Menu terloops
In Onderhoude [29 Nov 2021]

Wat om te kyk: Daar’s ’n plekkie vir almal in die wêreld van ‘Alles Malan’


Greteli Fincham en Nicole Fortuin, wat van 30 November af weer in ‘Alles Malan’ te sien is, het met Riëtte van der Wat gesels oor die betekenis van familie en hoe hulle karakters die afgelope paar jaar verander het.

Deur Riëtte van der Wat
Wat om te kyk: Daar’s ’n plekkie vir almal in die wêreld van ‘Alles Malan’
Kyk lokprent

Greteli Fincham

Wat beteken “familie” vir jou?
Familie is vir my al die mense wat ek binne in my hart koester. Die mense wat my gelukkig maak, die mense saam wie ek kan lag en huil! Van regte familie tot vriende en werkskollegas. 

Het jy ’n gunsteling-herinnering aan jou gesin?
Ek dink een van my gunsteling-herinneringe saam met my gesin is toe ek na sewe jaar van bid uiteindelik my klein babasussie gekry het. Om haar te kon help grootmaak, is steeds een van die grootste voorregte nog! 

Elani is so sterk, dapper karakter, veral omdat sy so jonk is en ’n ma. Wat het jy by haar geleer en dalk besef oor jong ma’s?
Ek haal my hoed af vir enige ma! Ek het vir so rukkie kans gehad om ’n mamma teenoor klein Sebastian (Junior) te speel.

Op stel moes ek regtig die mamma-rol oorneem. Daar is doeke geruil, middagslapies gemaak, hier en daar tantrums gegooi, maar alles was so die moeite werd. Ek het so lief geraak vir die klein woelerige bondeltjie.

Ek dink alle mammas in hierdie wêreld is ongelooflik. So baie word onbewustelik vir jou kind opgeoffer en ek bewonder elke vrou wat ’n mamma-rol speel. 

Hoe het Elani gegroei of verander sedert kykers haar drie jaar gelede gesien het?
Elani is aan die swot by die Universiteit Stellenbosch. Sy het die rol van ’n jong mamma al onder die knie en sy maak ʼn klomp groot besluite. Sy groei in soveel rigtings. Sy word jaar vir jaar net sterker en sterker. 

As jy die ma van ’n jong kind was, watter waardes dink jy sou jy hom wou leer?
Ha-ha… ek dink dit sal maar altyd die vrugte van die gees wees! As jy met daai gesindheid en uitkyk deur die lewe gaan, gaan jou waardes outomaties goeie vrugte dra.

Waarom dink jy het die Malans so diep in kykers se harte gekruip destyds?
Ek dink dis omdat daar ’n plekkie vir almal is om aanklank te vind. Dis so mooi storie, met soveel mooi karakters. Dis onmoontlik om nie lief te raak vir hierdie karakters nie.

Nicole Fortuin

Nicola Fortuin vertolk die rol van Lee-ann in Alles Malan. Foto: Craig Falck

Wat beteken “familie” vir jou?
’n Familie is ’n groep mense wat saam deur die wêreld gaan. Mense het soveel verskillende idees van familie omdat daar soveel verskillende soorte gesinne is. Sommige gesinne sluit enkelouer-, aanneem- of LGBT-gesinne in; kinders wat by grootouers woon; kinders wat by groot uitgebreide gesinne woon, insluitend grootouers, tantes, ooms en neefs; en kinders wat tyd tussen verskillende familielede verdeel.

My vriende is ook my chosen familie.

Hoe het Lee-ann verander of gegroei sedert kykers haar drie jaar gelede gesien het?
Op soveel maniere! Ons ontmoet Nico en Lee-ann in seisoen 2 en vind dat hulle nie net getroud is nie, maar ook ’n baba verwag. Ons sien hoe sy deur die seisoen soveel groei en ons leer ken ander kante van haar wat ons regtig nie in die eerste seisoen gesien het nie.

Sy het reeds as ’n vrou gegroei en nou sien ons wat gebeur wanneer sy op die grootste maniere deur die lewe uitgedaag word… maar sy is nou ’n Malan, so ek dink sy sal ‘n plan maak. 

Het jou perspektief oor geboorte en ouerskap dalk verander terwyl jy aan dié seisoen van ‘Alles Malan’ gewerk het?
Ek het nog altyd respek vir ouers en ma’s gehad. Wat vir my die belangrikste ding was terwyl ons geskiet het, was om ma’s so goed as moontlik te verteenwoordig. Ek wou die druk wys wat nuwe moderne mammas ondervind en hoe hulle werklik kan baat by meer ondersteuning en begrip.

Watter belangrike dinge dink jy behoort moderne ouers vir hulle kinders oor die lewe te leer?
Ek het regtig besef ​​watter eer en verantwoordelikheid dit is om lewe in die wêreld te bring.

Ek sal nie daarvan droom om ouers te vertel wat om hul kinders te leer nie, veral omdat ek geen werklike ervaring het nie!  Wat ek my verbeel ek my kinders sou leer (as ek hulle eendag het) is die waarde van harde werk, selfrespek en opregte, liefdevolle mense.

Ek sal ook spesiale aandag daaraan gee om hulle gesonde internet-gewoontes te leer en hoe om sosiale media te navigeer.

Kyk Alles Malan se tweede seisoen op kykNET vanaf 30 November. Die eerste seisoen is op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies