Menu terloops
In Redakteurskeuse [1 Jan 2024]

Redakteurskeuse vir Januarie 2024: Moordraaisels, ‘Magda’ en ‘Masters of the Air’


Wat om te kyk: Van Waldemar Schultz wat terugkeer as ’n enigmatiese speurder in ‘Die Byl’ se vyfde seisoen, en Cindy Swanepoel wat haar buiging maak in die tweede seisoen van die komedie-wenner ‘Magda Louw’, tot plaaslike polisiedrama in ‘Reyka S2’ en die langverwagte epiese oorlogreeks ‘Masters of the Air’ – hier is my redakteurskeuse vir Januarie 2024.

Redakteurskeuse vir Januarie 2024: Moordraaisels, ‘Magda’ en ‘Masters of the Air’

Wat om te kyk vandeesmaand – hier is my redakteurskeuse vir Desember 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Die Byl S5

Weeklikse episodes vanaf Dinsdag, 16 Januarie 2024, om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Ook op Catch Up (ná uitsending).

Nuwe sleutelkarakters en senutergende raaisels (as per usual) wag op kykers in die vyfde seisoen van Die Byl

Dié reeks is geskoei op die loopbaan van een van Suid-Afrika se bekendste – en suksesvolste – misdaadjagters, Piet Byleveld. In Die Byl word die titelkarakter deur Waldemar Schultz as ’n ewe uitnemende speurder uitgebeeld wat saam met ’n briljante span op reeksmoordenaars jag maak. 

In die vierde seisoen ons het weer gesien hoe Van Bijl, oftewel Die Byl, hoëprofielsake ondersoek om reeksmoordenaars te laat boet. (Kyk hier na ons lys van die boosaardigste, gruwelikste moordenaars op die reeks.) In die nuutste seisoen wag daar nog rillende storievertelling, maar so ook is daar nuwe spanlede wat by die eenheid aansluit. 

Hoewel Byl uiteindelik geheel en al in charge is, bring dié nuwe spanmaats nuwe uitdaging met hulle saam… Veral die sielkundige wat aangestel is om die span se psigiese welstand te monitor…

Juan (Marvin-Lee Beukes), Nicki (Milan Murray) en Lena (Lika Berning) keer terug, met die sluipskutter Jo Verwey (Amalia Uys) wat as wapendeskundige vir Byl en sy span bystaan. Kaptein William Miller (Tyrone Keogh) is die nuwe profiler wat in Lena se plek aangestel word – dark and broody deluxe! Hy dra egter swaar aan sy verlede. Dr. Anton Fourie (Marcel van Heerden) is die nuwe patoloog wat by die span aansluit. 

Ander spelers wat gereeld hul verskyning maak, is Ira Blanckenberg as die sielkundige dr. Mia Labuschagne, Jacques Bessenger as die joernalis Alex Kruger, en Anrich Herbst as kaptein Buks Botha.

Magda Louw S2

Magda Louw, redakteurskeuse

Weeklikse episodes van Magda Louw vanaf Maandag, 1 Januarie 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Ook op Catch Up beskikbaar (ná uitsending).

Ons moes ’n hele jaar wag vir die nuwe seisoen van die plaaslike komedie-juweel, Magda Louw. 

Die reeks is aanvanklik deur Desiré Gardner, wat ook die naamrol vertolk as ’n eenvrou-verhoogproduksie geskep. Nadat dit eers in 2021 deur kykNET tot ’n storiefilm ontwikkel is, is dit toe in ’n komediereeks omskep. 

Die storie draai meerendeels om Magda en haar man Erhard, wat aan ’n werklikheidsreeks deelneem. So gebeur dit dan dat daar ’n kameraspan is wat hulle oral volg om hul lewens vas te lê. Die akteur en Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk is as Erhard te sien. Die rol van Magda se dogter, Gertrude, is in die eerste seisoen deur Cintaine Shutte vertolk, met Binnelanders se Cindy Swanepoel wat in die nuwe seisoen dié karakter lewe gee. Die rol van Baltus, die paartjie se seun, word deur Taktiek se Bennie Fourie gespeel. 

Gershwin Mias is die kameraman Shaun, wat die Louws oral heen rondvolg.

Desiré  het al voorheen gesê dat is Magda Louw ’n “tong-in-die-kies” en “knop-in-die-keel”-kykie op die onvermydelike dinge in die lewe is. Dinge soos ouer word en onkeerbare draai van die horlosie. 

“Dit gee ook ’n blik op die uitdagings wat ma-wees bied, huweliksprobleme, hoe om jou lewenspad saam met een mens te stap, menopouse, die uitdagings van die middeljare, jaloesie en botoks,” lui ’n mediaverklaring.

Ook in die rolverdeling is bekendes soos Shimmy Isaacs, André Weideman, Margit Meyer-Rödenbeck, Wynand Kotze, Elzet Nel en Mandri Sutherland.

Reyka S2 

Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 11 Januarie 2024, om 20:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101). Ook op Catch Up beskikbaar (ná uitsending). 

Nuwe karakters en volgehoue aksie en drama wag op kykers in die senutergende tweede seisoen van die plaaslike misdaaddrama, Reyka

Reyka, wat die lewe van die briljante misdaad-profiler, Reyka Gama (vertolk deur Kim Engelbrecht) volg, se eerste seisoen het al heelwat pryse ingepalm, waaronder vier Safta-toekennings, en spog ook met twee benoemings by die internasionale Emmy-toekennings. Reyka word ook wyd internasionaal versprei en staan in sommige lande eerder as The Cane Field Killings bekend.

In die tweede seisoen is Reyka op die spoor van ’n moordenaar wat paartjies by ’n uitkykpunt langs die kus, nogal Lover’s Lane genoem, teiken. Hoewel dié moordenaar die manlike slagoffers baie kil, koud en klinies uit die weg ruim, bespeur Reyka ’n wroeging oor sy vroue-slagoffers. Intussen spook Reyka se verlede steeds by haar. Angus Speelman (Iain Glen, Game of Thrones), die Skotse boer wat haar as jong kind ontvoer het, is nou in ’n instelling vir seksoortreders. Reyka sukkel egter steeds om tot verhaal te kom en haar trauma te verwerk. 

Reyka kry ook ’n nuwe partner, Ayanda Jali, vertolk deur die bekroonde aktrise en musikant Samkelo Ndlovu (iNkaba, Freedom). Ayanda is, baie soos Reyka, ’n taai vrou met sterk morele waardes en integriteit en die twee wod gou vriende en vertrouelinge. 

Ook in die rolverdeling is Pallance Dladla (DAM), Frank Rautenbach (Lioness), Lemogang Tsipa (Shaka iLembe), Joey Rasdien (Bunny Chow), Zane Meas (Ludik) en Deon Lotz (Taktiek).

Masters of the Air

Dié reeks première op Vrydag, 26 Januarie 2024, met twee episodes op Apple TV+. Daarna word nuwe episodes weekliks tot en met Vrydag, 15 Maart 2024, vrygestel. 

Dié epiese oorlogdramareeks is gegrond op die gelyknamige boek deur Donald L. Miller met Tom Hanks en Steven Spielberg wat deel van die vervaardigingspan uitmaak. Oor die loop van nege episodes word daar vertel oor die “Bloody Hundredth”, oftewel die Amerikaanse lugmag se “100th Bomb Group” wat lugaanvalle oor Nazi-Duitsland geloods het. Maar dit is die sielkundige en emosionele prys wat die jong mans in die stryd teen Hitler betaal wat sentraal tot die vertelling staan. Sommige is afgeskiet en gevang; ander is ernstig gewond, ander is dood. En ander was gelukkig genoeg om dit tot terug by die huis te maak. 

Onder die rolverdeling tel Austin Butler, Callum Turner en Barry Keoghan. Die reeks dien ook as ’n tipe van pasmaat vir die reekse Band of Brothers (2001) en The Pacific (2010).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies