Menu terloops
In Redakteurskeuse [6 Jul 2022]

Redakteurskeuse vir Julie 2022


Wat om te kyk: Die redakteurskeuse vir Julie sluit in die terugkeer van ‘Survivor SA’ vir ’n negende seisoen; die begin van ‘The Real Housewives of Cape Town’; en die debuut van die heerlik-snaaks, heerlik-eg komediereeks ‘The Sex Lives of College Girls’.

Deur Rozanne Els
Redakteurskeuse vir Julie 2022

Wat om te kyk vandeesmaand – hier is my redakteurskeuse vir Julie.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Barry

As Rotten Tomatoes se beste reeks van 2022 (tot dusver…), keer Barry se derde seisoen na Showmax met ’n punt van 100% op dié resensiewebwerf terug. Variety bestempel dit as “’n meesterstuk…snaakser en skerper as ooit” en meen die hoofkarakter is een van die boeiendste protagoniste tans op TV. Met die komedie-genie Bill Hader in die skoene van Barry, ’n huurmoordenaar wat ’n onverwagte en onwaarskynlike liefde vir toneelspel ontdek, is dit maklik om saam te stem.

Die reeks is ’n mengelmoes van alles wat ons mens maak. Ook ons onvervulde lewensdrome, soos as Barry sy ware passie in die ontdek, maar sukkel om die bloed van sy hande te was en sy ou lewe agterweë te laat. Die eerste twee seisoene het ses Emmy-toekennings ontvang, waaronder vir beste akteur in ’n komediereeks vir Hader, wat ook die een van die reeks se skeppers is. 

Ook in die rolverdeling is die veteraan-akteur Henry Winckler, veral bekend vir sy rolle in Happy Days en Arrested Development.  

“Die beste program op TV,” soos The Daily Beast daarna verwys, is reeds vir ’n vierde seisoen hernu.

Kyk nou op Showmax.

The Sex Lives of College Girls

Mindy Kaling weet hoe om ’n storie met opregte humor en ’n net die regte hoeveelheid self-deprecation te vertel. Kaling, wat as ’n skrywer en akteur in die Amerikaanse weergawe van The Office haar voet in die baie mededingende TV-komediewêreld se deur gekry het, is tans on a roll met haar mees onlangse TV-skeppings, Never Have I Ever (op Netflix) en nou The Sex Lives of College Girls op HBO (plaaslik op Showmax).

Kaling, wat ook die komediereeks The Mindy Project geskep het, is, by verre, een van die beste TV-skrywers van ons tyd. (Jy kan stry, maar ek sal jou afraai.) Dis nie net pittige (en o, dis uiters pittig) one-liners wat jou laat skater nie – dis die inweef van onse harde, wrede, belaglike, soms absurd, soms ongelooflike alledaagse wees wat die grappe verhef. So ook met The Sex Lives of College Girls wat vier eerstejaarstudente se ervarings met vermaaklike deernis weergee. Of dit nou akademiese en finansiële druk is, eerste liefde, seks-positiwiteit, seksuele teistering, die soeke na self… Áls so eg en relevant en tematies ernstig – and it lands because it’s so damn funny.

In iemand anders se hande sou dié reeks clichè kon wees, selfs ’n bietjie cringe. Kaling se karakters en hul stories is egter allesbehalwe. Geen wonder dit het ’n punt van 97% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. 

Kyk nou op Showmax.

Uncoupled

As jou hart al ’n goeie knou of vyf weg het wat jou liefdeslewe betref, sal die relatability van Uncoupled se premis soos ’n spieël vir jou eie rou en melancholie wees. Die storie draai om ’n man, Michael (Neil Patrick Harris), wie se partner, sonder veel fanfare, hul 17 jaar lange verhouding verbreek. Letterlik oornag verloor hy die man wat hy as sy sielsgenoot gesien en liefgehad het. En skielik is hy ook vir die eerste keer in jare enkellopend. Die reeks is deur die uiters suksesvolle Darren Star, wat ook Emily in Paris vir Netflix vervaardig. Star is dalk meer bekend as die skepper van Beverly Hills, 90210, Melrose Place, Sex and the City en Younger. 

Dis darem nie ’n smartsaga nie – ’n deel van die reeks se lokkrag is juis dat Michael se hartseer met ’n goeie skoot humor vertel word. As sulks is dié storie eerder ’n rom-com, soos Michael opnuut na connection en liefde soek en dating in sy 40s op die proef stel.

Vanaf 29 Julie op Netflix.

Justice Served

Justice Served, ’n aksie-drama wat oor die loop van ses episodes in ’n Suid-Afrikaanse hof afspeel, is die nuutste in ’n rits plaaslike Netflix-produksies. In die hoofrol is The River se Hlomla Dandala as ’n vryheidsvegter, Azania Maqoma, wat die reg in eie hande neem as hy ’n moordbeskuldigde se verhoor in ’n gyselaarsdrama omskep. Justice Served speel af in vandag se Suid-Afrika, en werp lig op die ysingwekkende gebrekke in ons plaaslike regsstelsel. Dis dan juis dié ongeregtighede – onderdrukking, rasisme, misdaad, korrupsie, faux gelykheid –  wat Azania as ’n selfaangestelde arbiter vir ware geregtigheid wil blootlê. Dis as hy besluit om die moordbeskuldigde se lot in die hande van die publiek te plaas, dat anargie dreig. 

Die rolverdeling sluit ook Motshabi Tyelele, Jack Devnarain, Lerato Mvelase en Pallance Dladla in. 

Vanaf 29 Julie op Netflix.

Ook op my moet-kyk-lys:

The Real Housewives of Cape Town

Kaapstad is klein. Konflik tussen dié queens maak dit nog kleiner. En meer awkward. Dus, perfekte TV-kykstof.

Kyk vanaf 10 Julie om 19:00 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) op DStv Online.

Die Laaste Tyd Met Aleit

Redakteurskeuse Die Laaste Tyd met Aleit
Foto: Verskaf

Nadat Aleit Swanepoel in Mei vanjaar oorlede is, is daar besluit om tog die laaste seisoen van sy TV- reeks, Tyd Met Aleit, uit te saai. Die verfilming van die seisoen is slegs ’n week voor sy afsterwe voltooi. Luidens ’n persverklaring is die besluit met die toestemming van sy naastes geneem.

“Ek glo dit is belangrik om klaar te maak waarmee ons begin het – Aleit sou niks minder van ons verwag nie. Die Laaste Tyd met Aleit is ’n geleentheid vir Aleit om vir 13 weke in mense se sitkamers voort te leef,” aldus Jorrie van der Walt, die reeks se vervaardiger.

Vanaf Saterdag, 2 Julie om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online (weeklikse episodes).

Survivor South Africa S9: Return of the Outcasts

Kyk op DStv Online vanaf 18 Julie (weeklikse episodes).

No Time to Die

Daniel Craig as James Bond. Enough said.

Kyk nou op Showmax.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies