Menu terloops

Hartklop S1

Op DStv [Gepubliseer op 18 Jul 2023]


‘Hartklop’ is kykNET se nuwe, Afrikaanse hospitaaldrama en spog met ’n indrukwekkende rolverdeling wat spelers soos Marlee van der Merwe en Christel van den Bergh insluit. Nou op DStv.

Kyk nou

Hartklop S1
Kyk lokprent

Met Hartklop, kykNET se nuwe hospitaaldrama, is daar ’n Afrikaanse Grey’s Anatomy op hande.

Dié reeks het ’n sterk rolverdeling – ons praat hier van akteurs soos Jacques Bessenger, Leandie du Randt, Dawid Minnaar en Simoné Pretorius – met storielyne wat op ware gebeure gegrond is.

Die reeks speel af in ’n staatsopleidingshospitaal met die harde realiteit van die vele tekortkominge en uitdagings waaronder só ’n hospitaal en sy personeel gebuk gaan wat as ’n deurlopende tema dien. Dít terwyl kykers ook by die dramas wat in die dokters en verpleegpersoneel se persoonlike lewens uitspeel, betrek word – insluitend natuurlik riskante romanse, geraamtes wat uit die kas tuimel en families wat tuis aan die kortste ent trek.

Die reeks is deur Zoë Laband (The Girl from St. Agnes) geskryf met Harold Hölscher (Ludik) en Christo Davids (Spoorloos) as regisseurs. Lees meer hier oor die akteurs en karakters in die reeks.


Hartklop begin op Dinsdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies