Menu terloops
In Gons [3 Nov 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Lourie slaggereed vir liefde


‘Boer soek ’n vrou’ se boer Lourie rol trekkerbande in die veld asof dit speelgoedkarretjies is. Hier vertel hy meer oor hoekom hy vir die nuwe seisoen ingeskryf het.

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S17: Boer Lourie slaggereed vir liefde

Lourie (26), is ’n beesboer van Vryburg, Noordwes. Hy is een van die tien boere wat liefde in die 17de seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou wil vind. Hy hoop om ’n vroulike pasmaat te ontmoet. 

Lourie sê hulle boer in die Texas van Suid-Afrika – daar tussen Reivilo en Vryburg. Hy het van kleintyd af twee drome gehad: om die Springbok-rugbytrui oor sy kop te trek en om by een van die grootste beesstoeterye in Suid-Afrika betrokke te raak.

Hy dink sy liefde vir bees het begin toe sy ma ’n foto van hom geneem het kleintyd by Buffelina, ’n jong kalfie op sy oom se plaas.

“Elke dag op die plaas het jy te doen met lewe en dood. En dis ook die mooi ding van die plaas. Dit is deel van die vloei van die lewe,” sê hy.

Dat hy absoluut mal is oor die Brahman-beeste waarmee hy daagliks werk, is ook duidelik. Dié ras is bekend vir hul slegte humeur, maar Lourie het ’n bul onder wie hy kan tent opslaan, so mak is die dier. Dis ook nie vreemd om hom op die rug van dié kragtige bul te sien sit nie. En as hy die bul roep in die veld, kom dit dadelik na hom toe.

Grappend sê hy dis waarskynlik die enigste verhouding wat hy die afgelope vier jaar gehad het.

Hy erken hy’s wel alleen op die plaas, maar eensaam is hy nie. Hy het ingeskryf vir Boer soek ’n vrou omdat hy ’n leemte en ’n tekort in homself voel wat net deur liefde gevul kan word. En hy is slaggereed om homself vir ’n slag eerste te stel en ook oop te stel om weer te kan lief raak vir iemand.

“Ek is amper half soos ’n Body on Tap-etiket sê two-in-one, want ek het ’n humorkant wat snaaks en vermaaklik is, maar ook ’n diep en sagte kant in my.”

Só beskryf hy homself:

Doelgerig, passievol,  humoristies, lojaal, hardwerkend.

Belangstellings:

Die man rol trekkerbande in die veld asof dit speelgoedkarretjies is. Hy hou van oefen, die buitelewe, om te kamp en te toer, asook jag en hengel.

Wil jy vir ’n boer skryf?

Diegene wat vir een van die hubare boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 20 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 OF
    Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. 

Wanneer is dit op die kassie?

Reandi Grey bied vir die eerste keer Boer soek ’n vrou aan. Dié maatsoekreeks sal vanaf Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies