Menu terloops
In Features [11 Jul 2023]

Wie’s wie in die Afrikaanse hospitaaldrama, ‘Hartklop’


Die rolverdeling van kykNET se nuwe dramareeks, ‘Hartklop’, sluit bekende name soos Simoné Pretorius, Leandie du Randt en die veteraanakteur Dawid Minnaar in. Ons vertel jou meer van dié storie se karakters en die akteurs wat hulle vertolk.

Kyk vanaf 18 Julie 2023

Wie’s wie in die Afrikaanse hospitaaldrama, ‘Hartklop’
Kyk lokprent

In die eerste paar minute van die nuwe Afrikaanse hospitaaldrama op kykNET, Hartklop, ontmoet ons die ses hoofkarakters met wie se lewens ons oor die verloop van die storie baie bekend gaan raak. Elkeen het natuurlik hul eie storie, maar daar is een ding wat al ses in gemeen het: Beyers Naudé Akademiese Hospitaal, ’n staatshospitaal in Johannesburg en die top-opleidingshospitaal in die land. 

Van die ses hoofkarakters is drie dokters wat in die eerste episode vir hul eerstejaarinternskap aanmeld. 

Wie’s wie?

Simoné Pretorius (Binnelanders, Hotel) speel  dr. Elani Breytenbach. Elani kom uit ’n bevoorregte huis. Haar ma is ’n regsgeleerde wat engiets en alles vir haar dogter sal doen. Haar kliniese assistent en direkte hoof is dr. Veronica Pietersen (Renate Stuurman) en die konsultant, oftewel die hoof van die afdeling, is dr. Suzanne de Jongh (Marlee van der Merwe). Christo Davids is te sien as Sollie, Dr. Veronica Pietersen se man. 

Hartklop
Simoné Nortmann as Dr. Elani Breytenbach. Foto: Verskaf
Hartklop
Dr. Veronica Pietersen (Renate Stuurman). Foto: Verskaf
Hartklop
Marlee van der Merwe as dr. Suzanne de Jongh. Foto: Verskaf

Carla Classen (Stroomop, Lioness) speel dr. Karima Salie. Karima wil haar konserwatiewe agtergrond agterlaat. Sy en Elani was kamermaats op Tukkies. Karima werk in ongevalle onder die kliniese assistant dr. Louw van Onselen (David Louw) en die hoof van hul afdeling is dr. Daniel Strydom (Jacques Bessenger). 

Hartklop
Carla Classen as dr. Karima Salie. Foto: Verskaf
Hartklop Dr. Louw van Onselen (David Louw
David Louw as dr. Louw van Onselen. Foto: Verskaf
Hartklop Jacques Bessenger as dr. Daniel Strydom.
Jacques Bessenger as dr. Daniel Strydom. Foto: Verskaf

Oros Mampofu (Skeem Saam, Savage Beauty) vertolk die rol van dr. Fezile Nodada, ’n jong man uit die Oos-Kaap wat as ’n chirurg wil kwalifiseer. Hy is egter by ’n kruispad wat sy Afrika-tradisies en sy praktiese toepassing van westerse medisyne betref. Die kliniese assistent saam met wie hy werk, is dr. Jolene Joubert (Leandie du Randt). Die konsultant van chirurgie is prof. Gustav Coetzee (Dawid Minnaar). 

Christel van den Bergh is te sien as Anke Dempsey, ’n hoogse bekwaamde verpleegster in die noodafdeling.

Hartklop Oros Mampofu (Skeem Saam, Savage Beauty) vertolk die rol van dr. Fezile Nodada
Oros Mampofu vertolk die rol van dr. Fezile Nodada. Foto: Verskaf
hartklop
Leandie du Randt as dr. Jolene Joubert. Foto: Verskaf
Dawid Minnaar as prof. Gustav Coetzee. hartklop
Dawid Minnaar as prof. Gustav Coetzee. Foto: Verskaf
Christel van den Bergh is te sien as Anke Dempsey. Foto: Verskaf

En nog…

Ander groot name in die rolverdeling (sommige deurlopend en ander gasrolle) sluit in Arno Marais, Rika Sennett, Thulani Mtsweni, Susan Coetzer, Vusi Thanda, Esmeralda Bihl, Elma Postma, Francois Jacobs en Bouwer Bosch. 

Opgeleide verpleegsusters het ook met die verfilming van die operasietonele gehelp om dit so realisties moontlik te maak. 

Die reeks is deur Zoë Laband (The Girl from St. Agnes) geskryf en die regisseurs is Harold Hölscher en Christo Davids. 


Hartklop begin op Dinsdag, 18 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies