Menu terloops
In Lekker mense [16 Feb 2022]

Wie’s wie in ‘Sex in Afrikaans’


Ontmoet van die karakters in Showmax se opspraakwekkende dokumentêre reeks, ‘Sex in Afrikaans’.

Kyk nou, ouderdomsperk 18SNVL

Wie’s wie in ‘Sex in Afrikaans’
Kyk lokprent

Sex in Afrikaans gee ’n vreeslose blik op seks en seksualiteit in die Afrikaanse gemeenskap met openhartige gesprekke oor goed wat vir té lank as taboe afgemaak is. 

Sonder die deelname van kenners, mense wat werk in die seksbedryf, asook paartjies en enkellopendes wat hul ervarings prontuit, en sonder skaamte deel, sou die reeks egter nie moontlik gewees het nie. Dis juis dié karakters wat die reeks so meesleurend en opspraakwekkend maak.

Hier is ’n paar van dié dokumentêre reeks se merkwaardigste karakters. 

Aanbieder

Die kliniese sielkundige Bradley Daniels het ’n ryk tapisserie van ervaring in sielkunde, persoonlike afrigting, menslike hulpbronne, bemarking en media. Hy het aan New York University studeer en vertel hy wag nog vir die dag wat hy kan sê: “Ek het dít nog nooit gehoor nie!”

Die paartjies

Erika (36) en Kobus (41)

Erika en Kobus is sedert 2002 saam en is reeds 15 jaar getroud. Hulle het twee kinders. Hulle het twee tot drie keer per week seks en is baie avontuurlustig. Kobus sal nog graag seks op ’n strand wil hê, terwyl Erica in Sutherland wil gaan speel.

Brady (35) en Tracy-Lynn (35)

Brady en Tracy-Lynn is al drie-en-’n-half jaar saam en vir drie daarvan getroud. Albei is dominee-kinders. Hulle is baie oop oor hul sekslewe. Tracy is die meer ervare maat en was al deel van ’n orgie. Brady het ’n verpleegster-fantasie en sal graag ’n ménage à trois wil probeer.

Justin (40) en Neil (41)

Justin en Neil ken mekaar al meer as 22 jaar, maar hul verhouding is nog jonk – hulle is vir minder as ’n jaar saam. Neil het as ’n Mormoon grootgeword en was tien jaar met ’n vrou getroud. In 2016 het hy van sy vrou geskei om aan sy ware self getrou te wees. Justin het al alles probeer as dit by seks kom, terwyl Neil nou sy eie fantasieë begin verken.

Carl (29) en Reina (31)

Kliek deur na YouTube om hul profielvideo te kyk.

Carl en Reina het op Tinder ontmoet en gaan al ’n paar maande uit. Carl was nog nooit getroud nie, maar was al in verskeie verhoudings. Reina was voorheen vir ’n dekade lank getroud, maar daar was min aksie in die slaapkamer. Sy is nou gereed om allerande nuwe dinge te probeer, en sy en Carl is oop met mekaar oor hul fantasieë. Hulle is ook nie bang om hul ervarings met die res van die paneel (en die kykers) te deel nie. 

Enkellopendes

Paul (60)

Paul is vyf jaar gelede ná ’n huwelik van 30 jaar geskei. Ten tyde van verfilming het Paul die enkellopende lewe geniet, hoewel hy op soek was na iets meer ernstig. Hy het twee kinders gehad. Paul is ongelukkig intussen oorlede.

Rea le Roux (36)

Rea is iewers op die spektrum tussen konserwatief en liberaal as dit by seks kom. Sy is nie lus vir seksspeelgoed, swing of one night stands nie, maar sal dan en wan ’n sexy foto van haarself stuur. Sy sal ook nie nee sê vir ’n voetmassering nie. 

Episode 1: Sekswerkers

Amanda (30) – sekswerker

Amanda woon in Welkom en is reeds 11 jaar in die seksbedryf. Sy het as danser by Playgirls in Bloemfontein begin toe sy ná voltooiing van haar studies nie werk kon kry nie. Sy sien ses tot sewe kliënte per dag, waarvan 90% Afrikaans is.

Episode 2: Seksspeelgoed

Yolindie Botha (35) – eienaar van Lollipop Lingerie

Yolindie is die eienaar van Lollipop Lingerie en is al tien jaar in die seksspeelgoedbedryf. In dié episode besoek Bradley vir Yolindie in Parys in die Vrystaat as sy soontoe reis om ’n pop-up shop daar oop te maak. Sy sê 65% van haar klante is Afrikaans en die meeste van haar bestellings kom uit klein plattelandse dorpies. Yolindie is getroud met vyf kinders.

Arthur Calamaras (62) – eienaar, Adult World

Arthur Calamaras Sex in Afrikaans on Showmax
Arthur Calamaras Foto: Verskaf

Arthur is ’n legende in die seksbedryf in Suid-Afrika. Hy woon al 21 jaar in Suid-Afrika en besit 48 Adult World-winkels. Hy glo “Afrikaanse mense en die volwasse seksbedryf gaan hand aan hand.”

Episode 3: Pornografie

Lacy Lexi (31) en Straight Shot Rod (42) – internetpornosterre

Rod en Lexi het ontmoet by ’n klub waar Lexi ’n danser was. Hulle is sedert 2018 getroud en vervaardig pornografie-videos as beroep. Buiten dat hulle die “hoofrolle” vertolk, behartig hulle ook al die bemarking, beligting, kamerawerk en redigering self, en vind graag prettige plekke om hulself te verfilm – soos die Voortrekkermonument.

Scarlet Moon – internet- en WhatsApp-porno-ster

Sex in Afrikaans, a new Showmax Original debuting on 14 February 2022.
Scarlet Moon Foto: Verskaf

Van sexy voice notes aan kliënte, tot die deel van foto’s en video’s – Scarlet Moon se werk is om sexy te wees. Haar droom is om mense – veral vroue – te leer hoe om hul seksualiteit te te vier.

Episode 4: Swinging

Chippy en Chantelle – swingers

Die voormalige sanger en manlike ontkleedanser Chippy het met vier vroue gelyktydig uitgegaan voordat hy (soort van) uitsluitlik met Chantelle begin uitgaan het. Hulle swing amper elke naweek. Chippy is ’n lyfwag en het al as deel van sekuriteitspanne vir mense soos Oprah Winfrey, Will Smith en Nelson Mandela gewerk.

Episode 5: BDSM

Francois (47) – dungeon master

Francois verduidelik dat die dungeon master se rol is om seker te maak dat BDSM-spel veilig, gesond en konsensueel is. Hy is al 17 jaar in die leefstyl, maar het reeds sedert die ouderdom van 17 daaroor gefantaseer. Hy bied ’n wye reeks dienste aan, insluitend huisbesoeke waar hy BDSM onderrig. Hy skat die helfte van sy kliënte is Afrikaans. Hy is ook Afrikaans. 

Episode 6: Fetishes

Juffrou Cleo (50) – eienaar van Fetish Haven

Juffrou Cleo besit Fetish Haven, ’n kink venue in Johannesburg. Sy is al 27 jaar in die bedryf, en haar spesialiteit is pegging (seks met ’n strap-on). Sy meen die leefstyl groei en word al meer in Suid-Afrika gerespekteer. Ongeveer die helfte van haar kliënte is Afrikaans.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk op DStv in Mei 2022

Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die treffende 'Hightown' keer terug met ’n tweede seisoen terwyl die topverkoperboek 'The Time Traveler's Wife' uiteindelik in ’n TV-reeks omskep is.

Meer

Wat om te kyk op Netflix in Mei 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Dié stroomdiens se eerste oorspronklike Nigeriese fiksiereeks, 'Blood Sisters', ’n nuwe Suid-Afrikaanse rillerreeks, 'Savage Beauty', en ’n fiktiewe vertelling van die man wat die term Stockholm-sindroom geïnspireer het.

Meer

Wat om te kyk op Showmax in Mei 2022

Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: 'Troukoors' loop weer hoog, 'The North Water' maak sy debuut, en die skreeusnaakse 'The Righteous Gemstones' keer terug.

Meer

‘Anatomy of a Scandal’: Dié kragtoer se houvas kan jy nie sommer afskud

'Anatomy of a Scandal' se ystergreep laat ses episodes na veels te min voel.

Meer
Sien alle opsies