Menu terloops

Die Byl S1-6

Op DStv [Gepubliseer op 14 Jan 2025]


‘Die Byl’ is geskoei op die ware loopbaan van bekendste speurder, Piet Byleveld. Die vyfde seisoen stroom nou op kykNET.

Stroom nou

Die Byl S1-6
Kyk lokprent

Ons gunsteling-speurder is terug op sy pos in die sesde seisoen van Die Byl. Waldemar Schultz hou vol met sy geïnspireerde vertolking van Piet van der Bijl, wat steeds genadeloos jag maak op die land se boosaardigste reeksmoordenaars.

Die reeks is geskoei op die ware loopbaan van sekerlik die bekendste speurder in Suid-Afrika, Piet Byleveld. Byleveld het glo ’n 99%-sukseskoers oor sy 38 jaar diens in die Suid-Afrikaanse polisiediens gehad. In Die Byl word die titelkarakter as ’n ewe suksesvolle, selfs briljante, speurder uitgebeeld. 

In die sesde seisoen is daar ’n meedoënlose moordenaar wat vasberade is om vir Byl en sy span alle hel te gee. Dít terwyl hulle ook met hul eie menslikheid worstel. 

Byl (Waldemar Schultz) lei steeds die eenheid, met speurders Juan (Marvin Lee Beukes) en Lena (Lika Berning), regskenner Nicki (Milan Murray) en Jo (Amalia Uys), ’n voormalige sluipmoordenaar wat nou as wapenkenner ingespan word, aan sy sy. Ook deel van die span is kapt. William Miller (Tyrone Keogh) as ’n profileerder, en dr. Anton Fourie (Marcel van Heerden) as ’n pataloog.

Onder die nuwe karakters wat in die sesde seisoen by die gedugte span aansluit, tel die hiper-intelligente Eliaan Slee (Melissa Willering). Só ook die ambisieuse wetenskaplike, dr. Elize Opperman (Roeline Daneel), en Daniël Weyers (Sherman Pharo) as ’n oud-polisieman en dr. Opperman se handlanger. 

Karakters wat terugkeer, sluit in Benjamin Vlok (Danny Ross), die webontwikkelaar Stephen (Sean van Noordwyk) en kapt. Tarina Spies (Ronel Stander), wat bittergraag ’n lid van Byl se span wil word. Van die bekende gesigte in die nuwe reeks is Melanie du Bois, Hannes van Wyk, Pascual Wakefield en Antoinette Louw. Ook Rika Sennett, Geon Nel, Cedwyn Joel, Carel Nel en die legendariese akteurspaar Johan en Lida Botha is te sien.

Schultz beskryf die reeks se sukses as ’n “organiese dier” en “iets wat ‘n lewe van sy eie het”.

Die Byl se sesde seisoen begin op 14 Januarie 2025 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees. 

Kyk ook Die Byl se eerste drie seisoene op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies