Menu terloops
In Sepies [26 Jul 2024]

Jou ‘Suidooster’-gids vir Augustus 2024


Mymoena raak desperaat en Zoë krap dinge deurmekaar… ‘Suidooster’-kykers kan na dít en nog meer in Augustus uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Stroom 'Suidooster'

Jou ‘Suidooster’-gids vir Augustus 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Suidooster kan verwag.

Donderdag, 1 Augustus

Texas vertel vir Justin en Gary die casino is iets van die verlede, terwyl Aiden ’n spesiale aand vir Lisa reël. Mymoena jok vir Rhafiek.

Vrydag, 2 Augustus

Bridgette se planne om vir Zoë aan ’n man voor te stel boemerang. Texas vind iets oor Mymoena uit en sy raak meer desperaat. Hoe ver sal sy gaan?

Maandag, 5 Augustus

Gaan Mymoena die wet breek om haarself te red? Zoë voel onseker oor haarself ná ’n uitval met Gary. Aiden is gereed om vir Lisa die ja-woord te vra, maar is sy gereed om te antwoord?

Dinsdag, 6 Augustus

Aiden verkondig sy verlowing aan die wêreld, terwyl die kloue tussen Angie en Zoë uitkom. Mymoena stuur ’n skokkende plan van stapel om uit haar penarie te kom. 

Woensdag, 7 Augustus

Thys tree irrasioneel op, en dit kompliseer dinge tussen hom, Lisa en Aiden. ’n Wit leuentjie laat vir Wade in die kookwater beland, terwyl Mymoena die kans kry om die regte ding te doen. Maar sal sy?

Donderdag, 8 Augustus

Rhafiek is nie beïndruk met die kar wat sy ma gekoop het nie. Zoë vat ’n kans met Wade, en Mrs J is angstig oor Ronald se besoek.

Vrydag, 9 Augustus

Bridgette hou ’n braai vir Texas, terwyl Elana weer duiselig raak. Mrs J se vriende is bekommerd oor haar en Zoë bieg iets aan Wade … 

Maandag, 12 Augustus

Aiden is bekommerd wanneer hy hoor Justin het ook inmekaar gesak. Wade het sy keuse gemaak oor Zoë, terwyl Rhafiek iets oor sy broer uitvind.

Dinsdag, 13 Augustus            

Bridgette kom agter daar is ’n klein ongerymdheid in Texas se agtergrondstorie. Rhafiek besluit om Mymoena vir die dag te agtervolg, terwyl Aiden skokkende nuus kry. 

Woensdag, 14 Augustus

Mymoena het baie om te verduidelik, maar is dit te laat? Thys het ’n nuwe plan vir die bestanddeel waaroor Aiden twyfel, terwyl Angie vrede probeer maak met Wade ná hulle groot uitval.

Donderdag, 15 Augustus

Bridgette is vasbeslote om uit te vind wie die casino se grootbaas is. Aiden word agterdogtig wanneer nog mense siek raak en die Samsodiens sien lig aan die einde van die tonnel… Maar span hulle die wa voor die perde?

Vrydag, 16 Augustus

Aiden kry skokkende nuus, en Bridgette is op die oorlogspad. Mymoena beland in die kookwater, maar iemand kom onverwags tot haar redding…

Maandag, 19 Augustus

Lisa stel haar geheime plan in werking. Justin en Susan rig ’n ernstige pleidooi aan Bridgette, terwyl Nazeem beheer neem.

Dinsdag, 20 Augustus

Mymoena is desperaat, terwyl Aiden iets skokkend ontdek. Mrs J bereik ’n laagtepunt en Wade bieg iets aan Angie …

Woensdag, 21 Augustus

Rhafiek wil niks meer met Mymoena te doen hê nie en dit breek haar hart. Aiden moet vure doodslaan om sy apteek te red, terwyl Lisa se wêreld in duie stort. 

Donderdag, 22 Augustus

Bridgette en Lee-Ann besef daar is groot fout met Mrs J. Wade en Zoë is ongemaklik met mekaar en Mymoena bereik ’n absolute laagtepunt. 

Vrydag, 23 Augustus

Aiden en Kate kry slegte nuus oor die apteek en die CognoZee-drama. Mymoena probeer regmaak wat sy verbrou het, maar is dit makliker gesê as gedaan? Angie raak agterdogtig.

Maandag, 26 Augustus

Mrs J sien uit na haar volgende besoek aan Ronald, terwyl Angie uitvind wie vir Wade muffins gestuur het. Bianca en die Samsodiens is voor ’n vurk in die pad… 

Dinsdag, 27 Augustus

Zoë besluit om buite haar gemaksone te tree, terwyl Riaan probeer om Bianca tot nuwe insigte te bring. Mymoena veg om in beheer te bly van ’n plofbare situasie en Mrs J neem ’n groot besluit…

Woensdag, 28 Augustus

Angie is verbaas om te hoor dat Zoë en Gary vroeg weg is by Anker. Die Samsodiens slaak ’n sug van verligting, terwyl Mrs J se dogters ongelukkig is oor haar groot besluit. 

Donderdag, 29 Augustus

Bridgette betrap Gary in ’n ongemaklike posisie, terwyl Elana en Justin weer vassit. Mrs J het stof tot nadenke oor haar planne

Vrydag, 30 Augustus

Elana is reg om vir Justin te wys hoekom Dolly Parton beter as Elvis Presley is. Mrs J neem ’n groot besluit, terwyl Gary voor Zoë verneder word.

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies