Menu terloops

The Wife S1-3

Op Showmax [Gepubliseer op 18 Nov 2022]


‘The Wife’ is Showmax se eerste oorspronklike telenovela. Die derde – en laaste – seisoen, is nou op Showmax beskikbaar.

Kyk nou

The Wife S1-3
Kyk lokprent

1Magic se The River en Mzansi Magic se Gomora is onder die top-10 programme op Showmax vir die eerste deel van 2021, maar die stroomdiens het nog nooit ’n oorspronklike Showmax-telenovela gehad nie. Tot nou toe.

Die reeks is gegrond op Dudu Busani-Dube se topverkoper-boek Hlomu the Wife.

The Wife is vervaardig deur Stained Glass wat verantwoordelik was vir SAFTA-wenners soos eHostela en Uzalo, Suid-Afrika se gewildste sepie.

Die derde seisoen draai om twee star-crossed lovers. Aan die een kant is daar die Tswana-dokter Naledi Montsho, en aan die ander is die Zoeloe-taxibestuurder, Qhawe. Naledi word deur Gaisang K Noge vertolk, met Kwenzo Ngcobo as Qhawe.

“Met Naledi wat vermis word en die Zoeloe-broers se misdade nou voorbladnuus, gaan die derde en laaste seisoen van The Wife hoogdrama oplewer,” sê die reeks se hoofskrywer, Busisiwe Ntintili. 

Kyk uit vir die SAFTA-wenner Wiseman Mncube wat as Mqhele by die rolverdeling aansluit. Ander nuwe gesigte in die rolverdeling sluit in Sello Motloung (Blood Psalms) as Naledi se pa, Kgosi en Mo Setumo as Tshidi, Naledi se ouer suster.

Vanaf 10 November op Showmax beskikbaar. Drie nuwe episodes word elke Donderdag vrygestel.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies