Menu terloops
In Onderhoude [14 Feb 2022]

‘Sex in Afrikaans’: Die missionary-posisie vir 15 minute ná ‘Noot vir Noot’ hoef nie jou seks-voorland te wees nie


Die skepper en vervaardiger van ‘Sex in Afrikaans’, Rian van Heerden, vertel meer oor dié Showmax dokumentêre reeks wat oor die loop van ses episodes seks en seksualiteit in Afrikaanse gemeenskappe sonder handskoene aanvat.

Deur Watkykjy

Kyk nou, ouderdomsperk 18SNVL

‘Sex in Afrikaans’: Die missionary-posisie vir 15 minute ná ‘Noot vir Noot’ hoef nie jou seks-voorland te wees nie
Kyk lokprent

Watkykjy het met Rian van Heerden, ook bekend vir sy TV-werk op Karakter, Wat is Waarheid?, en Wie Word ’n Miljoenêr? oor Sex in Afrikaans, nou op Showmax, gesels.

Jy’s reeds ’n besige man, Rian, as onder meer aanbieder van Wie Word ‘n Miljoenêr? en The Scenic Drive op Jacaranda FM. Waarom wou jy Sex in Afrikaans maak? 

Ek was geskok toe ek besef dat ons nog nooit iets soos hierdie op Suid-Afrikaanse televisie gesien het nie, iets wat fokus op seks en wat nie doekies omdraai nie, wat ’n ding sê soos hy is. Waarom is dit so?

Daar was jare gelede Sex Etc (ook op Showmax), aangebied deur Mark Pilgrim, maar mense het die onderwerp met handskoene hanteer, en dit was Engels.

Sowat twee jaar gelede het ek die idee gehad om die sekslewens van Afrikaanse mense te ondersoek. Dis ’n ongekarteerde gebied. Waarom het ons nog nooit in Afrikaans oor hierdie dinge gepraat nie. Ek dink dis ’n reuse probleem.

Ek kyk na my eie lewe en hoe konserwatief ek grootgeword het, en ek voel ontneem van soveel plesier omdat hierdie onderwerpe as vuil beskou is, en ons is nie toegelaat om daaroor te praat nie. Ek het al self ervaar wat ’n konserwatiewe benadering tot seks aan verhoudings kan doen.

Ons wil mense anders laat voel en dink met die televisieprogramme wat ons vervaardig, en ek het gedink hierdie is net wat ons nodig het wanneer dit by die onderwerp van seks kom.

Ek het nie gedink daar sal ooit opdrag gegee word om Sex in Afrikaans te maak nie, maar op ’n dag net gedink, “Wat de hel; kom ons stel dit voor. Wat het ons om te verloor? Mense kan net hierby baat.”

En hier is ons nou.

Hoe moelik was dit om mense te vind wat openlik oor seks sal praat in Suid-Afrika? 

Dit was nogal ’n proses. Soos jy jou kan indink, is die oorgrootte meerderheid mense huiwerig om oor seks te praat. Nou verbeel jou jy moet dit op TV doen. En omdat mense met alternatiewe seksuele behoeftes so erg veroordeel word in Afrikaanse gemeenskappe,verbeel jou hoe moeilik dit is om Afrikaanse mense te vind wat openlik oor seks wou praat.

Ek dink elke mens wat deelgeneem het, is ’n pionier, en boonop baie braaf.

Wat was die moeilikste onderwerp om te bespreek? 

Ons het ’n hele episode oor swingers, wat ’n groot Afrikaanse ding is. Swinging is ’n groot, groot ding, veral in die estates. Ek het al met dosyne en dosyne paartjies gepraat wat swing, en tog was dit werklik moeilik om mense te vind vir daardie episode, mense wat daaroor sal praat op TV.

Wat het jou verras tydens die reeks se vervaardiging? Het jy iets geleer? 

Ek het geweldig baie geleer. Eerlikwaar, ná al daardie seisoene van Voorblad en Skuur jare gelede het ek gedink ek het als gesien, maar duidelik nie. Ná al my jare in die bedryf het ek geleer dat ek nogsteeds onkant gevang kan word.

Ek onthou spesifiek die onderhoud met “Amanda” in die eerste episode. Sy is ’n sekswerker wat bereid was om haar gesig te wys en vir ons te vertel presies waarvoor die ooms vra as hulle haar besoek. Die besonderhede het my bek laat oophang.

Ons het ook ’n episode oor BDSM gedoen, dit het soveel meer aspekte as wat mense dink. Ons het selfs na die uithoeke van BDSM gegaan, soos fisting.  

En dan is daar die latex-fetisj, waar mense menslike poppe word. En mense wat soos babas aantrek. Ek kan aangaan…

Maar waarom was ek geskok? Waarom het ek nooit voorheen van hierdie dinge gehoor nie?

Wanneer ’n mens met hierdie mense gesels is hulle 100% normale mense wat hulle kicks net uit ander dinge kry as, byvoorbeeld, ek en jy. En wat daarvan?

Ná alles wat jy in Sex in Afrikaans gesien het, dink jy mense is verveeld met ‘normale’ seks? 

Ek dink as jy uit ’n agtergrond kom waar seks net aanvaarbaar is wanneer dit vir 15 minute in die missionary-posisie gedoen word, net ná Noot vir Noot op ’n Saterdagaand, dan ly jy beslis aan verveling.

Kyk na van die redes waarom mense mekaar verneuk. Dis dikwels baie eenvoudig: Ek het sekere behoeftes en sekere dinge wat ek wil doen. Sekere goed verskaf vir my plesier, maar ek kan nie vir jou sê nie, want ek weet nie hoe jy gaan reageer nie. Ek kan nie my seksuele behoeftes met jou bespreek nie.  

Is daar oomblikke wat vir jou uitstaan as die meeste pret tydens die produksie van die reeks?

Ons het vreeslik baie pret gehad. Daar is te veel oomblikke om te noem, maar ek moet erken, om ’n swaaibraai by te woon was werklik ‘n ervaring!

Sex in Afrikaans word reeds  “die mees omstrede reeks wat Suid-Afrika nog gesien het” genoem – voordat mense dit nog gekyk het. Dink jy daar steek waarheid in?

Ek dink beslis dit is die mees omstrede reeks wat nog in Suid-Afrika vervaardig is. Sex in Afrikaans is een vir die boeke.

Maar dit was hoogtyd. So, ja, ek is seker daar sal mense wees wat terugkap, en mense wat geaffronteerd is, maar ek is ook doodseker dat daar heelwat méér mense gaan wees wat sal baat vind by die reeks.

Wat is dit wat jy hoop die kykers sal bybly as hulle Sex in Afrikaans kyk?

Dit is belangrik dat Suid-Afrikaners verstaan dat hulle nie alleen is in hulle seksuele behoeftes en begeertes nie. Daar is ander mense soos jy! En dis okay.

Soos my ouma altyd gesê het: “Solank dit wettig is en nie die perde bangmaak nie.”

So geniet jouself; jy is nie alleen in dit waarvan jy hou nie.

Is daar ’n tema wat julle nie gedek het nie, maar eintlik wou? 

Die wêreld van nudisme. Dit het eksponensieël gegroei die afgelope paar jaar. Miskien as daar ’n tweede seisoen is…

Laaste vraag, kan jy vir my ’n alternatiewe Afrikaanse sinoniem vir “naai” gee? 

My gunsteling sinoniem vir “naai” is “saag”. Dis ’n classic.  

NS: Sex in Afrikaans het ‘n 18SNVL ouderdomsbeperking, en kykers word gevra om hulle goeie oordeel te gebruik. Showmax-intekenare met kinders word aangemoedig om die ouer-beheer-funksies te gebruik, en ’n kinderprofiel te skep. Dit sal verseker dat jonger kykers slegs toegang het tot reekse en flieks wat geskik is vir hulle ouderdomsgroep. Vir ekstra sekuriteit, aktiveer Parental Control en stel ’n PIN om toegang tot ouderdomsbeperkte inhoud te beperk.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies