Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Des 2021]

Wat om te kyk op Showmax in Desember ’21


Van onder die lakens in New York in ‘Gossip Girl’, tot onder die lakens in die Kaapse Wynlande in ‘Troukoors’. Hier is van die hoogtepunte op Showmax se kyk-kalender vir Desember 2021.

Wat om te kyk op Showmax in Desember ’21

Die oorspronklike Gossip Girl het in 2007 as ’n (toe) effens riskante reeks sy debuut gemaak en oor die loop van ses seisoene 18 Teen Choice-toekennings ingepalm.

Maar deesdae lyk die vurige tonele met akteurs soos Blake Lively as die sosiale vlinder Serena en Penn Badgley as die anderkant-van-die-treinspoor-karakter Dan maar bra flou.

Die reeks, gegrond op die topverkoper-boeke deur Cecily von Ziegesar, het wel ’n merkwaardige impak op popkultuur gehad. Die reeks het vinnig afgewyk van die boeke om met skerp satire, sosiale kommentaar te lewer wat só in die kol was, dat die vervaardigers later as baanbrekend beskryf is. Ook deur Kristen Bell, die stem van die alomteenwoordige, dog geheimsinnige Gossip Girl wat as bitsige narrator die episodes gelei het. In Vanity Fair het Bell opgemerk dat die skeppers Josh Schwartz en Stephanie Savage eintlik profeties was in hoe hulle die impak van sosiale media uitgebeeld het: “Wat as die internet net ’n plek is waar mense veroordeel word? Wat as dít is waarin dit ontaard? En hulle het uitgedraai om Nostradamus te wees.”

Dié weergawe van Gossip Girl is ook deur die toonaangewende tydskrif, New York, as die “Greatest Teen Drama of All Time” bestempel. “Die reeks het die potensiaal laat herleef vir dramas om effektiewe sosiale satire te wees – om die wêreld meer akkuraat uit te beeld as wat ’n werklikheidsreeks ooit kan.”

Met die reboot keer ons terug na die Upper East Side in New York om te sien hoe ’n nuwe generasie van té ryk tieners die goed en die sleg van hedendaagse sosiale media en -blootstelling hanteer. Dit tel op nege jaar nadat die oorspronklike Gossip Girl die skindertuig neergelê het (en ja, ons het uiteindelik uitgevind wie dit was). Die herlewing het rekordkykertalle oor sy eerste naweek op die stroomdiens HBOMax in Julie 2021 gekry. Maar kritici was nie so goedgunstig nie. Dit is wyd as ’n groot flop beskou. 

Tog, kyk maar die eerste paar episodes om óf opnuut die oorspronklike Gossip Girl te waardeer, of om jou nuuskierig genoeg te maak om eerder die voorganger te kyk.

Die lekkerte is dat jy al 121 episodes van die oorspronklike Gossip Girl vanaf 1 Desember tot 31 Maart 2022 op Showmax kan binge

Binge die eerste 10 episodes van die nuwe reeks vanaf 3 Desember op Showmax. Vanaf 10 Desember word nuwe episodes pas ná die Amerikaanse uitsending op Showmax beskikbaar gestel.

Call Me Kat S1

Die enigste rede hoekom Call me Kat op dié “Wat om te kyk”-lys is, is om vir jou te waarsku om nié jou tyd te mors nie. Behalwe as jy wil. Tyd mors, bedoel ek. Andersyds is dit geensins die moeite werd nie en doen nie eens ’n klein bietjie gestand aan die Britse treffer Miranda, waarop die konsep gegrond is nie. So, nee. Nie eens met een oog toe, en in die agtergrond nie. 

Binge vanaf 1 Desember op Showmax (sou jy dit wil waag).

The Road Within

Die BAFTA-benoemde Robert Sheehan vertolk ’n jong man met Tourette se sindroom wat saam met sy OCD-kamermaat (Dev Patel) en anoreksiese vriendin (Zoë Kravitz) van ’n kliniek weghardloop om sy pas oorlede ma se as in die see te strooi. Die akteurs is wyd geloof vir hul sterk en genuanseerde vertolkings in dié road-trip komedie-drama.

Vanaf 16 Desember.

What We Do in the Shadows S3

Die lag-uit-jou-maag-uit-storie, What We Do in the Shadows, is terug vir ’n derde seisoen. Hierdie vampier-mockumentary is gegrond op die 2014-kultusfliek deur Jemaine Clement (Flight Of The Conchords) en Taika Waititi (Jojo Rabbit), en is deksels snaaks.

Seisoen 3 het ’n punt van 100% op Rotten Tomatoes en is ook tans nommer agt op dié resensiewebwerf se lys van die beste TV-reekse van 2021 (sover). Die konsensus onder kritici is dat die derde seisoen se skryfwerk die beste nog is. 

What We Do in the Shadows is ook reeds vir ’n vierde seisoen hernu.

Die New York Times noem die reeks “regtig ha-ha snaaks,” en voeg by: “As jy nou ’n bietjie uitgerafel voel, en iets briljant, effe simpel en ’n ware plesier wil hê om te kyk, is dít net die ding.

Vanaf 1 Desember.

The Personal History of David Copperfield

The Personal History of David Copperfield is ’n anderste tipe verbeeldingsvlug oor Charles Dickens se klassieke ode aan deursettingsvermoë en word deur die humoristiese lens van bekroonde filmmakers, Emmy-wenners en Oscar-benoemdes Armando Iannucci (Veep) en Simon Blackwell (Succession) vertel.

Dev Patel is vir ’n 2021 Golden Globe benoem vir sy vertolking as die ikoniese held op sy eienaardige reis van verarmde weeskind tot ontluikende skrywer in Victoriaanse Engeland. Die veelbekroonde rolprent sluit ook Hugh Laurie (House M.D), Tilda Swinton (Michael Clayton), Peter Capaldi (Doctor Who), en Gwendoline Christie (Game of Thrones) in.

The Personal History of David Copperfield het ’n punt van 92% op Rotten Tomatoes, met die kritici wat eens is dat dit “’n vars, snaakse en uiters bekoorlike spin op Dickens se klassieke verhaal is, wat wys dat sommige stories werklik tydloos is.”

Vanaf 16 Desember.

The Zookeeper’s Wife

Die Oscar-benoemde aktrise Jessica Chastain, BAFTA-benoemde Daniel Brühl en BAFTA-bekroonde akteur Michael McElhatton lewer roerende toneelspel in The Zookeepers’ Wife.

Dit is gegrond op die ware verhaal van Jan en Antonina Żabiński, en hoe dié paartjie honderde Poolse Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog gered het deur hulle in die Warskou-dieretuin weg te steek.

Vanaf 9 Desember.

Troukoors

As jy wil lag, en net met ’n glimlag op jou bakkies sit vir ’n halfuur, dan is hierdie ding vir jou. Dis suiwer pret.

“Die oorkoepelende idee van die reeks is love is love,” sê Ilse-Lee van Niekerk oor Troukoors, Showmax se eerste oorspronklike romkom waarin sy ’n trouebeplanner op soek na haar perfekte pasmaat speel. 

Troukoors is deur die kreatiewe duo Louis Pretorius en Albert Snyman van Infinity Films geskep, met Nina Swart wat die regie behartig. Onder Louis en Albert se gewildste reekse tel Die Boekklub en Fynskrif.

Die voormalige kinderster Blyde Smit (Erfsondes7de Laan) speel Jessica se suster Luca, ’n sagteware-ontwikkelaar wat meer vlot is in die Star Trek-taal, Klingon, as flirt, met Bianca Flanders (Nêrens, Noord-Kaap) as Jessica se biseksuele beste vriendin Abi, ’n professionele bakker. SAFTA-wenner Kevin Smith (Skemerdans) is Abi se pa (en Luca se baas), met Melt Sieberhagen (Proesstraat) as sy kêrel.

Troukoors bied ’n verfrissende blik op nie net liefde, VR-seks en deepfake pornografie nie, maar ook familie. “Wat die hele reeks so mooi maak, is hoe familie op ’n baie onkonvensionele manier voorgestel word,” sê Blyde. “Dit is so ’n eerlike voorstelling van moderne gesinne, insluitend egskeiding en dood en om te ondersoek hoe mense wat nie bloedverwant is nie, familie word.”

Dit beeld ook ‘n verskeidenheid tipes verhoudings uit, wat ’n meer realistiese blik gee op die wêreld wat in nuwe rigtings beweeg, veral in terme van hoe ons oor seks en seksualiteit dink en praat en seks-positiwiteit wat toeneem. 

Troukoors weerspieël baie van die verhoudings wat ek om my sien. Dit wys die real kwessies wat mense binne hul verhoudings ervaar,” sê Bianca.

Kyk Troukoors op Showmax vanaf 13 Desember 2021. Showmax het reeds die reeks vir  ’n tweede seisoen hernu. Dit sal in 2022 bekendgestel word.

Nog hoogtepunte:  

1 Desember 

  • A Choice of Weapons: Inspired by Gordon Parks 
  • The Crime Of The Century
  • Little Birds S1
  • New Amsterdam S3
  • Zoey’s Extraordinary Playlist S2
  • The Last Cruise
  • Scenes from a Marriage

6 Desember

  • Man on a Ledge
  • No Man’s Land
  • Adrienne

13 Desember

  • Cats & Dogs 3: Paws Unite!
  • Honest Thief
  • Die Byl S3

16 Desember

  • The Man Who Knew Infinity

20 Desember

  • Kin
  • Sherlock Gnomes
  • Wrath of Man

23 Desember

  • Only the Brave
  • The Pink Panther
  • The Pink Panther 2
  • Won’t Back Down
  • Tomb Raider

27 Desember  

  • Girls Night Out
  • Adrift

29 Desember 

  • Insecure S5

30 Desember

  • Life Happens
  • Madame
  • Vanquish

31 Desember

  • Love, Lies & Hybrids 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies