Menu terloops
In Wat om te kyk [24 Jan 2022]

Lokprent: ‘Sex in Afrikaans’ lig sluier op swingers, ‘koeksister-tannies’ en seks


“Hierdie koeksister-tannies bestel die groot vibrators.”
Jip, Showmax se nuwe dokumentêre reeks, ‘Sex in Afrikaans’, draai nie doekies om nie.

Kyk nou, ouderdomsperk 18SN

Lokprent: ‘Sex in Afrikaans’ lig sluier op swingers, ‘koeksister-tannies’ en seks
Kyk lokprent

Afrikaans people and the adult industry, they go hand in hand.” 

“Hierdie koeksister-tannies bestel die groot vibrators.”

“In Suid-Afrika, is daar meer as 40 000 geregistreerde swingers.” 

Hierdie is net drie van die aansprake in die eerste lokprent vir Showmax se oorspronklike dokumentêre reeks, Sex in Afrikaans.

Sex in Afrikaans, wat op Valentynsdag, 14 Februarie 2022 op Showmax vrygestel word, volg kliniese sielkundige Bradley R Daniels soos hy vier Afrikaanse paartjies, asook twee enkellopendes, help om prontuit oor hul sekslewe te praat.

In kort: Sex in Afrikaans wys wat werklik agter geslote deure gebeur – en dui ook op die noodsaaklikheid om openlik en sonder vooroordeel daaroor te praat.

Daar is onderhoude met sekswerkers, die eienaars van Adult World, Lollipop Lingerie, swingers, dominatrixes, ’n fopdosser, ’n dungeon master (jy sal maar self moet kyk), mense wat soos babas aantrek vir hul seksuele plesier en ander wat vollengte latex-pakke verkies.

“Ek het elke dag iets nuuts geleer,” sê Bradley. 

Seks is vir my kak lekker

Uit Sex in Afrikaans

“Dit was ’n wonderlike gevoel om te sien hoe dinge wat ek in handboeke geleer het, in die praktyk bymekaar kom. Ek dink dit is dieselfde in alle konserwatiewe gemeenskappe,” voeg hy by.

“Niemand praat werklik oor seks nie; dis ’n sensitiewe onderwerp. Selfs mense wat hulself as liberaal beskou, sukkel om oor seks te praat, want baie mense het nie geskikte taal vir seks en seksuele praktyke nie. ’n Groot deel van ’n seksuele gesondheidspraktisyn se werk is om vir mense die geskikte taal te gee. Ons het soveel pret gehad, maar ek is ook ’n ernstige akademiese persoon, so die program is ook opvoedkundig en leersaam.”

Hierdie grensverskuiwende Showmax Original is deur die TV- en radio-persoonlikheid Rian van Heerden se maatskappy, Provoco, vervaardig.

Sex in Afrikaans is een vir die boeke,” sê Rian. “Ek sou so ver gaan as om te sê dat hierdie die mees omstrede reeks gaan wees wat al ooit op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is.” 

Ons sal moet sien of Rian reg is, maar daar wag wel sekspoppe, mummifikasie, ’n opwip-sekswinkel in Parys (die een in die Vrystaat, mense), om nie eers te praat van die naakte waarhede wat uit die monde van mense soos Loslyf-stigter Joe Theron en Luvland-eienaar Patrick Meyer kom nie. 

Maar ons hoop Rian is verkeerd. Buitendien, soos verskeie Afrikaners in die lokprent sê: “Seks is okay;” “Seks is net seks,” en “Seks is vir my kak lekker.” 

So, wat is dan nou so omstrede aan moeilike onderwerpe en diep gesprekke?

  • Let wel: Sex in Afrikaans het ’n ouderdomsperk van 18SN.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies