Menu terloops

Alles Malan S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 21 Sep 2021]


Alles Malan is ’n familiedrama wat in die Paarl buite Kaapstad afspeel.

Kyk nou

Alles Malan S1-2
Kyk lokprent

Alles Malan, vervaardig deur Red Letter Day Pictures, begin as ’n tipiese coming-home verhaal as Frik, sy vrou, Tessa, hul tienerdogter en aangenome seun uit Engeland na tuisbodem in die Paarl terugkeer. Dis nie ’n…sal ons sê…maklike aanpassing vir enigiemand nie.

Frik moet die gesin se vervoeronderneming, waar sy jonger broer, Nico, ook werk, by sy pa oorneem. Nico droom steeds van ’n rugbyloopbaan (heel onrealisties, ongelukkig) en gaan al jare met die plaaslike hoërskool se drama-onderwyser, Lee-Anne uit, maar van ’n ring is daar nie sprake nie. Lee-Anne is ’n liefdevolle mens-mens, maar sukkel om haar eie stem te vind en is geneig om ander se behoeftes bo haar eie te stel. Tessa is ’n prokureur, maar haar toekomsplanne is onseker ná die trek. Dit terwyl Tessa en Frik se dogter Elani ’n geheim wegsteek en hul seun, Freek, sukkel om sy plek in die wêreld te vind.

Alles Malan is geskoei op die realiteite van die alledaags: elke gesin het hul geheime, kry swaar en kan lekker baklei, maar dis deel van wat die lewe die moeite werd maak.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies