Menu terloops

Raised by Wolves S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


‘Raised by Wolves’ speel af ná die vernietiging van die aarde en draai om twee androïede wat mensekinders op ’n onbekende planeet grootmaak. 

Kyk nou

Raised by Wolves S1-2
Kyk lokprent

Raised by Wolves, wat in Suid-Afrika geskiet is, speel af ná die vernietiging van die aarde en draai om twee androïede, Mother (Amanda Collin) en Father (Abubakar Salim), wat mensekinders op ’n geheimsinnige planeet, Kepler-22b, moet grootmaak. 

Die bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise Kim Engelbrecht (Reyka) sluit in die tweede seisoen by die rolverdeling van dié trefferreeks aan. In die nuwe seisoen moet Mother en Father saam met hul kroos van ses mensekinders by ’n nuutgevormde ateïstiese kolonie in Kepler-22b se geheimsinnige tropiese sone aansluit. Maar om hierdie vreemde nuwe samelewing uit te pluis, is net een van die uitdagings wat op hulle wag. 

Raised by Wolves is vir verskeie toekennings benoem en is deur Inverse bestempel as “Ridley Scott se beste wetenskapfiksie sedert Alien…daar is geen TV-reeks soos dit nie.” 

Stroom die eerste drie episodes op 4 Februarie, met nuwe episodes elke Vrydag tot 25 Maart. Die volledige eerste seisoen is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies