Menu terloops

Alles Malan S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 21 Sep 2021]


Alles Malan is ’n familiedrama wat in die Paarl buite Kaapstad afspeel.

Kyk nou

Alles Malan S1-2
Kyk lokprent

Alles Malan, vervaardig deur Red Letter Day Pictures, begin as ’n tipiese coming-home verhaal as Frik, sy vrou, Tessa, hul tienerdogter en aangenome seun uit Engeland na tuisbodem in die Paarl terugkeer. Dis nie ’n…sal ons sê…maklike aanpassing vir enigiemand nie.

Frik moet die gesin se vervoeronderneming, waar sy jonger broer, Nico, ook werk, by sy pa oorneem. Nico droom steeds van ’n rugbyloopbaan (heel onrealisties, ongelukkig) en gaan al jare met die plaaslike hoërskool se drama-onderwyser, Lee-Anne uit, maar van ’n ring is daar nie sprake nie. Lee-Anne is ’n liefdevolle mens-mens, maar sukkel om haar eie stem te vind en is geneig om ander se behoeftes bo haar eie te stel. Tessa is ’n prokureur, maar haar toekomsplanne is onseker ná die trek. Dit terwyl Tessa en Frik se dogter Elani ’n geheim wegsteek en hul seun, Freek, sukkel om sy plek in die wêreld te vind.

Alles Malan is geskoei op die realiteite van die alledaags: elke gesin het hul geheime, kry swaar en kan lekker baklei, maar dis deel van wat die lewe die moeite werd maak.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies