Menu terloops
In Features [9 Aug 2024]

‘Ek’s ’n cheerleader vir vroue rondom my’: Suid-Afrika se sepievroue oor wat hulle inspireer dié Vrouedag


Van ‘Suidooster’ se Angie tot ‘Diepe Waters’ se Rose – ons gunsteling-sepievroue vertel meer oor hul rolmodelle, inspirasie en die wysheid wat hulle graag met ander vroue wil hierdie Vrouedag wil deel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
‘Ek’s ’n cheerleader vir vroue rondom my’: Suid-Afrika se sepievroue oor wat hulle inspireer dié Vrouedag

Hierdie Vrouedag vier ons die sterk en diverse vroue om ons en ons sê dankie vir al die opofferings, inspirasie en wysheid. Ons gee eer aan alle vroue (ook onsself!) vir hul dapperheid, innovasie en never give up-houding. 

By Terloops wil ons veral ’n spesiale groep vroue uitsonder: ons sepie-ikone! Hierdie groep ma’s, dogters, vriendinne, kollegas, skurke, manipuleerders, sakevroue, busy bodies, leuenaars, cheats en sout van die aarde vroue hou ons week ná week op die punt van ons stoele en het al ’n duisend keer aan ons hartsnare getrek. 

Ons gesels met agt vroue agter die sepiekarakters wat tans amok maak, vir hartseer sorg of by ’n vurige romanse betrokke is, oor wat hulle hierdie Vrouedag vorentoe dryf.

Watter vrou inspireer jou die meeste?

Char Carrie (Angie in Suidooster): My rolmodel op persoonlike en professionele vlak is Cher. Ek hou baie van die manier waarop Cher haarself dra, net soos sy is, met baie selfvertroue. Sy weet wie sy is en wat sy het om te bied. Sy het al alles gedoen. Sy is ’n sangeres, sy het haar eie TV-program aangebied, sy het ’n Oscar gewen vir toneelspel… Ek dink dit is ikonies om só goed te wees. Sy is so cool dat sy nie eers ’n van nodig het nie, sy is net Cher.

Een van my gunsteling-quotes van haar lui: “I’m not a role model nor have I ever tried to be a role model.” Vir my dít crazy, want sy is soveel mense se rolmodel. En vir haar om te sê, wel dit was nie my plan nie, ek is nie hier om jou te inspireer nie en die feit dat sy dit wel doen… dís is net wonderlik. Team Cher!

Hunter Plaatjies (Gloria in Skemergrond): My grootste inspirasie is my ma. Sy is altyd die een persoon op wie enigiemand in die gesin kan staatmaak. Sy is godvresend, intelligent en het ’n gees wat omgee. Sy het baie hard gewerk en ons almal herposisioneer om beter lewens te kan hê. Ek het nog altyd gesê dat ek uit ’n baie invloedryke groep vroue kom, van my ouma af tot by my, en as ek ’n skaduwee kan wees van wie hulle is, sal ek gelukkig wees.

Eloise Cupido (Rose in Diepe Waters): Ek het soveel wonderlike vroue rondom my wat my dra, wat my hou, wat my koester, wat my sterk maak en laat sterk staan. By elkeen van hulle leer en kry ek iets besonders. Ek dink ook ons gee nie genoeg krediet aan onsself nie. Maar my ma wat twee jaar gelede afgesterf het, was ook ’n groot inspirasie, veral as ek kyk na hoe sy haar lewe aangepak het en die nalatenskap wat sy gelos het. Ja-nee, ek is een van daai groot cheerleaders vir vroue rondom my. As ek ’n vrou sien wat goed lyk, is ek die eerste persoon om haar te komplimenteer, want ek weet wat dit somtyds vat en dat ’n mens soms nie met sulke mooi oë na jouself kyk nie. 

Vrouedag, sepievroue,
Eloise Cupido. Foto: Verskaf

Khadija Heeger (Jasmine in Skemergrond): Ek het nie net een rolmodel nie. Daar is baie mense en diere wat my inspireer. Die natuur inspireer my ook. Ek is gaande oor Meredith Monk, Nandipha Ntambo, Igshaan Adams en Terence Visagie. 

Vrouedag, sepievroue, Suidooster
Khadija Heeger. Foto: Verskaf

Amor Vittone (Letitia in Diepe Waters): Daar is nie net een nie, daar is ’n paar soos Taylor Swift, akteurs, sakevroue, my vriendinne, en natuurlik my ma. Ek kyk na wat mense doen, wat hulle suksesvol maak. Ek kyk ook na hoe hulle dit gedoen het en dan ontleed ek dit. So daar is nie spesifieke mense nie. My ma is altyd daar deur moeilike tye, sy hanteer dinge altyd beter as wat ek kan. Sy het altyd ’n oor en sal nooit sê wat jy moet doen nie, maar haar opinie beteken baie vir my. 

Wie is jou professionele rolmodel?  

Shimmy Isaacs (Erica in Skemergrond): My professionele inspirasie is myself. Ek kan altyd ander akteurs daar buite admire en ek doen, ek admire ander akteurs baie, maar ek weet nie wat dit is om George Clooney, Meryl Streep of selfs Sandra Prinsloo te wees nie. Maar ek weet wat dit is om Shimmy Isaacs te wees. Dít is hoekom ek my eie professionele inspirasie is. Ek gee nie op nie, ek hou daarvan om te leer en ek hou van mense. Ek hou daarvan om mense eerste te plaas. Dít is partykeer my downfall, maar ek weet wat dit vat vir my om op te staan. Ek weet nie wat dit vat vir ’n Meryl Streep of Viola Davis nie, maar ek admire hulle werk. As dit kom by wie my professionele inspirasie is, is dit ek. Want ek gee nie nooit op nie en ek bly biddend. 

Esther von Waltsleben (Elana in Suidooster): Ek het nie ’n spesifieke mens wie ek as ’n rolmodel sien nie. Daar is wel ’n paar vroue vir wie ek ontsaglik baie bewondering het, soos Oprah Winfrey, Malala Yousafzai, ’n aktivis van Pakistan en stryder vir vroue en jong meisies se reg tot skoolgaan en opvoeding. Só ook Jennifer Saunders, ’n Britse aktrise, komediant en skrywer. 

Vrouedag, sepievroue, Suidooster
Esther von Waltsleben. Foto: Verskaf

Megan Troskie (Thalia in Binnelanders): Die aktrise Jennifer Lawrence, want ek kan baie met haar vereenselwig ten opsigte van hoe haar loopbaan as aktrise begin het. Sy laat nie toe dat mense se kritiek haar intimideer nie. Sy is unapologetically haarself. 

Wat is een van jou gunsteling-quote, lyn uit ’n teks, of ’n liriek wat jy graag met vroue wil deel? 

Hunter Plaatjies: Die liedjie is getiteld “Crooked Smile” deur J Cole. Die lirieke is: “What’s real is something that the eyes can’t see, that the hands can’t touch, that them broads can’t be, and that is you”. 

Char Carrie: Een van my gunsteling-aanhalings is van Cher: “Until you are ready to look foolish, you will never have the possibility of being great.” 

Megan Troskie: My gunsteling-aanhaling is kort en kragtig: “Small steps are better than no steps.”

Shimmy Isaacs: “Moenie jou beginsels prysgee vir mense om van jou te hou nie”. Daai is ’n lyn en quote van Shimmy Isaacs in my show (op Showmax) Mince Jou Hare.  

Esther von Waltsleben: Maya Angelou het gesê: “If you don’t like something, change it. If you can’t change it, change your attitude.” 

Khadija Heeger: Een van my gunsteling-skrywers, Toni Morrison het gesê: “To get to a place where you could love anything you chose – not to need permission for desire – well now, that was freedom.” 

Amor Vittone: Hierdie quote kom uit ’n boek wat ek gelees het: “Every step forward, is a step to the light. Keep moving, you are stronger than the fight”

Eloise Cupido: Ek het ’n groot folder met allerhande memes en quotes wat ek wil onthou. Vir vandag is daar een wat uitspring: “Jy is nie ’n parkeerkaartjie nie. Jy het nie ander mense nodig om jou geldig te verklaar en jou waarde te gee nie. Jy het waarde”. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies