Menu terloops

Hotel S1-5

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Apr 2022]


As troosprys vir die einde van die lekker-lag-komediereeks ‘Hotel’ is al vyf seisoene nou op Showmax.

Kyk nou al vyf seisoene

Hotel S1-5
Kyk lokprent

Die vyfde en finale seisoen van die lag-uit-jou-maag-uit Afrikaanse sitkom, Hotel, se heel heel heel heeeeeel laaste episode (snik) is einde-Maart op DStv uitgesaai. Maar daar is darem ’n troosprys – al vyf seisoene is nou op Showmax beskikbaar.

Die storie speel af by die fiktiewe (super-substandaard) Fransen Hotel in die ewe fiktiewe dorpie van Fransenberg in Mpumalanga. Eens op ’n tyd was dié hotel die dorp se trots. Nou…not so much. Tog probeer die koddige groep (baie onbekwame) personeel hul bes om die hotel se deure oop te hou.

Onder die rolverdeling tel die komediant Schalk Bezuidenhout, Beer Adriaanse, Mila Guy, Bennie Fourie, en De Klerk Oelofse.

Watkykjy het die reeks vroeër vanjaar só op terloops beskryf:

“Daar was sedert Orkney Snork Nie in die laat-tagtigs weinig Afrikaanse komediereeks met karakters wat Suid-Afrikaners so laat skater én so diep in ons harte gekruip het – dis nou totdat Hotel sowat vyf jaar terug sy buiging op die kassie gemaak het. 

Alle goeie dinge moet egter mos op een of ander tydstip tot ’n einde kom, maar dit maak effens seer wanneer die beste dinge tot ’n einde kom – en hierdie gesogte Afrikaanse mockumentary-komediereeks is van daai tipe klas beste dinge wat die Suid-Afrikaanse TV-landkap betref.” 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies