Menu terloops

DAM S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 16 Feb 2023]


‘DAM’ is ’n Showmax Original-rillerreeks met Lea Vivier in die hoofrol.

Kyk nou

DAM S1-2
Kyk lokprent

Lea Vivier vertolk die hoofrol in regisseur Alex Yazbek se sielkundige riller, DAM.

In die eerste seisoen het ons Vivier as Yola Fischer ontmoet. Yola is ’n jong vrou wat vanaf Chili na haar klein tuisdorp in die Oos-Kaap teruggekeer het om haar vervreemde pa te begrawe. Dis dan wanneer haar duistere verlede haar inhaal. Dis asof die plaashuis wat sy, tot haar suster se ontsteltenis, van haar pa geërf het, met haar probeer praat. Amper asof dit geheime met haar wil deel…

Die tweede seisoen, wat vanaf 16 Februarie 2023 op Showmax in weeklikse sarsies beskikbaar gestel word, tel die drade van die storie sowat drie maande ná die Lentefees op. Dit lyk of die kultus se rituele offer gewerk het: reën het immers geval en die land vernuwe. Maar Yola onthou niks sedert sy van haar pa se begrafnis teruggekeer het nie…

Buiten dat DAM die meeste benoemings vir ’n dramareeks by die 2022 SAFTA’s ingeryg het, is dit ook goed deur kykers én resensente ontvang, met laasgenoemde wat telkens verwys het na die manier waarop die reeks grense in Suid-Afrikaanse TV verskuif het.

DAM is in Adelaide en Bedford in die Oos-Kaap verfilm, en die rolverdeling sluit ook sterre soos Natasha Loring, Antoinette Louw, Tarryn Wyngaard, Faniswa Yisa, Laudo Liebenberg en Marvin-Lee Beukes in.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies