Menu terloops
In Sepies [26 Jul 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Augustus 2024


Sanet het groot planne vir Anja, terwyl Gys en Zelda in lewensgevaar verkeer… Dít en nog meer is waarna ‘Diepe Waters’-kykers in Augustus kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Kyk 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Augustus 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Donderdag, 1 Augustus

Die hele gemeenskap wag in afwagting vir Tshepo se resies. Sanet en Ben oorkom ’n struikelblok in hul verhouding. Sal Karla haar gebroke hart kan genees?

Maandag, 5 Augustus

Ben probeer die Leticia-situasie hanteer, maar sukkel. Gys en Zelda beland onverwags in mekaar se nabye geselskap.

Dinsdag, 6 Augustus

Nelius waarsku Gys en Zelda oor die risiko’s as hulle nie saam werk nie. Sanet vind uit oor die romantiese ete.

Woensdag, 7 Augustus

Zelda en Gys sit vas oor hoe om die gebou op te knap. Leticia vertel Ben ’n treurige storie oor haar verlede.

Donderdag, 8 Augustus

Leticia probeer met Sanet en Ben regmaak. Gys en Zelda stamp opnuut koppe. Tshepo staan voor ’n moeilike kruispad.

Maandag, 12 Augustus

Gys rig ’n vreemde uitnodiging na Zelda. Henno is ontsteld oor Charity, en Henry is agterdogtig oor Lindsey se agenda.

Dinsdag, 13 Augustus            

Henry en Pam is bekommerd oor Tshepo se gedrag. Sanet deel ’n idee met Rossouw. Gys en Zelda se vennootskap versterk.

Woensdag, 14 Augustus

Sanet gaan oorboord met Anja se partytjie, ten spyte van Rossouw se waarskuwing. Henry en Lettie sukkel met Tshepo se houding.

Donderdag, 15 Augustus

Rossouw besef sy idee van ’n intieme partytjie verskil van Sanet s’n. Zelda voel sleg oor haar hand in Karla se pyn. Tshepo breek Nina se hart.

Maandag, 19 Augustus

Pam en Gys stamp koppe oor Zelda. Jacques het ’n voorstel wat Rossouw laat dink, en Cloete bring vir Zelda ontstellende nuus.

Dinsdag, 20 Augustus

Arno vind die moed om iemand te konfronteer. Rossouw voeg nog ’n verrassing by Anja se verjaarsdagviering.

Woensdag, 21 Augustus

Rossouw deel sy planne met Jacques. Zelda en Gys besoek hul geskiedenis. Rossouw, Pam, Arno en Jacques is bekommerd en soek na Gys en Zelda.

Donderdag, 22 Augustus

Gys en Zelda vind hulself in ’n lewensgevaarlike situasie. Charity word by probleme ingetrek. Tshepo se naastes wil hom weer nederig maak.

Maandag, 26 Augustus

Sanet en Ben reël ’n biduur vir Gys. Charity probeer geld bymekaar skraap om iemand te help.

Dinsdag, 27 Augustus

Charity is angstig om te hoor of sy die geld kan kry. Dis Anja se verjaarsdag – sal sy nog verras word?

Woensdag, 28 Augustus

Die Swarts-familie verwerk ’n groot aankondiging. Anja wonder hoekom Sanet nie haarself is nie. Tshepo word vir sy gedrag vasgevat.

Donderdag, 29 Augustus

Iemand probeer die waarheid vir Charity en Arno wegsteek. Cloete dreig Zelda met haar geheime. Tshepo staar die gevolge van sy dade in die gesig.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies