Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Jul 2022]

Wat om te kyk op Netflix in Julie 2022


Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: ’n “Wie’s die pa?”-drama in die nuwe seisoen van ‘Virgin River’, die TV-verwerking van die ‘Resident Evil’-franchise, Ryan Gosling as ’n duistere CIA-agent, en die immergewilde kombo van tweede kanse en ware liefde in ‘Persuasion’.

Wat om te kyk op Netflix in Julie 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en tye moontlik kan verander.

Virgin River S4

Ten spyte daarvan dat sy nie weet of haar baba dié van haar oorlede man, Mark, of aan haar aan-af-aan-af-af-aan-boyfriend Jack, behoort nie, is Mel heel optimisties met die aanvang van die vierde seisoen van dié gewilde smartsaga. Mel is immers al deur diepe waters en smag al etlike jare om ma te word, al was haar dokters dit eens dat sy nie haar eie biologiese kinders sou kon hê nie. Maar nou is sy een tree nader aan die werklikheid. Terwyl Jack ondersteunend en selfs opgewonde is, knaag die vraag oor of dit nou sy, of Mark, se kind is, aan hom. Sake word verder bemoeilik as ’n aantreklike nuwe dokter in die klein dorpie aankom…

Kyk Virgin River se vierde seisoen vanaf 20 Julie. 

Soortgelyke reekse:

How to Build a Sex Room

Paartjies wat meer spice in die slaapkamer soek, huur die luukse interieurontwerper Melanie Rose om stylvolle ruimtes te skep waar hulle enige (en alle) seks-fantasieë kan uitleef. Jy het kombuisopknappings gesien, jy het badkamertransformasies gesien, maar jy het nog nooit só iets gesien nie. Die titel sê als.

Vanaf 8 Julie.

Soortgelyke reekse: 

How to Change Your Mind

How to Change Your Mind is geskep deur die Oscar-bekroonde filmmaker Alex Gibney, en New York Times-topverkoperskrywer, Michael Pollan.

Die dokkie bestaan uit vier dele, met elke episode wat op ’n ander mind-altering middel fokus: LSD, psilocybin, MDMA en meskalien.

Met Pollan as gids, reis die kyker saam na die grense van die nuwe psigedeliese renaissance om die potensiaal van hierdie stowwe om byvoorbeeld genesing van geestessiektes te bring, te verken. Daar word ook na die byna-vergete historiese konteks van hierdie middels gekyk.

How to Change Your Mind se regie is deur die Emmy-benoemde filmmaker Alison Ellwood en die Oscar-benoemde filmmaker, Lucy Walker.

Vanaf 12 Julie. 

Nog dokkies:

Resident Evil

Dis 2036 – 14 jaar nadat ’n dodelike virus ’n wêreldwye apokalips veroorsaak het. In dié hel-landskap veg Jade Wesker om oorlewing teen bloeddorstige en siek…goeters…terwyl sy ook probeer om haar hartseer verlede te verwerk. 

Dié reeks is gegrond op die uiters gewilde gruwel videospeletjie- en film-franchise waarvoor die model en aktrise, Milla Jovovich, bekendheid verwerf het. 

Ella Balinska, Tamara Smart, Siena Agudong maak deel van die TV-reeks se rolverdeling uit. 

Vanaf 14 Julie.

Nog gril-en-ril-stories:

Persuasion

Agt jaar nadat Anne Elliot deur haar geldbehepte familie oortuig is om nie met hom te trou nie, kruis haar paaie weer met ene Frederick Wentworth – die liefde van haar lewe. Dis ’n verhaal van tweede kanse en ook die laaste roman wat Jane Austen voor haar dood klaargeskryf het, hoewel dit eers ná haar dood gepubliseer is. Daar is iets ongelooflik hartseer én hoopvol aan “the one that got away”-stories – dié een, met Dakota Johnson as Austen se aweregse Anne, dalk selfs meer. 

Vanaf 15 Julie. 

Soortgelyke stories:

The Gray Man

As CIA-agent Court Gentry, óftewel Sierra Six (Ryan Gosling), verdoemende geheime van dié agentskap ontbloot, word daar ’n losprys op sy kop gesit. Six moet bontstaan as ’n voormalige kollega, Lloyd Handsen (Chris Evans), reg oor die wêreld heen op hom jag maak. Daar is slegs een agent wat hom help – die pragtige Dani Miranda (Ana de Armas). Sal Sierra Six sy vyande kan uitoorlê? 

Vanaf 22 Julie.

Nog Ryan Gosling-flieks:

Ook nuut op Netflix vandeesmaand:

1 Julie 2022

  • Stranger Things S4: Volume 2 – Netflix Series

6 Julie 2022

  • Control Z: S3 – Netflix Series
  • King of Stonks – Netflix Series
  • Uncle from Another World – Netflix Series
  • Hello, Goodbye, and Everything in Between – Netflix Film
  • Girl in the Picture – Netflix Documentary

7 Julie 2022

  • Karma’s World: S3 – Netflix Kids & Family Series

8 Julie 2022

  • Boo, Bitch – Netflix Series
  • Capitani: S2 – Netflix Series
  • The Longest Night – Netflix Series
  • Ranveer vs Wild with Bear Grylls – Netflix Film
  • The Sea Beast – Netflix Film
  • Dangerous Liaisons – Netflix Film
  • Incantation – Netflix Film

11 Julie 2022

  • Valley of the Dead – Netflix Film
  • For Jojo – Netflix Film

12 Julie 2022

  • Bill Burr: Live at Red Rocks – Netflix Comedy Special
  • My Daughter’s Killer – Netflix Documentary

13 Julie 2022

  • Big Timber: S2 – Netflix Series
  • Hurts Like Hell – Netflix Series
  • Sintonia: S3 – Netflix Series
  • Under the Amalfi Sun- Netflix Film
  • D.B. Cooper: Where Are You?! – Netflix Documentary
  • Never Stop Dreaming: The Life and Legacy of Shimon Peres – Netflix Documentary

14 Julie 2022

  • Kung Fu Panda: The Dragon Knight – Netflix Kids & Family Series

15 Julie 2022

  • Country Queen – Netflix Series
  • Farzar – Netflix Series
  • Mom, Don’t Do That! – Netflix Series
  • Remarriage & Desires – Netflix Series
  • Alba – Netflix Series
  • Love Goals – Netflix Film

18 Julie 2022

  • Too Old for Fairy Tales – Netflix Film
  • Live is Life – Netflix Film
  • My Little Pony: A New Generation: Sing-Along – Netflix Kids & Family Film
  • StoryBots: Laugh, Learn, Sing: Collection 2: Learn to Read – Netflix Kids & Family Film Series

19 Julie 2022

  • David A. Arnold: It Ain’t For the Weak – Netflix Comedy Special

20 Julie 2022

  • Bad Exorcist: S2 – Netflix Series

21 Julie 2022

  • Jurassic World Camp Cretaceous: S5- Netflix Kids & Family Series

22 Julie 2022

  • Gabby’s Dollhouse: S5 – Netflix Kids & Family Series

26 Julie 2022

  • DI4RIES – Netflix Series
  • Street Food: USA – Netflix Documentary

27 Julie 2022

  • The Most Hated Man On The Internet – Netflix Documentary
  • Car Masters: Rust to Riches: S4 – Netflix Series
  • Rebelde: S2 – Netflix Series
  • Dream Home Makeover: S3 – Netflix Series
  • Pipa – Netflix Film

28 Julie 2022

  • Another Self – Netflix Series
  • Keep Breathing – Netflix Series
  • A Cut Above – Netflix Film
  • Oggy and the Cockroaches: Next Generation – Netflix Kids & Family Series

29 Julie 2022

  • Fanático – Netflix Series
  • Justice Served – Netflix Movie (Ed’s Choice)
  • Uncoupled – Netflix Series (Ed’s Choice)
  • Rebel Cheer Squad: A Get Even Series – Netflix Series
  • Detective Conan: Zero’s Tea Time – Netflix Series
  • Purple Hearts – Netflix Film
  • The Entitled – Netflix Film

Datums nog onbekend

  • Masaba Masaba: S2 – Netflix Series
  • Indian Predator: The Butcher of Delhi – Netflix Documentary
  • Before Your Eyes – Netflix Games
  • Wild Things Adventures – Netflix Games
  • Into the Breach – Netflix Games
  • Mahjong Solitaire – Netflix Games
  • Immortality – Netflix Games

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies