Menu terloops
In Lekker mense [7 Des 2021]

Rian van Heerden in die aanbiederstoel: van ‘Wie Word ’n Miljoenêr?’ tot ‘Sex in Afrikaans’


Rian van Heerden gesels oor sy nuwe reekse ‘Wat is Waarheid’ en ‘Wie Word ’n Miljoener?’ en verklap ook ’n paar dinge oor ‘Sex in Afrikaans’ wat volgende jaar op Showmax is.

Deur Watkykjy

Kyk nou

Rian van Heerden in die aanbiederstoel: van ‘Wie Word ’n Miljoenêr?’ tot ‘Sex in Afrikaans’
Kyk lokprent

Rian Van Heerden het planne vir politiek gehad en was ’n regstudent op Tukkies toe hy op ’n advertensie-plakkaat vir radio-aanbieders by die destydse Radio Tuks afgekom het.  Hy het met sy aktetas by die onderhoud ingestap, gesê dat hy op die lug wou wees, en só sy roeping in die lewe ontdek. Later het hy as die bestuurder van TuksFM gewerk, en mettertyd na die radiostasie 702 geskuif, (tot sy mond hom in die moeilikheid laat beland het) waarna hy vort is na die Rosestad en oor die loop van sowat vyf jaar by OFM as een van luisteraars se gunsteling-omroepers op die lug was. 

Rian het homself uiteindelik weer in Gauteng gevestig en het onlangs ’n dekade van radiolewe by Jakaranda FM gevier – een van die grootste kommersiële radiostasies in Suid-Afrika. Die tydperk het ook nie altyd sonder voorval verloop nie. Hy is aan die begin van die jaar vir ’n paar dae van die lug afgehaal omdat hy ’n luisteraar met effe kru taal gepeper het. (In all fairness was die betrokke luisteraar ’n bietjie van ’n homophobe, sowel as – na my mening –presies dít wat Rian hom genoem het…)

Ek sal so ver gaan as om te sê dat hierdie (Sex in Afrikaans) die mees kontroversiële reeks gaan wees wat al ooit op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is!

Rian van Heerden

In September vanjaar, kort voor die plaaslike verkiesing, het Rian bykans ongesiens op Twitter aangekondig dat hy die politiek wil betree: “I will be running for the national elections in South Africa in 2024. That is all.” 

Hy is iemand wat die Suid-Afrikaanse tonge kan laat klap en met sy uitgebreide ervaring in die radiowese het hy algaande ook ’n paadjie na TV-land oopgekap met programme soos Voorblad, Office Idols, Bolhuis en vele meer. 

Rian was nog nooit iemand om weg te skram vir omstredenheid nie – en as ’n mens na die omvang van sy loopbaan kyk, is die invloed van sy straight shooter-persoonlikheid op sy sukses onmiskenbaar. Dis immers daai einste aanslag wat maak dat hy ’n program soos min ander plaaslike aanbieders kan lei.

Hier antwoord hy ’n paar vrae oor twee van sy nuwe TV-reekse – Wie Word ’n Miljoenêr en Wat is Waarheid? – wat jy op Showmax en DStv kan kyk. 

’n Mens sou dink dat almal in Suid-Afrika sou weet van “Hugo, bel die polisie!” of wie die ooms in die Castol-advertensies is, maar dit wys jou net dat jy ook social media savvy moet wees en dat ’n goeie algmene kennis en wydbelesenheid alleen nie noodwendig vir jou ’n miljoen rand in die sak gaan bring nie. Wat, in jou mening, het iemand dus nodig om met die jackpot in Wie Word ’n Miljoenêr? weg te stap?

Dit gaan oor gut feel – of dit waarna ons in Afrikaans na verwys as intuïsie. Die kennis is gewoonlik daar sowel as die antwoord. Maar as die twyfel kom, ontspoor die trein gewoonlik!

Ek weet jy sit daar oorkant die deelnemers en speel self saam in jou kop, omdat jyself ook die antwoorde vir die eerste keer sien wanneer jy dit vra. Wat is die verste wat jy gevorder het? Hoeveel geld het sou jy wen en waarop sou jy dit spandeer?

Ek het ’n hele episode live op my radioprogram (op Jakaranda FM) gespeel en darem tot by vraag 12 gekom! 

Ek sou die geld bes moontlik gebruik vir iets sinvols – dit kom met die ouderdom!

(Vir die kykers by die huis – met vraag 12 sou Rian met R125 000 weggestap het. Sou hy dan op sy pad na die miljoenrandvraag, vraag 15, verkeerd antwoord, sou hy met R40 000 wegstap met die laaste moontlike veilige vangnet wat vraag 10 bied).

Jy het nogal ’n voorliefde vir aktualiteitsprogramme, veral buite die verwagte Afrikaanse norme. Wat het jou geinspireer om hierdie rigting in te slaan?

Dit was eintlik maar altyd ’n ding binne my. Mense wat op die rand van die gemeenskap is. Unieke stories het my nog altyd gefassineer! So ons reekse fokus gewoonlik hierop.

Kom ons praat bietjie oor Wat Is Waarheid – hoe op aarde kom jy op die conspiracy theorists af?

Daai was ’n soektog! Maar na maande se navorsing en met ’n paar taai navorsers wat op die projek gewerk het, het ons hulle in die hande gekry!

Nog steeds by Wat Is Waarheid  – dink jy die Afrikaanse gemeenskap is meer vatbaar vir fopnuus?

Ek dink nie Afrikaanse mense is meer vatbaar as ander gemeenskappe nie. Die persentasie voorvalle is maar dieselfde in elke land.

Ons kan uitsien na nog ’n reeks van Ons Koop ’n Kar volgende jaar, maar jy het ook ’n splinternuwe reeks, Sex in Afrikaans, op pad. Hoe groot is die lepel waarmee jy hierdie keer die pot roer en wat kan kykers verwag?

Sex in Afrikaans is enetjie vir die boeke. Ek sal so ver gaan as om te sê dat hierdie die mees kontroversiële reeks gaan wees wat al ooit op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is! Jy sal presies sien wat ek daarmee bedoel…

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies