Menu terloops

Blood & Water S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 4 Okt 2021]


Blood & Water is slegs die tweede oorspronklike reeks wat Netflix in Suid-Afrika vervaardig het.

Blood & Water S1-2
Kyk lokprent

Die gewilde tienerreeks se dramas gaan volstoom voort in die tweede seisoen van die plaaslike (en internasionale) treffer.

Die storie draai om die tiener Puleng Khumalo (Ama Qamata) wie se suster, Phume, kort ná haar geboorte uit die hospitaal ontvoer is. Dan ontmoet sy vir Fikile Bhele (Khosi Ngema), ’n sterswemmer aan ’n privaatskool in Kaapstad, en begin wonder of Fikile nie eintlik haar vermiste suster is nie.

In die tweede seisoen duur Puleng se soeke na waarheid voort as sy vir Fikile aanmoedig om ondersoek na haar ware identiteit in te stel. Maar nie almal wil hê die waarheid moet uitkom nie… Daarmee saam ervaar Puleng ook al die “gewone” sagas van tiener-wees.

Die drama is naas Queen Sono, met Pearl Thusi in die hoofrol, slegs die tweede oorspronklike reeks wat Netflix in Suid-Afrika vervaardig het.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies