Menu terloops
In Lysie-lysie [18 Feb 2022]

Die beste reekse wat in 2022 op Showmax-kykers wag


‘Game of Thrones’ se voorverhaal, ‘House of the Dragon’, en nuwe seisoene van die bekroonde drama ‘Euphoria’ en die plaaslike realiteitsreeks ‘The Real Housewives of Durban’, is net van die reekse waarna Showmax-kykers vanjaar kan uitsien.

Die beste reekse wat in 2022 op Showmax-kykers wag

Die lys sal deurentyd bygewerk word soos nuwe programme bevestig word. 

Vir nou kan jy die volgende reekse verwag:

1

Seisoen 2 van dié bekroonde tienerdrama is pas bekendgestel en jy kan dit nou stroom.

Seisoen 1 van Euphoria en die spesiale episodes wat tussen die twee seisoene uitgesaai is, is ook op Showmax beskikbaar. 

2

Dié Showmax Original se tweede seisoen beloof om ewe veel drama – indien nie meer nie – op te lewer. Episodes sal weekliks vanaf 28 Januarie beskikbaar wees. 

Binge sommer ook die eerste seisoen op Showmax.

3

Twee FBI-agente ondersoek die skielike herverskyning van 4 400 mense wat deur die loop van die vorige 50 jaar onverklaarbaar verdwyn het. 

Binge vanaf 1 Februarie. 

4

Hierdie misdaadreeks is gegrond op die vierde boek in J.K. Rowling se Cormoran Strike-reeks oor dié privaatspeurder en sy vennoot, Robin Ellacot, se ondersoeke. Rowling skryf die boeke onder die skuilnaam Robert Galbraith. 

Binge vanaf 1 Februarie.

5

Dis tyd vir die nuwe, en ongelukkig ook die laaste, seisoen van hierdie eiesoortige, en wraggies underappreciated komedie.

Dit spog met uitmuntende spel van akteurs soos Glen Howerton, Paula Pell en Patton Oswalt en draai om ’n filosofie-professor (Howerton) wat sy sy droompos by Harvard aan sy aartsvyand verloor en dan met sy stert tussen sy bene na sy tuisdorp moet terugkeer om by die hoërskool biologie te gee.

Maar, sê hy vir die leerders, daar is geen planne om biologie in sy klaskamer te leer nie – hy gaan hulle eerder besig hou met planne om wraak teen dié einste aartsvyand te neem. 

Binge vanaf 1 Februarie.

Die vorige drie seisoene is ook op Showmax beskikbaar.

6

Dié Showmax Original se tweede seisoen begin op 17 Februarie en episodes word weekliks uitgesaai. Die eerste seisoen is ook op Showmax beskikbaar. Lekker binge!  

7

Die fantasiereeks se derde seisoen is ook sy laaste. 

Die reeks is gegrond op die All Souls-trilogie deur Deborah Harkness. Dit draai om Diana Bishop, ’n historikus wat haar towerkragte ontdek as sy ’n manuskrip in Oxford se Bodleian-biblioteek opspoor. Teresa Palmer en Matthew Goode vertolk die hoofrolle. 

Die reeks se eerste seisoen het ’n punt van 94% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, met die tweede seisoen wat ’n 81%-gradering het. 

Binge vanaf 1 Maart. Die eerste twee reekse is ook op Showmax.

8

Grand Crew S1 

Dié sitkom het vinnig ’n kykergunsteling geword ten spyte van resensente se effe louwarm ontvangs (wat wel warmer word soos die storie sy voete vind met elke nuwe episode). Die premis is eenvoudig en herinner aan Friends, maar is ’n veel meer diverse en interessante storie oor vriende wat eintlik maar net met mekaar uithang.

Phil Augusta Jackson en Dan Goor se komedie gaan oor ses Swart thirty somethings in Los Angeles wat by hul gunsteling wine bar (á la Central Perk van Friends) bymekaar kom. Hê ’n bietjie geduld – die eerste twee episodes is nie te waffers nie, maar wanneer dit werk, werk dit blerrie goed. En uit die spel van Nicole Byer is daar net vreugde en lekker lag.

Binge vanaf 9 Maart.

9

PEN15 se hoofrolle word vertolk deur Maya Erskine en Anna Konkle wat albei 31 was toe hulle in die eerste seisoen 13-jarige tieners – met al die ick van tiener-wees in die jaar 2000 – gespeel het. 

Die reeks word afgesluit met die tweede deel van die finale seisoen. Dis ’n jammerte sy bestaan was so kortstondig – dis ’n niche en slim storie wat dit regkry om jou aan die cringiest oomblikke van jou lewe met draadjies en milky pens te herinner.

Binge vanaf 1 Maart 2022. Kyk solank seisoen een, asook die eerste deel van die tweede seisoen, op Showmax.

10

House of the Dragon 

Daar is baie op die spel vir die skeppers van die prequel tot die ongelooflike suksesvolle Game of Thrones – verwagtinge is hoog en dis vanselfsprekend dat dit met GoT vergelyk gaan word. 

House of the Dragon vertel die verhaal van die gebeure wat tot die Targaryen-burgeroorlog gelei het. Die vertelling strek ook oor die oorlog – bekend as die Dance of the Dragons – self, en speel sowat 200 jaar voor die gebeure in GoT af.

Die rolverdeling sluit onder andere vir Paddy Considine (The Outsider), Olivia Cooke (Ready Player One), Matt Smith (The Crown), Rhys Ifans (Notting Hill) en Emma D’Arcy (Truth Seekers) in. 

Al agt seisoene van Game of Thrones is op Showmax, asook die dokumentêre rolprente Game of Thrones: The Last Watch, Game of Thrones: Reunion en Game of Thrones S8: Behind the Scenes.

House of the Dragon is na verwagting vanaf April op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies