi diep gelukkig maak. Sy plaas is vir hom meer as net ’n plaas; meer as net ’n plek met diere. Vir hom gaan dit oor die bome, die geluide, die mense en alles wat dit mooi maak.

Wanneer hy van sy diere verloor, soos tydens ’n veldbrand ’n tydjie gelede, is dit vir hom asof hy ’n kind verloor. Dis dan juis met sy diere wat hy sy geheime, sy hartseer, vreugdes en blydskap deel. Dit maak die afskeid soveel swaarder.

Hy ken van seerkry, maar glo vorentoe wag daar ’n man wat vir hom liefde kan gee en ook kan ontvang. Trou en ’n gesin is iets waarna hy uitsien.

“Ek sal weet ek het liefde gevind, want dis ’n gevoel wat ek kry – van my kleintoontjie af dwarsdeur my menswees en tot in my hart na my brein toe,” vertel Rudi, en hy sê hy weet daai gevoel is moontlik.

“Romanse op ’n plaas is meer as Kersliggies en sulke tipe dinge,” sê Rudi. 

Hy glo hy is nie ’n alleenmens nie, maar iemand wat so baie het om daardie regte mens te bied. 

“My eie grappies in die aand raak nou vervelig.”

Só beskryf hy homself:

Natuurmens, gedissiplineerd, dinamies, nederig, dromer, romanties.

Belangstellings:

Natuurlewe, kunste, stap, swem, sosiaal verkeer en fynproewer.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies