Menu terloops
In Onderhoude [22 Okt 2024]

‘Boer soek ’n Vrou’: ’n Nuwe liefie vir Boer Niel


Boer Niel, die aantreklike 30-jarige boer van Dannhauser, KwaZulu-Natal, het beslis meer as sy kwota aanhangers tydens hierdie seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’ gewerf. Hy vertel meer.

Stroom aanlyn

‘Boer soek ’n Vrou’: ’n Nuwe liefie vir Boer Niel

Alhoewel sy kennis van wild nie genoeg was om een van sy gekose drie dames, Aniska, genoeg te beïndruk nie, het Boer Niel met ’n koel kop die liefde versigtig en deurdagtig gedurende sy tyd op Boer soek ’n Vrou benader.

Lesse geleer

Wat vir hom belangrik is, en wat in die reeks bevestig is, is dat verhoudings oor veel meer as net ’n mooi gesig of ’n goeie persoonlikheid gaan. 

“Jy soek iemand wat compatible is met jou, iemand wat jy weet jy kan 50-60 jaar mee ’n pad stap. Ek voel ek het emosioneel baie volwasse geword deur hierdie proses. 

“Ek het nie gedink dis iets waar ek ge-lack het nie, maar ek het uitgevind daar was dinge wat ek ’n bietjie beter kon hanteer en ek wens ek kon tyd terugdraai om dit te doen.”

Hy het ook geleer dat daar nie werklik iemand is wat “al jou boksies tiek nie” want daar is nie ’n perfekte mens nie. En jy sélf moet daarna streef om die perfekte mens te wees.

Iemand het een dag vir hom verduidelik: “Jy hou van iemand want . . . en jy is lief vir iemand ten spyte van . . .” en dít is vir hom van groot belang.

Hy glo as jy werklik vir iemand omgee, kyk jy verby die klein goedjies wat jou dalk kan afsit.

“Jy loop jou pad saam met daardie persoon en jy sit ook jou beste daarin.”

Maar Niel het ook geleer wat ’n ongelooflike land Suid-Afrika is met al die plekke wat tydens die reeks besoek is. Boonop het hy goeie vriende gemaak en gawe meisies leer ken.

’n Nuwe liefie 

Niel erken dat hy iemand ontmoet het en hy beskryf haar as ’n “baie oulike dame van Kimberley af wat ’n lugwaardin is”. Maar meer as dit wil hy nie deel nie. Dalk later, belowe hy.

Wat dan van Mikal?

Tydens die reünie het Mikal erken sy voel meer vir hom as wat hy dalk vir haar mag voel. Maar, sê Niel, hulle twee is 100% op ’n goeie voet as vriende. Vir drie tot vier maande ná die reünie het hulle twee nog feitlik daagliks kontak gehad.

Niel en Mikal Boer soek 'n vrou
Niel en Mikal was toe nie vir ewige liefde beskore nie. Foto: Verskaf

Hulle het wel dinge uitgepraat oor die nuwe belangstelling in sy lewe en alhoewel hy dink sy wou dit nie regtig hoor nie, glo hy hulle was altwee bewus daarvan dat óf sy óf hy wel iemand anders sou ontmoet. Nou gesels hulle gemiddeld een keer ’n week.

“Sy [Mikal] is regtig een van die mees fantastiese mense wat ek in my lewe ontmoet het en ek hoop regtig dat sy iemand gaan kry wat dit ook gaan raaksien.”

Hoe het Niel Boer soek ’n vrou ervaar?

“Dit was ’n fantastiese ervaring, dit sit mense op so ’n authentic manier op die map dat jy regtig iemand daarbuite kan ontmoet wat jy nooit ooit sou raaksien nie. Dis ietsie waarvoor ek ewig, ewig sal dankbaar wees.”

Hy erken dit moet die eerste prys wees om iemand te ontmoet en dat dit soos ’n feëverhaal waarop ons almal hoop, sal uitloop. Maar hy het ook geleer om nie iets te forseer as jou instink daarteen skop nie. Niel noem ook dat hy in die verlede al twee of drie keer bloot net in ’n verhouding ingespring het – en dat hy sy kop baie hard gestamp het. Hy vermoed dis hoekom hy aan die einde van die reeks begin terughou het om dinge net eers ’n bietjie deur te kyk.

Hy is steeds oorweldig oor die deure wat Boer soek ’n vrou vir hom oopgemaak het. Kyk dan net, van Kimberley se wêreld af ontmoet hy iemand . . . Iets wat hy nooit sou kon glo nie!

“Ek was nooit voorheen ’n Boer soek ’n vrou-aanhanger nie, maar in die toekoms gaan ek een van die grootste fans wees, juis omdat ek weet ek was in daai manne en vroue se skoene gewees en weet hoe hulle voel.”


Die top-10 boere vir die 17de seisoen van Boer soek ’n Vrou sal om 20:00 op 27 Oktober tydens ’n spesiale uitsending op kykNET (DStv-kanaal 144) aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf. S16 is nog vir ’n rukkie op DStv Catch Up beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies