Menu terloops
In Gons [7 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Reinier wil sy rykdom aan liefde meet


“Ek soek nie ’n spark of ’n vlam nie – ek soek ’n veldbrand,” sê ‘Boer soek ’n vrou’ se boer Reinier. Hy vertel meer oor wat hy graag in ’n pasmaat wil hê.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Reinier wil sy rykdom aan liefde meet

Reinier (29), ’n saai-, bees- en skaapboer van Frankfort, Vrystaat, is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy soek na ’n vroulike pasmaat. 

Reinier is die sesde geslag op die familieplaas en sê behalwe vir sy ouers wat hy eerste gesien het, is sy vroegste herinnering aan die groen trekker wat sy oupa hom in die hand gestop het. 

As klein seuntjie aan die voete van sy pa en oupa, het hy een begeerte gehad: om sélf daai groot trekkers te bestuur.

“Ons as boere is na aan die Here, want alles wat ons doen, is afhanklik van Hom.”

Reinier is op soek na liefde, en dit is waaraan hy sy rykdom wil meet. 

“Ware rykdom is jou vrou en jou kinders,” sê hy.

Hy erken ook dat hy baie lief daarvoor is om te gee, en die liefde is al so opgebottel in hom dat dit nou tyd raak om oopgedraai te word. 

“Ek soek nie ’n spark of ’n vlam nie – ek soek ’n veldbrand,” sê Reinier. Is dit dalk jy?

Só beskryf hy homself:

Hardwerkend, eerlik, lewenslustig, goedhartig en nederig.

Belangstellings:

Reinier is gek oor alles wat met gewere gepaardgaan, maar hy kan ’n gholfstok ewe lekker swaai. Visvang, motorfietse en boer is sy lewe.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies