Menu terloops
In Gons [1 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Nicolaas wil anker gooi met iemand wat lewe met hom deel


Die top-tien boere wat in die 17de seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’ ’n liefdesmaat wil vind, is onlangs aangekondig. Hier vertel Nicolaas meer oor homself.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Nicolaas wil anker gooi met iemand wat lewe met hom deel

Nicolaas (37), ’n skaap- en saaiboer van Bredasdorp, Wes-Kaap is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy wil graag ’n vroulike pasmaat vind.

Dié boer van digby Protem hou daarvan om mense gelukkig te maak. Koffie en beskuit is sy brandstof om die oggend mee aan die gang te kry. Sy oupa-hulle het op die plaas kom boer en toe volg sy pa. Dié het drie seuns, en nou’s dit ’n familieboerdery. Nicolaas droom daarvan om sy eie kinders hier te sien grootword.

Hy het ’n interessante benadering rondom sy humeur. “Voordat ek kwaad raak, dink ek eers aan ’n ding. Dink ek, jis, is dit nodig om kwaad te raak? Nee, dit het nou gebeur, hoekom raak jy kwaad? Dit help nie jy raak kwaad nie. As ek kwaad raak, raak ek vir myself kwaad en vergewe ek myself makliker as iemand anders,” lag hy.

Hy sê hy het al ’n paar goed gedoen in die lewe, en dis nou tyd om anker te gooi met iemand wat met hom kan deel. Hy dink Boer soek ’n vrou is ’n goeie plek om mense te ontmoet en wat moet gebeur, sal gebeur.

“Ek geniet die lewe. As ek ’n kans kry om ’n ding te doen, dan sê ek nie nee nie. As hulle my vra of ek wil gaan toer, sê ek ‘yes, wanneer, waar, hoe laat?’ Dan maak ek ’n plan rondom dit, want die lewe is kort.”

Só beskryf hy homself:

Hy hou daarvan om mense gelukkig te maak en is ook lojaal, hardwerkend, doelgerig, avontuurlustig.

Belangstellings:

Behalwe dat hy maklik op die ingewing van die oomblik iets saam met vriende of familie sal takel, is hy lief vir die buitelewe. Hy geniet dit om te boer, vis te vang, fiets te ry en te jag.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan, en dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies