Menu terloops
In Wat om te kyk [26 Jul 2022]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Ludik’, Netflix se eerste Afrikaanse reeks


Arnold Vosloo vertolk die hoofrol in ‘Ludik’. Ook in die rolverdeling is Diaan Lawrenson, Rob van Vuuren, Lizz Meiring en Lea Vivier.

Kyk nou: Lokprent vir ‘Ludik’, Netflix se eerste Afrikaanse reeks
Kyk lokprent

“Wat is die verskil tussen versoeking en geleentheid?” kom die vraag in die lokprent vir Ludik, Netflix se eerste Afrikaanse TV-reeks. “Geleentheid kom net een keer. Versoeking lê met sy vinger op die deurklokkie en lui aanhoudend,” kom die antwoord dan.

Versoeking blyk ene Daan Ludik, ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel, se achilleshiel – en potensiële ondergang – te wees. 

Oor die loop van ses episodes volg ons Ludik, vertolk deur die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo, se verhaal. Dis ’n reis van geweld en grusame gierigheid met ’n alewige bloedspoor wat die storie vorentoe dryf. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word Ludik genoop om nie net diamante nie, maar ook wapens, oor die grens te smokkel.

Ook in die rolverdeling is die akteur en komediant Rob van Vuuren as Swys de Villiers. Uit die lokprent is dit duidelik dat Van Vuuren met dié karakter ver uit sy gemaksone gestoot is as ’n wewenaar op wat tot op die rand van waansin verkeer. Ook te sien is die bekende en geliefde Suid-Afrikaanse sterre Diaan Lawrenson, Lizz Meiring, en Terence Bridgette, asook Inge Beckmann en Sean Cameron Michael wat almal ’n integrale rol in die ontrafeling van Ludik se eens onaantasbare ryk speel.

Geskep deur Paul Buys en Annemarie van Basten. Die uitvoerende vervaardigers is Anele Mdoda, Paul Buys en Frankie Du Toit.

Die reeks is vanaf 26 Augustus op Netflix. 

Kyk solank dié aksiebelaaide reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies