Menu terloops

Desert Rose S1

Op Showmax [Gepubliseer op 24 Jul 2023]


Die plaaslike dramareeks, ‘Desert Rose’, se rolverdeling sluit onder andere Neil Sandilands en Amalia Uys in.

Kyk nou

Desert Rose S1
Kyk lokprent

Desert Rose is ’n senutergende dramareeks wat om die Greyling-familie draai.

Die Greyling broers en susters sukkel om klaar te kom in ’n stowwerige Noord-Kaap nadat hul pa, Freddie (Neil Sandilands), diep in die skuld by die genadelose Eugene van As (Ben Voss) beland en besluit om spore te maak. As Van As dan wraak sweer, begin die Greylings se stryd om oorlewing in erns.  

Ook onder die rolverdeling tel Amalia Uys, Kai Luke Brummer, en Tinarie van Wyk-Loots. 

Die reeks is deur Reyka-skepper, Rohan Dickson.


Desert Rose is vanaf Maandag, 24 Julie 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies