Menu terloops
In Wat om te kyk [15 Jun 2022]

Nuwe Afrikaanse geselsreeks praat ‘Uit die slaapkamer’


’n Nuwe Afrikaanse geselsprogram, ‘Uit die slaapkamer’, poog om grense te skuif en ’n belangrike gesprekstema wat al vir gans te lank taboe is, te normaliseer.

Nuwe Afrikaanse geselsreeks praat ‘Uit die slaapkamer’

Vergeet van tong-in-die-kies-of-elders – in Julie kom ’n nuwe geselsprogram waarin prontuit oor slaapkamer-sake gepraat word. 

Die eerste seisoen van Uit die slaapkamer sal vanaf 6 Julie elke Woensdag om 21:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai word. Dié weeklikse episodes, met Engelse onderskrifte, sal ook op DStv Online en op die DStv-app beskikbaar wees. 

“Of jy enkellopend is, in ’n verhouding staan of vrae het oor hoe om dáái gesprek met jou kinders te hê – jy kan baat vind hierby én selfs ’n ding of twee leer!” lui ’n persverklaring oor die reeks. 

Die reeks volg op die sukses van Showmax se Sex in Afrikaans, wat vroeër vanjaar vrygestel is. Sex in Afrikaans se gesprekke is deur die seksuoloog Bradley Daniels gelei en die paneel het uit vier Afrikaanse paartjies en twee enkellopendes bestaan.

Wie doen die praatwerk?

Dr. Elna Rudolph, ’n seksuoloog en mediese dokter, vat voor met die gesprekke oor seksuele gesondheid. ’n Klompie ander bekendes deel dan ook hul intieme ervarings met kykers. Dié paneel sluit onder andere vir Ouma weet mos se Adri Vivier in. Vivier is ’n oudonderwyser, ma van vier en speel ook toneel. Haar raad sorg glo “vir ligter, dog insiggewende oomblikke, veral wanneer dit by ouerskap kom.”

Dan is daar ook die sangeres en aktrise Bianca le Grange, sowel as die akteur en aanbieder Neels van Jaarsveld. Terwyl Van Jaarsveld insae vanuit ’n manlike perspektief lewer, is Le Grange bekend daarvoor dat sy ’n ding op sy naam noem. 

Uit die slaapkamer se paneel sluit in Neels van Jaarsveld, Adri Vivier, dr. Elna Rudolph en Bianca le Grange. Foto: Verskaf/VIA

Waaroor gesels hulle?

Uit die slaapkamer se besprekingspunte sluit in vrae van kykers af oor alles van advies vir beter sekslewe tot mediese kwale. Die onderwerpe sluit in menstruasie tydens seks, voorbehoeding vir tieners, seksspeelgoed vir vroue én mans, vaginale geboorte versus keisersnit… “Dít en nog baie ander interessante onderwerpe word gedek,” lui die persverklaring. 

“Ek is passievol oor seksuele gesondheid en om die regte inligting te gee, want daar is baie vrae en dikwels min antwoorde,” sê Rudolph.

“Meer kennis oor seksuele gesondheid hou twee voordele in. Hoe meer jy weet oor seks, hoe meer kan jy swaarkry rondom dit voorkom. En dan natuurlik ook: Hoe meer jy van seks weet, hoe groter is jou kans om jou seksuele plesier te verbeter. Dit is voordelig vir jouself en vir die gehalte van jou verhouding.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies