Menu terloops
In Wat om te kyk [15 Jun 2022]

Nuwe Afrikaanse geselsreeks praat ‘Uit die slaapkamer’


’n Nuwe Afrikaanse geselsprogram, ‘Uit die slaapkamer’, poog om grense te skuif en ’n belangrike gesprekstema wat al vir gans te lank taboe is, te normaliseer.

Nuwe Afrikaanse geselsreeks praat ‘Uit die slaapkamer’

Vergeet van tong-in-die-kies-of-elders – in Julie kom ’n nuwe geselsprogram waarin prontuit oor slaapkamer-sake gepraat word. 

Die eerste seisoen van Uit die slaapkamer sal vanaf 6 Julie elke Woensdag om 21:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai word. Dié weeklikse episodes, met Engelse onderskrifte, sal ook op DStv Online en op die DStv-app beskikbaar wees. 

“Of jy enkellopend is, in ’n verhouding staan of vrae het oor hoe om dáái gesprek met jou kinders te hê – jy kan baat vind hierby én selfs ’n ding of twee leer!” lui ’n persverklaring oor die reeks. 

Die reeks volg op die sukses van Showmax se Sex in Afrikaans, wat vroeër vanjaar vrygestel is. Sex in Afrikaans se gesprekke is deur die seksuoloog Bradley Daniels gelei en die paneel het uit vier Afrikaanse paartjies en twee enkellopendes bestaan.

Wie doen die praatwerk?

Dr. Elna Rudolph, ’n seksuoloog en mediese dokter, vat voor met die gesprekke oor seksuele gesondheid. ’n Klompie ander bekendes deel dan ook hul intieme ervarings met kykers. Dié paneel sluit onder andere vir Ouma weet mos se Adri Vivier in. Vivier is ’n oudonderwyser, ma van vier en speel ook toneel. Haar raad sorg glo “vir ligter, dog insiggewende oomblikke, veral wanneer dit by ouerskap kom.”

Dan is daar ook die sangeres en aktrise Bianca le Grange, sowel as die akteur en aanbieder Neels van Jaarsveld. Terwyl Van Jaarsveld insae vanuit ’n manlike perspektief lewer, is Le Grange bekend daarvoor dat sy ’n ding op sy naam noem. 

Uit die slaapkamer se paneel sluit in Neels van Jaarsveld, Adri Vivier, dr. Elna Rudolph en Bianca le Grange. Foto: Verskaf/VIA

Waaroor gesels hulle?

Uit die slaapkamer se besprekingspunte sluit in vrae van kykers af oor alles van advies vir beter sekslewe tot mediese kwale. Die onderwerpe sluit in menstruasie tydens seks, voorbehoeding vir tieners, seksspeelgoed vir vroue én mans, vaginale geboorte versus keisersnit… “Dít en nog baie ander interessante onderwerpe word gedek,” lui die persverklaring. 

“Ek is passievol oor seksuele gesondheid en om die regte inligting te gee, want daar is baie vrae en dikwels min antwoorde,” sê Rudolph.

“Meer kennis oor seksuele gesondheid hou twee voordele in. Hoe meer jy weet oor seks, hoe meer kan jy swaarkry rondom dit voorkom. En dan natuurlik ook: Hoe meer jy van seks weet, hoe groter is jou kans om jou seksuele plesier te verbeter. Dit is voordelig vir jouself en vir die gehalte van jou verhouding.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies