Menu terloops

Blood & Water S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 4 Okt 2021]


Blood & Water is slegs die tweede oorspronklike reeks wat Netflix in Suid-Afrika vervaardig het.

Blood & Water S1-2
Kyk lokprent

Die gewilde tienerreeks se dramas gaan volstoom voort in die tweede seisoen van die plaaslike (en internasionale) treffer.

Die storie draai om die tiener Puleng Khumalo (Ama Qamata) wie se suster, Phume, kort ná haar geboorte uit die hospitaal ontvoer is. Dan ontmoet sy vir Fikile Bhele (Khosi Ngema), ’n sterswemmer aan ’n privaatskool in Kaapstad, en begin wonder of Fikile nie eintlik haar vermiste suster is nie.

In die tweede seisoen duur Puleng se soeke na waarheid voort as sy vir Fikile aanmoedig om ondersoek na haar ware identiteit in te stel. Maar nie almal wil hê die waarheid moet uitkom nie… Daarmee saam ervaar Puleng ook al die “gewone” sagas van tiener-wees.

Die drama is naas Queen Sono, met Pearl Thusi in die hoofrol, slegs die tweede oorspronklike reeks wat Netflix in Suid-Afrika vervaardig het.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies