Menu terloops

Hotel S1-5

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Apr 2022]


As troosprys vir die einde van die lekker-lag-komediereeks ‘Hotel’ is al vyf seisoene nou op Showmax.

Kyk nou al vyf seisoene

Hotel S1-5
Kyk lokprent

Die vyfde en finale seisoen van die lag-uit-jou-maag-uit Afrikaanse sitkom, Hotel, se heel heel heel heeeeeel laaste episode (snik) is einde-Maart op DStv uitgesaai. Maar daar is darem ’n troosprys – al vyf seisoene is nou op Showmax beskikbaar.

Die storie speel af by die fiktiewe (super-substandaard) Fransen Hotel in die ewe fiktiewe dorpie van Fransenberg in Mpumalanga. Eens op ’n tyd was dié hotel die dorp se trots. Nou…not so much. Tog probeer die koddige groep (baie onbekwame) personeel hul bes om die hotel se deure oop te hou.

Onder die rolverdeling tel die komediant Schalk Bezuidenhout, Beer Adriaanse, Mila Guy, Bennie Fourie, en De Klerk Oelofse.

Watkykjy het die reeks vroeër vanjaar só op terloops beskryf:

“Daar was sedert Orkney Snork Nie in die laat-tagtigs weinig Afrikaanse komediereeks met karakters wat Suid-Afrikaners so laat skater én so diep in ons harte gekruip het – dis nou totdat Hotel sowat vyf jaar terug sy buiging op die kassie gemaak het. 

Alle goeie dinge moet egter mos op een of ander tydstip tot ’n einde kom, maar dit maak effens seer wanneer die beste dinge tot ’n einde kom – en hierdie gesogte Afrikaanse mockumentary-komediereeks is van daai tipe klas beste dinge wat die Suid-Afrikaanse TV-landkap betref.” 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies