Menu terloops
In Lysie-lysie [26 Aug 2022]

Wie’s wie in ‘Ludik’?


Die opwindende nuwe skop-skiet-en-donner-reeks, ‘Ludik’, is Netflix se eerste Afrikaanse produksie. Hiér vertel ons jou meer oor van die reeks se karakters en die akteurs wat dié rolle vertolk.

Wie’s wie in ‘Ludik’?
Kyk lokprent

Ludik is deur Paul Buys en Annemarie van Basten geskep. Die uitvoerende vervaardigers is Anele Mdoda, Paul Buys en Frankie Du Toit.

Oor die loop van ses episodes volg ons Ludik, vertolk deur die Suid-Afrikaanse en Hollywood-akteur Arnold Vosloo, se verhaal van geweld en grusame gierigheid as ’n ryk sakeman wat sy meubelmaatskappy as ’n front gebruik om diamante te smokkel.

Stroom dit nou op Netflix.

1

Arnold Vosloo as Daan Ludik

Arnold Vosloo in Ludik

Daan Ludik is ’n ryk sakeman, maar sy maatskappy verkoop veel meer as net meubels. Dis eintlik net ’n front om diamante te smokkel. As ’n lid van sy familie dan ontvoer word, word hy genoop word om nie net diamante nie, maar ook wapens, te smokkel.

In ’n onderhoud met terloops het Vosloo sy karakter só beskryf: “Hy is ’n komplekse man wat aan die hoof van ’n komplekse en disfunksionele familie staan. Hy kom te staan teen uitdagings en moet vure doodslaan, vriende verwerp en met vyande saamsweer om sy familie te beskerm. Dit is die lekkerste rol wat ek nog gespeel het en ons het die grense geskuif en nuwe dinge aangepak.”

Vosloo is ’n veteraanakteur wat ook al in Hollywood bekendheid verwerf het. Hy is onder meer bekend vir sy werk in The Mummy, Griekwastad, Boetie Gaan Border Toe en Silverton Siege

2

Rob van Vuuren as Swys de Villiers

Rob van Vuuren as Swys in Ludik

Swys de Villiers is ’n wewenaar wat ná die dood van sy vrou op die rand van waansin verkeer en as ’n pion deur diamantsmokkelaars gebruik word. 

Van Vuuren het aanvanklik as ’n komediant naam gemaak. Hy het al rolle in reekse soos The Kingdom en Queen Sono vertolk, asook flieks soos Schuks! Your Country Needs You, Van der Merwe en Copposites. Jy ken hom dalk ook van die dansvloer – hy het in 2008 die vyfde seisoen van die plaaslike Strictly Come Dancing-realiteitsreeks gewen.

3

Sean Cameron Michael as Arend Brown

Sean Cameron Michael in Ludik

Arend is iemand wat bykans enigiets sal doen om te kry wat hy wil hê. En wat hy nou wil hê, is om Daan Ludik se sakevennoot te wees. Dit blyk egter dat hy verraaiers in sy eie geledere het as hy probeer om dié transaksie te beklink. 

Sean Cameron Michael is ’n bekende gesig op die kassie én die silwerdoek. Hy is bekend vir sy werk op TV-reekse soos Die Byl, Die Boekklub, Shooter en Black Sails. Onder sy filmwerk tel vertolkings in Fried Barry, The Last Days of American Crime en Dis Koue Kos, Skat

4

Tina Redman as Lil

Tina Redman in Ludik

Lil is Daan se regterhand. Sy speel nie net ’n belangrike rol om seker te maak dat dinge vlot verloop nie – sy hou ook al Daan se geheime veilig en sy geraamtes weggesteek. Maar as Daan bietjie-bietjie begin ontrafel soos sy vyande al meer druk op hom sit, begin dinge tussen hulle verander en sy besluit om op haar hoede te wees. 

Redman is ’n bekende beatboxer wat al die verhoog met kunstenaars soos Ricky Rick en Kwesta gedeel het. Sy was ook deel van Savage Beauty, een van Netflix se eerste Suid-Afrikaanse reekse wat vroeër vanjaar vrygestel is, asook Justice Served, nog ’n plaaslike Netflix-reeks.

5

Inge Beckmann as Rina Goosen

Inge Beckman in Ludik

Rina is een van Daan se vertrouelinge – altans hy het gedink hy kan haar vertrou. Rina leer egter vinnig wat die prys van verraad is. 

Inge Beckmann is ’n bekroonde sangeres en aktrise wat aanvanklik bekendheid as deel van die musiekgroep LARK verwerf het. Haar mees onlangse werk sluit rolle op M-Net se gewilde drama Desert Rose, asook die Netflix-treffer, Blood & Water, in.

6

Diaan Lawrenson as Anet Ludik

Ludik

Anet is Daan se vrou, ’n toegewyde eggenote en ma. Maar, soos almal om haar, het sy ook geheime wat sy wegsteek. Haar verhouding met Daan is stram – sy besef nie ten volle die erns of gevaar van hul omstandighede nie en dring aan daarop dat hy meer tyd aan hul gesin wy. 

Lawrenson is ’n über-bekende gesig op Suid-Afrikaanse televisies. Talle kykers het haar as Paula van der Leque in 7de Laan leer ken – ’n rol wat sy vir meer as ’n dekade vanaf 2003 tot 2015 vertolk het. Van haar ander werk sluit vertolking op Spoorloos 3: Steynhof, Die Boekklub en Die Byl in.  

7

Jandre le Roux as Bells

Bells is ’n tipiese Russiese mafia-karakter. Beslis nie iemand wat jy in ’n donker stegie wil teëkom nie. Hy is aanvanklik deel van Arend (Sean Cameron Michael) se planne, maar dan begin hy wonder of daar nie ’n beter opsie vir hom is nie…

Le Roux het al op verskeie internasionale produksies as akteur gewerk, waaronder Tomb Raider en Transformers 5: The Last Night. Sy plaaslike rolle sluit in vertolkings in die fliek Modder en Bloed, die dramareeks, Die Byl, en die sepie, Suidooster.

8

Zane Meas as Brigadier Davies

Ludik Zane Meas

Zane Meas as Brigadier Davies is op sigwaarde ’n no-nonsense polisiebeampte wat jag maak op die misdadigers. Hy is egter nie self onskuldig nie en boonop is sy seun in ’n verhouding met Daan se dogter.

Meas is welbekend in die plaaslike TV-bedryf, veral vir sy rol as Jack van Onselen in Isidingo, asook die rol van Neville Meintjies in 7de Laan. Van sy ander produksies sluit in Binnelanders, Die Byl en Fynskrif

Nog sterre in die rolverdeling:

  • Mzu Ntantiso
  • Tshamano Sebe
  • Terence Bridgette
  • Dirk Stolz
  • Lizz Meiring
  • Lea Vivier
  • Almar Müller

Soortgelyke reekse:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies