Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Jul 2022]

Wat om te kyk op DStv in Julie 2022


Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Bobby van Jaarsveld in ’n nuwe seisoen van die senutergende drama, ‘Spoorloos’; stadsjapies uit hul gemaksones in ‘Plaasjapie’ en ’n alien se soeke na menslikheid in die wetenskapsfiksiereeks, ‘The Man Who Fell to Earth’.

Wat om te kyk op DStv in Julie 2022

Wat om te kyk op DStv in Julie – hier is ons top-keuses.

Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

The Man Who Fell to Earth S1

The Man Who Fell to Earth, gegrond op die gelyknamige 1963-roman deur die skrywer Walter Tevis, spog met ’n sterbelaaide rolverdeling wat Chiwetel Ejiofor, Naomie Harris en Bill Nighy insluit.

Dié sci-fi reeks volg ook op die 1976-fliek waarin David Bowie destyds die hoofrol gespeel het. Die storie draai om ’n alien, Faraday (uitstekend vertolk deur Ejiofor), wat Aarde toe kom met een doel voor oë: om sy eie spesie en planeet te red. Daarvoor het hy die hulp van ’n wetenskaplike (Naomie Harris) nodig. Hulle is onwaarskynlike spanmaats – hy probeer om meer “menslik” te word; terselfdertyd het sy haar geloof in die mensdom verloor. 

Die reeks het ’n punt van 86% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met The Wrap wat dit loof vir sy “pragtige oomblikke van rou menslikheid.”

Vanaf Maandag 11 Julie om 22:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) en DStv Online.

Spoorloos: Die eiland

Soos met die vorige seisoene (al drie op Showmax), is Spoorloos: Die eiland ’n losstaande spanningsverhaal met nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In dié seisoen  word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel as ’n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom ook in ’n web van leuen intrek as sy dan vermis raak. 

Die rol van Stefan word deur die sanger en The Voice SA-beoordelaar Bobby van Jaarsveld vertolk. Hoewel Bobby al in flieks soos Liefling en As jy sing gespeel het, is hierdie sy eerste rol in ’n TV-drama.

Die akteur en regisseur Christo Davids is terug in die regisseurstoel saam met Francois Coetzee.

Weeklikse episodes vanaf Dinsdag, 19 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online. 

Bewonder en Bewaar

Die bekroonde TV-aanbieder en vervaardiger Bonné de Bod en regisseur Susan Scott is veral bekend vir die dokumentêre films STROOP – Journey Into the Rhino Horn War en Kingdoms of Fire, Ice & Fairy Tales (beide is nou op Showmax beskikbaar). Albei films is reeds by meer as 50 filmfeeste wêreldwyd vertoon en het al verskeie plaaslike en internasionale toekennings ontvang.

Dié gedugte span is nou terug met ’n nuwe natuurprogram, Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod.

Scott staan aan die stuur van Bewonder & Bewaar met uitsonderlike beeldmateriaal en teks. Vir dié reeks het Scott en De Bod, bekend vir hul ongekende toegang tot afgesonderde wildernisgebiede wat moeilik, maar terselfdertyd ook beeldskoon is om in te verfilm, natuurlewe-navorsers in die vooraanstaande wildernisgebiede van Suid-Afrika, Namibië en Argentinië op kamera vasgelê.

Deur hul oë kom ons ook meer te wete oor die wilde diere en ongerepte wildernisse waaraan hulle hul lewens wei. Op haar reise na die afgeleë uithoeke van die wêreld ervaar Bonné eerstehands hoe sekere van die planeet se mees toegewyde navorsers die geheimenisse van Moeder Natuur ontsluit, en kom sy agter hoe hierdie mense nie net met klein en groot gediertes werk nie, maar terselfdertyd hulle drome nastreef met ’n daaglikse bestaan in die natuur.

Hierdie interaksies gee ons ’n dieper insig tot die menslike gees, maar nóg meer: dit is ’n ontdekkingsreis vir Bonné terwyl sy haarself in hulle bestaan ingrawe om uit te vind wat die hartklop is van hulle baanbreker-navorsing – en of hulle werklik daardeur vervul word.

Vanaf Sondag, 17 Julie, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en ook op DStv Online.

Elders: Tuinroete

Erns Grundling stap die Tuinroete in die vyfde nuwe seisoen van Elders.

Op pad gesels hy met plaaslike bekendes, waaronder die akteur Frank Opperman, OppieStoep-aanbieder Lyntjie Jaars, voormalige kykNET-kanaalhoof Karen Meiring, en voormalige Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela. Erns en die kameraspan het meer as 270 km vanaf Uniondale tot Mosselbaai, oor die loop van sowat ’n maand, afgelê.

Elders: Tuinroete bestaan uit 13 episodes. Kyk die vorige Elders-seisoene op Showmax.

Vanaf Maandag, 4 Julie, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online.

Plaasjapie

Plaasjapie is kykNET se splinternuwe realiteitsreeks. Twintig stadsjapies word na die “wilde weste” (eintlik maar net ’n plaas iewers in die Wes-Kaap, relax) gestuur waar hulle vir ’n maand in ’n skuur moet bly en hulself afsloof soos boere van ouds. 

Vanaf Donderdag, 14 Julie, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online.

Ook nuut op DStv:

1 Julie 2022

  • Musiekpaniek S7

2 Julie 2022

  • Maya the Bee 2: The Golden Orb
  • Summer of Soul (When the Revolution Could Not Be Televised)
  • Growning Up
  • Alex vs America: Chef’s Cut
  • Duff: Ace of Taste
  • Sam’Sokolo
  • X Repo S3
  • Gog’Skhotheni S1
  • IP Man
  • Die Laaste Tyd met Aleit (Ed’s Choice)

3 Julie 2022

  • No Time to Die
  • Descent of a Serial Killer
  • Jeff Ross Roasts America
  • Ehostela S3
  • Boss Ladies S2
  • No Excuses, Pay Papgeld S7
  • Umoya S4

4 Julie 2022

  • Shakespeare & Hathaway S4
  • Isifiso S1
  • The Challenge: Spies, Lies & Allies
  • Selling the Hamptons
  • Vikingskool
  • Fantasy Island
  • No One Like You
  • Meet the Family
  • The Legend

5 Julie 2022

  • KGB: The Sword and the Shield
  • History by the Number
  • Mnakwethu S3
  • Megastructures: Icebreaker

6 Julie 2022

7 Julie 2022

  • Short and Sweet S1
  • Bake or Break
  • Making It Home With Korney and Kenney S2
  • Design For You: Home Inspiration S2
  • Trend S1

8 Julie 2022

  • Ayeye S2
  • Amazing Hotels S4
  • Nandi
  • Once Upon A Time in China and America

9 Julie 2022

  • India Sweets and Spices
  • Britain’s Beautiful Rivers with Richard Hammond
  • The Elfkins Baking A Difference
  • Zi Right I Girls
  • The Truth S1
  • Ebukhosini “The Village” S1

10 Julie 2022

  • Gunpowder Milkshake (ook op Showmax)
  • Nick Swardson: Taste It
  • The Real Housewives of Cape Town S1 (Ed’s Choice)
  • Isibopho

11 Julie 2022

  • Impossible Engineering
  • The Real Housewives of Dubai S1
  • Minki S12
  • Raw Vegan Not Gross S1
  • Grand Designs Australia S9

12 Julie 2022

  • All Rise S3
  • Murder Inc
  • I Have HIV: Kenya
  • Landbouweekliks S18
  • Kookpunt S12

13 Julie 2022

  • The Nature of Our Planet
  • The Great Kenyan Bake Off S2
  • My Zambian Plate S1
  • Little People Big World S15

14 Julie 2022

  • Bargain Blocks S2
  • Tuintoere S2

15 Julie 2022

  • Monster Garage S1
  • Eat Me (Or Try Not To)

16 Julie 2022

  • In the Heights (ook op Showmax)
  • The Paw Patrol Movie (ook op Showmax)
  • Deliciousness S3
  • Rock n Roll
  • Amazing Animals Friends
  • Suxoka
  • Wang’kolota

17 Julie 2022

  • Lost Kingdom of Black Pharaohs
  • Those Who Wish Me Dead
  • Steve Rannazzi: Breaking Dad
  • Idols SA S18
  • This Is Fate S5

18 Julie 2022

  • Survivor South Africa: Return of the Outcasts S9 (Ed’s Choice)
  • Big City Greens S3
  • First Alaskans S1
  • Random Breath S14

19 Julie 2022

  • 1994: A Bloody Miracle
  • Buckhead Shore S1
  • Seeking Sister Wife

20 Julie 2022

  • Show Trial S1
  • The Murder Tapes S5A
  • Unefa S2

21 Julie 2022

  • Spectacular Earth
  • Playgrounds of the Rich & Famous S1
  • Air Crash Investigation: Special Report S5

22 Julie 2022

  • Here We Go S1

23 Julie 2022

  • Dino Dana: The Movie
  • Black Friday
  • I Went FKA Undercover Me
  • Moriri Maka
  • Modende S1

24 Julie 2022

  • Free Guy
  • Carlos Mencia: Performance Enhanced
  • Ezoncansi S2
  • Ageing Well Suzuki Style

25 Julie 2022

  • Why The Heck Did I Buy This House
  • The Queen S6 extension

26 Julie 2022

  • Horizon: How to Sleep Well with Michael Mosley
  • Unboxed with Nikki Chu S2

27 Julie 2022

  • Where the Wild Men Are with Ben Fogle S8
  • Basketball Wives S10

28 Julie 2022

  • The Family Chantel S4

30 Julie 2022

  • How We Roll S1
  • The Lady Bug
  • 9 Bullets
  • Imali Yethu
  • My Horror Love Story S2
  • Will He Say Yes? S2

31 Julie 2022

  • Cop Shop
  • Frozen Obsession
  • Pastors’ Wives S3
  • Call The Midwife S11
  • Mathis Family Matters

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om kortfilms en dokkies die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies