Menu terloops

Desert Rose S1

Op Showmax [Gepubliseer op 24 Jul 2023]


Die plaaslike dramareeks, ‘Desert Rose’, se rolverdeling sluit onder andere Neil Sandilands en Amalia Uys in.

Kyk nou

Desert Rose S1
Kyk lokprent

Desert Rose is ’n senutergende dramareeks wat om die Greyling-familie draai.

Die Greyling broers en susters sukkel om klaar te kom in ’n stowwerige Noord-Kaap nadat hul pa, Freddie (Neil Sandilands), diep in die skuld by die genadelose Eugene van As (Ben Voss) beland en besluit om spore te maak. As Van As dan wraak sweer, begin die Greylings se stryd om oorlewing in erns.  

Ook onder die rolverdeling tel Amalia Uys, Kai Luke Brummer, en Tinarie van Wyk-Loots. 

Die reeks is deur Reyka-skepper, Rohan Dickson.


Desert Rose is vanaf Maandag, 24 Julie 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies