Menu terloops
In Wat om te kyk [7 Jul 2022]

Fantastiese Afrikaanse reekse op Showmax: ‘Dit gebeur elke dag’ – Marguerite van Eeden oor ‘Afgrond’


Vyf vroue in moeilike situasies moet lewensveranderende besluite neem in die reeks ‘Afgrond’, wat tans op Showmax te sien is. Marguerite van Eeden gesels oor haar rol as die regssekretaresse Hannelie, wat seksuele teistering in die werkplek ervaar.

Deur Riëtte van der Wat

Kyk nou Afgrond

Fantastiese Afrikaanse reekse op Showmax: ‘Dit gebeur elke dag’ – Marguerite van Eeden oor ‘Afgrond’
Kyk lokprent

Dis nie maklik om te kyk nie, maar die kykNET-reeks Afgrond, wat nou op Showmax beskikbaar is, is belangrike kykstof.

Afgrond is op ons lys van die top-vier Afrikaanse reekse op Showmax. Ons ander drie gunstelinge is DwaalsterWaterfront en Fynskrif.

Magsmisbruik in intieme verhoudings en in die werkplek; manlike chauvinisme; narsisme; manipulasie; affairs en die duur prys wat mense betaal wanneer hulle uit vrees besluit om stil te bly, is ʼn paar van die komplekse en ontstellende temas wat in dié drama ondersoek word.

Volgens die reeks se skeppers, ondersoek Afgrond die vraag oor hoe naby ons aan die rand van die afgrond moet staan voordat ons besluit om verantwoordelikheid vir ons eie besluite te neem.

Vyf vroue – elk op ʼn afgrond van hul eie

Vyf vroue uit uiteenlopende agtergronde se stories raak (met slim skryfwerk) verweef.

Daar is die sielkundige Julia Cilliers (briljant vertolk deur Jana Kruger), wat met die dood van haar kind moet probeer saamleef terwyl sy vasgekeer is in ʼn ongelukkige huwelik met die hoof van ʼn prokureursfirma, Basson Brink (skrikwekkend kil vertolk deur Stian Bam). Dan is daar Lana Bridgett (Kim), ʼn sepiester wat uit ʼn vyf-jaar-lange koma ontwaak met geheueverlies. Ook Leora van Niekerk (Kanya Viljoen) en Nadine May (Gretchen Ramsden), ʼn kandidaatprokureur wat moet kies tussen haar loopbaan en die liefde.

Die aktrise en fotograaf Marguerite van Eeden vertolk die rol van die brose, maar verbasend sterk Hannelie Fourie. Haar verlede is vol seerkry en haar hede lyk nie veel anders nie. Sy gaan soek hulp by Julia omdat sy seksueel mishandel word by die werk. Dit dwing haar om bevrydende besluite te neem.

Marguerite, wat tans besig is met haar PhD-studie aan die dramadepartement by die Universiteit Stellenbosch, sê vroue en mans ervaar baie druk.

“Aan die einde van die dag kan jy kies hoe jy goed hanteer en wanneer jy aanbeweeg en vorentoe wil beweeg na verandering toe,” sê sy.

Marguerite gesels hier oor die reeks en haar rol.

Waarom kykers Afgrond op Showmax moet kyk

Ek sou mense aanraai om dit te kyk omdat dit gaan oor vyf vroue wat almal op húl (eie) afgronde staan waardeur hulle moet werk. Baie vroue sal kan vereenselwig met die dinge wat met die vroue in die reeks gebeur.

Oor wat haar aangetrek het tot haar karakter, Hannelie

“Hanelie was ’n ongelooflike lekker karakter. Ek is baie dankbaar dat Corné van Rooyen, die regisseur, dit vir my moontlik gemaak het. Dit was vir ons ’n baie veilige omgewing om in te werk.

Ek is baie bevoorreg, want ek speel net die rol. Soms ‘hum’ en ‘ha’ akteurs oor hoe moeilik dit is om ʼn karakter te vertolk en ek verstaan dit kán moeilik wees. Maar anders as Hannelie, was die nie vir my nodig om deur enige van daai emosionele trauma te gaan waardeur baie vroue gaan nie.

Dit sou vir my selfsugtig wees om dit oor myself te maak om te sê die rol was moeilik – want inherent was ek net daar om ’n storie te vertel, sodat mense kan sien wat in die werklikheid met soveel vroue gebeur.

Oor die regisseur en haar mede-akteurs

“Ek is mál oor Corné van Rooyen sy vrou René; hulle is so ’n ongelooflike span.

Corné is ’n totale akteurs-regisseur – hy maak alles moontlik en lekker en fun. Ek het met my eerste fliek, Vaselientjie, met hom gewerk en is van toe af mal oor hom! Hy is wonderlik, besonders en so begaafd met wat hy doen.

Dit was ook fantasties om saam met Jana Kruger en Stian Bam te werk. Ek is nog altyd ’n groot aanhanger van hulle albei. Om hulle dan te leer ken en te sien watter besondere mense hulle is van binne en buite, was absoluut ongelooflik.

Die crew wat op die reeks gewerk het, was ook absoluut wonderlike mense. Ons het Afgrond in Covid-tyd geskiet toe ons al kon werk, maar maskers op stel moes dra en almal het mekaar opgepas.

Oor waarom dit nodig is om ontstellende stories oor geweld teenoor vroue op televisie te vertel

“Geslagsgeweld is ʼn reuse-ding in ons land – iets wat algemeen gebeur. Dis goed dat vroue van enige kultuur- en taalgroep kan sien dat ander mense deur dieselfde goed gaan. Die reeks wys jou deur watter moeilike goed vroue gaan en omdat die wet nie vroue beskerm nie, is hulle bang om vir hulself op te staan. Ek was so kwaad oor Jaco Swart wat sy vrou slaan en net ʼn R20 000 boete gekry het daarvoor. Hy moes tronk toe gegaan het!”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies