Menu terloops
In Features [14 Okt 2023]

Wie’s wie? Ontmoet die karakters van ‘Straat’


Die kinkels in kykNET se nuwe, senutergende dramareeks, ‘Straat’, gaan jou ernstig laat wonder oor wat presies agter jou bure se geslote deure aangaan. Hier vertel ons jou meer oor die reeks se karakters.

Wie’s wie? Ontmoet die karakters van ‘Straat’
Kyk lokprent

Hoe goed ken jy jou bure? Dís wat jy gaan wonder (en oor gaan worry) as jy eers sien hoe die drama in kykNET se nuwe dramareeks, Straat, ontvou.

In Aarbeistraat, ’n cul-de-sac in ’n middelklasbuurt wat op die oog af heel rustig lyk, het elkeen van die inwoners immers hul eie storie…

Morné du Toit, bekend vir flieks soos HoofmeisieNul is nie niks nie en Vuil wasgoed, is die reeks se regisseur. Daarmee saam sluit Straat se rolverdeling akteurs in wat bekend is vir uithaler-spel. Dit sluit in Hartklop se Leandie du Randt, Desert Rose se Amalia Uys en Marisa Drummond wat onlangs amok gemaak het in die kykNET-sepie Suidooster.

Nico Panagio, bekend vir sy rol in kykNET se Vallei van Sluiers en flieks soos Semi-Soet en Vrou soek boer, is ook as een van die hoofspelers in dié aksiebelaaide drama te sien.

Straat op kykNET. Foto: Carl Kindo
Dié cul-de-sac is eintlik vol geheime. Foto: Carl Kindo

Wie’s wie?

Die skelm Anton Videns (Frank Opperman), grootbaas van ’n finansieringsmaatskappy, en sy vennote is diep in die moeilikheid. ’n Fluitjieblaser gaan in die hof teen hulle getuig, en hulle sal enigiets doen om dit te verhoed.

Die fluitjieblaser, wat ’n IT-boffin is, woon onder die skuilnaam Robert Muller (Nico Panagio) in Aarbeistraat – sy wegkruipplek in witness protection.

Nico Panagio as Robert Muller in Straat. Foto: Verskaf
Nico Panagio as Robert Muller in Straat. Foto’s: Verskaf
Amalia Uys Straat
Amalia Uys as Zelda Postma.
Marissa Drummond Straat
Marisa Drummond as Lorrie.
Morné Visser as ene Pote.

Zelda Postma (Amalia Uys) woon ook in dié doodloopstraat. Sy is ’n vlymskerp prokureur wat die taak het om Robert veilig te hou met die hulp van Potifar Vorster (Morné Visser), of Pote, soos almal hom noem. Pote is ’n afgetrede polisieman, en hy en sy vrou, die verpleegster Lorrie (Marisa Drummond), is benewens Zelda die enigste mense in Aarbeistraat wat weet wie Robert werklik is.

Hélène Truter as Trix Louw.

Trix Louw (Hélène Truter) is ’n hartseer weduwee en eiendomsagent. Haar seun woon in Kanada, en dis net haar honde wat haar enige vreugde verskaf.

Hannes Brümmer is Maxwell Smit, die plaaslike apteker wat meer as net pille smous. Hy en sy floskoppie-vrou, Retha (Cintaine Schutte), woon naby Jakkie van Tonder (Leandie du Randt) en Hendrikkie Fourie (Arno Meyer). Jakkie, ’n weeskind, het haar eie onderneming wat mense met rekenaarstelsels by die huis help.

Hannes Brümmer as Maxwell Smit.
Cintaine Schutte as Retha.
Leandie du Randt as Jakkie.
Arno Meyer as Hendrikkie.

Nicole Holm is Vinkie Beerwinkel, ’n vrou met ’n oordonderende persoonlikheid wat tot die uiterstes sal gaan om ’n sekuriteitsmuur om die hele Aarbeistraat te laat bou. Deon Coetzee is haar man, Basie, op wie se kop sy vierkantig sit.

Nicole Holm as Vinkie Beerwinkel.
Deon Coetzee as Basie Beerwinkel.

Wiseman Sithole en Edith Plaatjies is die Makebas, Xolani en Nyakallo, met Wilhelm van der Walt as Billy Vogel, ’n glibberige fotograaf wat enigiets sal doen vir geld.

Wiseman Sithole as Xolani Makeba.
Edith Plaatjies as Nyakallo Makeba.

Kate Normington, Josias Moleele en Kiroshan Naidoo speel Anton Videns se vennote. Kevin Smith, Melt Sieberhagen, Mandri Sutherland en Celeste Loots is in van die ander gasrolle te sien.


Straat saai op Dinsdae vanaf 17 Oktober 2023 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit. Ook op Catch Up en DStv Stream.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies