Menu terloops
In Wat om te kyk [20 Jun 2023]

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Hartklop’, kykNET se eie, Afrikaanse, ‘Grey’s Anatomy’


Leandie du Randt, David Louw, Simoné Pretorius, Dawid Minnaar en Jacques Bessenger tel onder die akteurs wat deel is van kykNET se nuwe hospitaaldramareeks, ‘Hartklop’, wat eersdaags op die kanaal begin.

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Hartklop’, kykNET se eie, Afrikaanse, ‘Grey’s Anatomy’
Kyk lokprent

As jy nog altyd iets soos Grey’s Anatomy, The Good Doctor, Chicago Med of New Amsterdam in Afrikaans en binne ’n plaaslike konteks wou sien, is kykNET se nuwe reeks glo net die regte doepa, lui ’n mediaverklaring van die kanaal.

Hartklop, wat ’n merkwaardige 178 rolle met dialoog het, het verskeie groot name in die rolverdeling. Sommige van dié is deurlopend, terwyl ander gasrolle is. Buiten Leandi du Randt, David Louw, Simoné Pretorius, Dawid Minnaar en Jacques Bessenger, is daar ook spelers soos Renate Stuurman, David Louw, en Oros Mampofu. Nog bekendes sluit Carla Classen, Marlee van der Merwe, Christel van den Bergh, Arno Marais, Rika Sennett, Thulani Mtsweni, Susan Coetzer, Vusi Thanda, Esmeralda Bihl, Christo Davids, Elma Postma, Francois Jacobs en Bouwer Bosch in.

Die reeks is deur Zoë Laband (The Girl from St. Agnes, op Showmax) geskryf. Die regisseurs is Harold Hölscher (Ludik, op Netflix) en Christo Davids (Spoorloos, op Showmax). 

Agter die skerms

Die hospitaaltonele is in sale en teaters in die Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal en by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg verfilm. Die storielyne se mediese gevalle is gegrond op werklike gevalle en ’n span dokters en mediese kenners het as konsultante gedien. Opgeleide verpleegsusters het met die verfilming van die operasietonele gehelp om dit so realisties moontlik te maak. 

“Ons het besluit om die reeks in ’n staatsopleidingshospitaal te laat afspeel omdat dit nie net verteenwoordigend van Suid-Afrika is nie, maar ook om te wys dat ons van die beste mediese fakulteite in die wêreld het,” sê Zoë.

“Ons plaaslike dokters is superhelde. Daar is militêre dokters van oral oor wat Suid-Afrika toe kom vir hul opleiding, juis omdat ons hospitale soms soos oorlogsones lyk. Dan is daar natuurlik die ander kant – die dokters se persoonlike lewens en die impak wat hulle werk daarop het.” 

Kykers sal dus ook in die TV-dokters se persoonlike lewens ingetrek word. Of dit so smartsage-agtig soos Grey’s Anatomy gaan wees, sal ons moet sien!


Hartklop begin op Dinsdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies