Menu terloops
In Onderhoude [3 Aug 2022]

Arnold Vosloo oor Netflix se ‘Ludik’: ‘Lekkerste rol wat ek nog gespeel het’


As Netflix se uittog in Afrikaans met Arnold Vosloo begin, lê daar net goeie dinge vir dié stroomdiens se plaaslike produksies voor, skryf André-Pierre du Plessis.

Deur André-Pierre du Plessis
Arnold Vosloo oor Netflix se ‘Ludik’: ‘Lekkerste rol wat ek nog gespeel het’
Kyk lokprent

Arnold Vosloo is so plat op die aarde soos kan kom. Hollywood het hom beslis nie verander nie en deesdae speel hy weer in Afrikaanse flieks en reekse wat hom terugbring na sy wortels in ’n tipe full circle-oomblik. Dis juis in Afrikaans wat hy sy eerste sukses op die grootskerm gehad het met die 1984-rolprent Boetie Gaan Border Toe. Bykans 40 jaar later vertolk hy die hoofrol in Netflix se eerste Afrikaans reeks, Ludik.

Ludik is vanaf 26 Augustus op Netflix beskikbaar.

Ons het met Vosloo gesels oor die rol en oor wat ons nog van hom – in Afrikaans – kan verwag.

Wat beteken dit vir jou om deel van die heel eerste Afrikaanse Netflix-reeks te wees?

Dit is ’n wonderlike geleentheid om weer in my taal te kan werk. Ek het altyd gesê ek wil graag weer in my moedertaal werk en die reis het toe begin met die maak van Griekwastad (op Showmax) gevolg deur Silverton Siege (ook op Netflix), en nou Ludik. Dit is altyd goed om terug te kom na jou plek, jou land, jou taal en jou mense. Om deel te wees van die eerste Afrikaanse reeks wat Netflix vervaardig het, ’n reeks wat ’n goeie Suid-Afrikaanse storie vertel met interessante karakters, vertolk deur talentvolle Suid-Afrikaanse akteurs, twee Suid-Afrikaanse regisseurs en filmspan, én om dit op die internasionale verhoog te kan plaas vir die wereld om te sien, is natuurlik fantasties. 

Vertel ons ’n bietjie meer oor jou karakter, Daan Ludik.  

Hy is ’n komplekse man wat aan die hoof van ’n komplekse disfunksionele familie staan. Hy kom te staan teen uitdagings en moet vure doodslaan, vriende verwerp en met vyande saamsweer om sy familie te beskerm. Dit is die lekkerste rol wat ek nog gespeel het en ons het die grense geskuif en nuwe dinge aangepak.

Watter aspek rondom Ludik se draaiboek was die grootste trekpleister om betrokke te raak?  

Ek sê altyd die draaiboek is koning en hierdie draaiboek was beslis dít. Die vervaardiger, Paul Buys, het Ludik geskep en tesame met Annemarie van Basten die reeks geskryf. Die storie is goed – ses uur lange episodes en elkeen eindig op ’n cliffhanger. Die karakters is kompleks en teenstrydig en so interessant. Daar is baie aksie en ek is die hoofrol in die eerste Afrikaanse TV-reeks vir Netflix aangebied. Wat meer wil jy hê!   

Is daar iets aan die reeks wat jy dink iets nuuts te sê het oor die Suid-Afrikaanse leefwêreld? 

Wat nuut vir my is, is dat die reeks ’n post-apartheid Afrikaner wys wat saam met sy swart broers werk om ’n beter lewe vir almal te skep. As die Afrikaanse kykers inskakel en Ludik kyk, sal Netflix meer Afrikaanse reekse vervaardig. Almal sê altyd hier is so baie stories om te vertel. Nou vertel dit dan want nou is die tyd.

Kan ons verwag om jou in die toekoms in meer Afrikaanse projekte te sien?  

Daar is projekte in die pyplyn en as genoeg mense in skakel om Ludik te sien, sal daar ’n tweede en selfs ’n derde seisoen wees. 

Hoe het Griekwastad en jou betrokkenheid by ander plaaslike projekte sedertdien jou begrip van Suid-Afrika verander? 

Dit het net my liefde vir Suid-Afrika versterk en my baie trots laat voel om ’n Suid-Afrikaner te wees.

Jy het onlangs op Carte Blanche genoem dat jou ervaring op ‘n filmstel in Suid-Afrika soveel anders is as in Amerika. Hoe so?  

Dit is lekker om deel van die Hollywood-tradisie te wees, maar om op eg-Suid-Afrikaanse produksies te werk, bied vir my meer sielskos en dit laat my voel dat ek ’n positiewe bydrae in die bedryf lewer. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies