Menu terloops
In Gons [9 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Christof wil lewe voller maak met liefde, lojalitei


‘Boer soek ’n vrou’ se boer Christof vertel iemand met ’n hart vir ander mense is vir hom vreeslik aantreklik.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Christof wil lewe voller maak met liefde, lojalitei

Christof (38) is ’n turksvy- en soutboer van Petrusburg, Vrystaat, en is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy soek na ’n vroulike pasmaat. 

Kuns, musiek, die buitelewe, om met sy hande te werk en mense – dis wat Christof gelukkig maak diep in die Vrystaat. Benewens werk op skepe in die verlede, het hy al in Ierland, Engeland en Thailand gebly.

Sy pa het die plaas in die vroeë tagtigerjare gekoop. Deesdae word daar gefokus op turksvye en sout, met ’n paar stuks vee en skape op die plaas. Christof sê die skape is maar net daar vir slag en vir “ergernis”.

Hy glo boere staan vir integriteit en eerlikheid. 

“Daar is geen waslaag om ’n boer nie. Wat jy sien, is 100% wat jy kry.”

Hy erken hy is prakties met sy hande, maar sy denke is nie altyd op dieselfde bladsy nie. Hy glo ook die belangrikste ding in die lewe is om te wees wie jy is. Terselfdertyd erken hy dat vroue met donker hare die eerste ding is wat sy aandag trek as hy ’n vertrek binnestap, maar die meeste van die meisies met wie hy uitgegaan het, het blonde hare.

Wat vir hom wel ongelooflik aantreklik is, is ’n mens met ’n hart vir ander mense. En mense vir wie estetiese dinge in die lewe belangrik is. O ja, en positief is.

Vir hom is liefde, ná daardie aanvanklike elektrisiteit wat van sy arms besit neem, diepe lojaliteit en mense wat mekaar regtig verstaan. En hy soek na daai liefde vir kleur, dimensie en om sy lewe voller te maak.

Só beskryf hy homself:

Spontaan, kreatief, impulsief, perfeksionis, kunstenaar.

Belangstellings:

Christof hou van musiek (hy skryf ook musiek), onbeplande avonture en reise, houtwerk, beeldhouwerk, goeie kos en ver stap in die veld.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies