Menu terloops
In Onderhoude [29 Nov 2021]

‘Alles Malan’ S2: Nadia Valvekens en Ivan Zimmerman oor familie, verandering en waardes


Die Malans is van Dinsdag 30 November terug op kykNET. Nadia Valvekens wat Tessa speel en Ivan Zimmerman, wat die rol van haar man Frik vertolk, het met Riëtte van der Wat gesels.

Deur Riëtte van der Wat
‘Alles Malan’ S2: Nadia Valvekens en Ivan Zimmerman oor familie, verandering en waardes
Kyk lokprent

Nadia Valvekens

Wat beteken “familie” vir jou?
Familie beteken vir my liefde, ondersteuning, ʼn groep mense wat jou tribe is; ʼn groep mense wat jou liefhet en vat en aanvaar net soos jy is. ʼn Plek waarheen jy gaan as daar moeilike tye is; ʼn plek waar jy kan lag. Dis jou mense. Dit is wat die lewe laat sin maak.

Familie is daai warmgeit, lekker eet en lekker lag en die mense wat jou altyd herinner om jou voete op die aarde te hou.

Hoe het Tessa verander of gegroei sedert kykers haar drie jaar gelede gesien het?
Ek dink Tessa het gegroei as ma en dat sy definitief meer betrokke is in haar kinders se lewe en baie bewus is van wat in haar familie aangaan. Maar as gevolg van uitdagings in die tweede seisoen, is Tessa maar ’n probleemoplosser.

Sy is ’n dinamiese vrou wat gefokus is op haar loopbaan en haar beroep en ek dink daarom as hulle gekonfronteer word met uitdagings as familie, is sy die een wat die oplossings gaan soek het en op ’n manier weer verval het op ʼn gemaklike plek, waar loopbaan weer ʼn prioriteit begin raak.

Sy geniet dit baie, maar as jy so gewoond was daaraan om ʼn suksesvolle loopbaan te bou soos Tessa, is dit maklik om weer daarop terug te val en jouself te verloor in wat bekend is.

Dink jy daar bestaan regtig iets soos ‘balans’ vir ‘n werkende ma soos Tessa?
Ek glo dit bestaan, ek dink mense wat in die beroepe is as prokureur, ek het byvoorbeeld ’n goeie vriendin, sekere maatskappye verwag baie van jou tyd. Ek glo balans is belangrik in die lewe, maar ek dink dit verg ook baie werk – ʼn mens moet eintlik besluit hoeveel energie jy aan sekere goed gaan bestee en waar jou prioriteite lê.

Ek het met tyd besef die lewe is kort. Om ʼn loopbaan te hê is great en ek love om stories te vertel, dis my eerste passie. Maar werk kom en gaan en jou familie en vriende is die goed wat bly.

Ek dink Covid het ons gedwing om te dink aan wat regtig belangrik is in die lewe en om meer gebalanseerd te probeer wees. Of dit altyd moontlik is, weet ek nie, maar ek weet ook dit verg so bietjie werk om balans tussen jou persoonlike lewe en werk te handhaaf.

Vertel asseblief hoe dit was om weer saam met Corné en René van Rooyen te werk aan Alles Malan?
Om saam meet Corné en René te werk is net ʼn plesier. Hulle is great as dit kom by tekste, hulle het so goeie begrip van storievertel en vir my as aktrise, geniet ek dit vreeslik om met hulle te werk, want hulle vertrou hulle akteurs en laat ons toe om ons idees na die tafel te bring, hulle is kreatief, ten spyte daarvan dat ons onder baie druk gewerk het, is hulle altyd oop vir jou uitkyk op iets of hoe jy die teks

Ivan Zimmerman

Hoe het Frik verander of gegroei sedert kykers hom drie jaar gelede gesien het?
Dit is juis in die tweede reeks wat Frik gekonfronteer word met uitdagings wat dan ook groei in hom ontketen.

Frik se besigheid sukkel, terwyl Tessa baie suksesvol is. Waarom dink jy plaas hierdie tipe dinamika steeds druk op verhoudings in 2021?
Ek dink dis die manlike ego wat die druk veroorsaak. Mans is immers die voorsieners en ek twyfel of dit ooit sal verander.

Wat beteken “familie” vir jou?
ʼn Veilige hawe.

Is daar ʼn herinnering uit jou kinderdae (wat met jou gesin te doen het), wat jou altyd sal bybly?
Karavaan-vakansies.

Watter tipe waardes dink jy behoort moderne ouers vandag vir hulle kinders te leer? 
Respek en maniere.

Vertel asseblief van jou ervaring om weer saam met Corné en René van Rooyen aan Alles Malan te werk?
Dit was ʼn absolute voorreg om weer saam met beide te kon werk en saam met die hele span.

Kyk Alles Malan se tweede seisoen op kykNET vanaf 30 November. Die eerste seisoen is op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Oktober 2024

Wat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
Sien alle opsies