Menu terloops

Ludik S1

Op Netflix [Gepubliseer op 26 Aug 2022]


‘Ludik’ is Netflix se eerste oorspronklike Afrikaanse reeks op dié platform en dit is nou beskikbaar om te stroom.

Ludik S1
Kyk lokprent

Die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in LudikNetflix se eerste oorspronklike Afrikaanse reeks. Ook in die rolverdeling tel onder andere Diaan Lawrenson, Rob van Vuuren, Lizz Meiring en Lea Vivier.

Die storie draai om ene Daan Ludik (Vosloo), ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word hy genoop word om nie net diamante nie, maar ook wapens, te smokkel.

Lees ook André-Pierre du Plessis se onderhoud met plat-op-die-aarde-Vosloo. Daarin vertel Vosloo onder meer oor hoe lekker dit is om weer in Afrikaans te werk:

Dit is ’n wonderlike geleentheid om weer in my taal te kan werk. Ek het altyd gesê ek wil graag weer in my moedertaal werk en die reis het toe begin met die maak van Griekwastad (op Showmax) gevolg deur Silverton Siege (ook op Netflix), en nou Ludik. Dit is altyd goed om terug te kom na jou plek, jou land, jou taal en jou mense. Om deel te wees van die eerste Afrikaanse reeks wat Netflix vervaardig het, ’n reeks wat ’n goeie Suid-Afrikaanse storie vertel met interessante karakters, vertolk deur talentvolle Suid-Afrikaanse akteurs, twee Suid-Afrikaanse regisseurs en filmspan, én om dit op die internasionale verhoog te kan plaas vir die wereld om te sien, is natuurlik fantasties.

Arnold Vosloo

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies