Menu terloops

Sex in Afrikaans

Op Showmax [Gepubliseer op 15 Feb 2022]


Die Showmax Original dokumentêre reeks, ‘Sex in Afrikaans’, wys wat werklik agter geslote deure gebeur – en dui ook op die noodsaaklikheid om openlik en sonder vooroordeel daaroor te praat.

Kyk nou, ouderdomsperk 18VNSL

Sex in Afrikaans
Kyk lokprent

Kom ons praat ’n bietjie oor seks. Sommer ’n bietjie-baie. Die gesprekke in Sex in Afrikaans word gelei deur die kliniese sielkundige en seksuoloog Bradley Daniels soos hy allerlei onderwerpe met ’n paneel bestaande uit vier Afrikaanse paartjies en twee enkellopendes takel.

Daar is ook onderhoude met sekswerkers, swingers, dominatrixes, ’n fopdosser, ’n dungeon master (jy sal maar self moet kyk), mense wat soos babas aantrek vir hul seksuele plesier en ander wat vollengte latex-pakke verkies.

Daar wag ook sekspoppe, mummifikasie, en ’n opwip-sekswinkel in Parys (die een in die Vrystaat, mense). Naakte waarhede uit die monde van mense soos Loslyf-stigter, Joe Theron, en Luvland-eienaar, Patrick Meyer, word ook gedeel. Basically – as dit enigsens iets met seks te doen het, gaan jy dit in dié dokkie sien.

Die TV-aanbieder en -vervaardiger Rian van Heerden, bekend vir onder meer Wie Word ’n Miljoenêr?, is die reeks se skepper en verteller.

Vanaf 14 Februarie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies