Menu terloops
In Lysie-lysie [26 Jan 2022]

Die top-10 TV-reekse en flieks op Showmax in 2021


Van ‘The Wife’ en ‘Raised by Wolves’ tot ‘Devilsdorp’ en ‘Trolls World Tour’ – hier is die top-reekse en flieks wat die meeste kykers in Suid-Afrika in 2021 gelok het.

Teken in op Showmax

Die top-10 TV-reekse en flieks op Showmax in 2021

Die top-reekse en -flieks, in alfabetiese volgorde, is:

1

After volg Tessa, ’n sogenaamde soetstroop meisie wat op ’n nie-so-soet seun, Hardin, verlief raak. Jy weet al hoe dinge gaan uitdraai…

Die fliek is gegrond op Anna Todd se trefferboek en volg op After We Collided, ook op Showmax.

2

DAM

Lea Vivier vertolk die hoofrol in regisseur Alex Yazbek se sielkundige riller, DAM.

Oor die duur van agt episodes volg ons Vivier as Yola Fischer, ’n jong vrou wat vanaf Chili na haar klein tuisdorp in die Oos-Kaap terugkeer om haar vervreemde pa te begrawe. Dis dan wanneer haar duistere verlede haar inhaal. Dis asof die plaashuis wat sy, tot haar suster se ontsteltenis, van haar pa erf, met haar probeer praat. Amper asof dit geheime met haar wil deel.

Soos die onderskeid tussen wat werklik is en wat nie begin verdof, moet Yola haar grootwordjare opnuut in oënskou neem.

3

Devilsdorp, Showmax se eerste oorspronklike ware misdaaddrama, is ’n angswekkende blik op die invloed – en gevaar – van charismatiese leiers.

Dit speel tussen 2008 en 2019 in Krugersdorp af en draai om ’n kultusleier, Cecilia Steyn, wat as ’n meester-manipuleerder haar volgelinge oortuig het om namens haar 11 mense te vermoor.

Christenskap en satanisme word teen mekaar afgespeel, en ons ontmoet die familielede wat ná hul geliefdes se moorde deur Steyn se kultusgroep, Electus per Deus (Uitverkies deur God), sukkel tot verhaal te kom.

4

Jamie Dornan en Dakota Johnson keer terug as Christian Grey en Anastasia Steele in die lokettreffer Fifty Shades Darker.

Dit is gegrond op E.L. James se gelyknamige topverkoper-boek en volg op Fifty Shades of Grey.

Volgens Cosmopolitan is “Fifty Shades Darker beter as Fifty Shades of Grey op elke denkbare manier”, terwyl Vanity Fair dit as “volslae genot” bestempel het, sowel as “die simpel, goedhartige asblik-meesterstuk wat ons nou verdien”. 

Oscar-wenners Marcia Gay Harden en Kim Basinger, Emmy-benoemde Hugh Dancy, en Bella Heathcote maak deel van die rolverdeling uit.

Fifty Shades of Grey, is ook op Showmax beskikbaar.

5

Raised by Wolves, wat in Suid-Afrika geskiet is, speel af ná die vernietiging van die aarde en draai om twee androïede wat mensekinders op ’n geheimsinnige planeet, Kepler-22b, moet grootmaak.

Dié HBO Max-trefferreeks is vir verskeie toekennings benoem en is deur Inverse bestempel as “Ridley Scott se beste wetenskapfiksie sedert Alien…daar is geen TV-reeks soos dit nie.” 

Seisoen 2 begin op 4 Februarie 2021 op Showmax met Kim Engelbrecht (Reyka) wat by die rolverdeling aansluit.

6

Temptation Island South Africa volg paartjies wat by ’n kruispad in hul verhoudings verkeer as hulle moet besluit of hulle gereed is om vir die res van hul lewens aan mekaar getrou te wees – of om mekaar vaarwel te roep.

Saam beleef die paartjies ’n luukse vakansie in die paradys (ook bekend as Knysna), waar hulle apart van mekaar, maar saam met 20 sexy enkellopende mans en vroue wat liefde soek, woon. Dié temptation is bedoel om hul moeilikste vrae oor hul verhouding te help beantwoord, soos: “Is ons bedoel om saam te wees?” en “Is daar iemand beter vir my?”.

7

Die eerste episode van The Real Housewives of Durban (RHOD) het ’n destydse kykrekord vir Showmax opgestel, maar dit later aan eers Uthando Lodumo en toe The Wife afgestaan.

Die drama het reeds in dié einste eerste episode begin met Nonku Williams se onthulling dat sy ’n kind saam met die gospellegende Sfiso Ncwane het. 

RHOD is die 24ste internasionale – en tweede Suid-Afrikaanse – aflewering van The Real Housewives-franchise.

Seisoen 2 is vanaf 28 Januarie 2022 op Showmax, met onder andere Londie London, Thobile MaKhumalo Mseleku en Jojo Robinson.

8

The Wife is Showmax se eerste oorspronklike telenovela.

Die reeks is gegrond op Dudu Busani-Dube se topverkoper-boek Hlomu the Wife. Dit vertel die verhaal van ’n joernalis (gespeel deur Skeem Saam se Mbalenhle Mavimbela) wat verlief raak op ’n taxibestuurder (Necktie Youth se Bonko Khoza), maar wat sy nie besef nie, is dat wanneer jy trou, trou jy met die persoon se geheime ook.

9

Anna Kendrick en Justin Timberlake keer terug as Queen Poppy en Branch in dié vervolgverhaal.

Dié keer moet hulle al die verskillende Troll-stamme verenig om te keer dat die boosaardige Queen Barb en King Thrash almal in zombies verander. 

Die Oscar-benoemde Kendrick (Love Life) het in 2021 ’n Kids’ Choice-toekenning vir gunstelingstem in ’n animasiefliek vir haar rol gewen. 

Kyk ook die eerste fliek in die reeks, Trolls, as die spin-off-reeks TrollsTopia, op Showmax kyk. 

10

Dié kort werklikheidsreeks (dit bestaan uit drie dele) volg Bongekile Simelane en Mandla Maphumulo, beter bekend as gqom-supersterre Babes Wodumo en Mampintsha, se dikwels wispelturige verhouding.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies